Al-Kaïda

al-Kaïda (القاعدة in Arabies, letterlik vertaal, die basis), is 'n Moslem fundamentalistiese paramilitêre beweging wat deur baie as 'n terroriste-organisasie gesien word.

Al-Kaïda is merendeels as 'n netwerk, of 'n staatlose weermag, eerder as 'n organisasie bedrywig. Hoewel hulle self ook terreuraanvalle loods, verleen hulle dienste (soos logistieke ondersteuning en opleiding) aan ander terreurorganisaties.

al-Kaïda
Vlag van Al-Kaïda
Vlag van Al-Kaïda
Vlag van Al-Kaïda
Gestig 1988
Land wêreldwyd, maar veral die lande van die Midde-Ooste
Aantal lede In Afghanistan: 40
In Maghreb: 300–800
In Indië: 300
In Somalië: 5 000–7 000
In Sirië: 5 000–6 000
In Jemen: 500–600
Veldslae Aanvalle op 11 September 2001
Irakse Oorlog
Al-Kaïda
Die vlag van Al-Kaïda in Irak
Al-Kaïda
Joernalis voer 'n onderhoud met Osama bin Laden
Al-Kaïda
Lande waar Al-Kaïda aktief is

al-Kaïda is tussen Augustus 1988 en laat 1989 deur Osama bin Laden in Pesjawar, Pakistan gestig. Die organisasie se oorsprong kan na die Sowjet-oorlog in Afganistan teruggespoor word. Nadat Rusland sy soldate uit Afganistan onttrek het, het Al Kaïda met terreuraanvalle op Westerse lande begin. As radikale Soenni-Moslem-beweging beywer hulle hulself vir 'n globale Djihad.

Van hulle doelwitte is om buitelandse inmenging in Moslem-lande te stop en om 'n nuwe Islamitiese kalifaat daar te stel. Volgens mediaberigte is Al-Kaïda van mening dat daar 'n Christen-Joodse-sameswering teen Islam is (grootliks gebaseer op die verhouding tussen Israel en die Verenigde State), en dat die dood van onskuldige bystanders en burgerlikes in 'n Djihad geregverdig is.

Lede van die organisasie het al verskeie terreurdade uitgevoer. Meeste hiervan was teen die Verenigde State en ander liberale lande gemik. Van die bekendste hiervan is die aanvalle op 11 September 2001 in onder andere New York, bomontploffings by VSA-ambassades in Kenia en Tanzanië in 1998, en die aanval op die Amerikaanse skip, die USS Cole in 2000.

Die Amerikaanse regering het 'n "oorlog teen terreur" verklaar en soldate na Afganistan gestuur om al-Kaïda se opleidingskampe te verwoes en hul leiers te vang of dood te maak. Bin Laden is op 2 Mei 2011 tydens 'n geheime operasie in Pakistan doodgeskiet.

Na raming het die organisasie 500-1000 agente in Afganistan en ongeveer 5000 wêreldwyd. Die getalle kan egter nie bevestig word nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArabiesMoslem

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AasblomOnderwys (geskiedenis)Tropiese huisgeitjieAkroniemDemi Lee MoorePenisverlengingGeorgiëByMenslike penisgrootteCyril RamaphosaKunsBynierJapanVergelykings (taalkunde)Dissipel vir wie Jesus baie lief wasSkaapGeelsugMaselsAsiëTrappe van vergelykingLiewe HeksieHartversakingAPuberteitWikiMarga van RooyKompasPsigopatieAnale kankerVoorhuidBosluisbytkoorsKonjunktivitisNederlandsVigsLys van woestyneKoningWiskundige terminologieChristo WieseTweede WêreldoorlogNic de JagerLily CarterSkaakDulcie van den BerghTropiese sikloonApostoliese GeloofsendingSuid-Afrikaanse PolisiediensTandbederfSuid-KoreaGianna MichaelsPaulus van TarsusWynand du ToitHottentot (vis)Staat PalestinaSolidariteitMakazole Mapimpi1991GeelslangWaarheid-en-versoeningskommissieVoornaamwoordJoodse kalenderFiksieDermpoliepOrganometaalchemieRugbywêreldbeker 1987EoraptorOnderwys in Suid-AfrikaKewerLibiëKwaZulu-NatalRooikatKlankverskynselsDemokrasie🡆 More