Akkedis

Akkedisse is reptiele (wat saam met die slange) aan die orde van skubreptiele (Squamata) behoort.

Daar is meer as vyfduisend soorte akkedisse, wat dit die grootste groep van alle moderne reptiele maak. Hulle ontstaan in die Trias-tydperk, maar al die goeie fossiele dateer uit die jonger Jura-tydperk. Slange het daarna in die Kryt-tydperk uit 'n groep akkedisse ontstaan. Hoewel slange dus evolusionêr gesproke tot die akkedisse behoort, word hulle vanweë hul afwykende fisiologie en lewenswyse nie as akkedisse beskou nie.

Akkedisse
Tydperk: 199–0 m. jaar gelede
Akkedis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Orde:
Suborde:
Lacertilia

Günter, 1867
Infra-ordes

Dibamidae
Iguania
Gekkonidae
Scincomorpha
Diploglossa
Platynota

Akkedisse is meestal kleinerig. Die meeste spesies word (met stert insluit) nie langer as 50 sentimeter nie. Baie min bereik 'n lengte van meer as een meter. Die meeste akkedisse is groen tot bruin van kleur en het 'n plat liggaam met 'n duidelik onderskeibare kop, stert en vier goed ontwikkelde pote. 'n Paar groepe het egter 'n silindriese liggaam met gedegenereerde pote (oorblyfsels van vroeëre pote). Enkele spesies het slegs voorpote, en 'n aantal groepe is totaal pootloos. Sulke akkedisse kan maklik met slange verwar word.

Die liggame van verskillende spesies kan drasties van kleur en aanpassings verskil. 'n Aantal akkedisse het uitsteeksels soos dorings, kamme, horinkies, krae of vleuels. Die verkleurmannetjies het, as voorbeeld, 'n sterk sywaarts afgeplatte liggaam met verskeie kenmerkende aanpassings.

Selfs die lewenswyse van akkedisse is hoogs gespesialiseerd. Geitjies, byvoorbeeld, is gewoonlik in die nag aktief en leef in bome, terwyl die egte akkedisse bedags aktief is en op die grond lewe. Daar is egter uitsonderings, soos daglewende geitjies en klimmende egte akkedisse.

Akkedisse is koudbloedig en lê graag in die son om warm te word. Hulle kan baie vinnig beweeg, wat hulle help om doeltreffend te jag en vir gevaar te vlug. Hulle vreet oorwegend insekte en ander geleedpotiges, groter spesies eet soms gewerweldes of selfs plante. Hulle is belangrik vir die mens omdat hulle plaagdiere, soos huiskrieke, sprinkane en kakkerlakke, vreet.

Van die meer bekende families akkedisse is: geitjies, verkleurmannetjies, koggelmanders, likkewane, pootlose akkedisse en iguana's.

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cleopatra VIIKleurArmoedeverligtingByvoeglike naamwoordOm-te-infinitiefkonstruksieBestuiwingWolfRenaissanceTydElandréLiefdeKatDeelwoordOlimpiese SpeleSikloonBlaarSeksposisieWiskundige terminologieLoftus MaraisCorioliskragGeografie van Suid-AfrikaChemiese elementLieweheersbesieSenuweestelselWerkersdagGianna MichaelsSimboolDieregeluideStudievaardighedeAngina pectorisHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalNoord-KaapJacques LootsKoolstofdioksiedBlourokkeAfvalbestuurMorfologie (taalkunde)BevolkingParasitiese siektesGeweldDierKankerDemografie van Suid-AfrikaFiela se kind (rolprent)Letterlike en figuurlike taalgebruikSonnestelselVlekvrye staalWet op BevolkingsregistrasieJeuksiekteRina HugoLiewe HeksieLys van Afrikaanse skrywersCalviniaLys van visseVervoerUnie van Suid-AfrikaRasionale getalMarie AntoinetteEskomStadKarooSoutsuurBank (finansiële instelling)SmaakDubbelpuntSelFotosinteseFinale OplossingMediese diagnoseAkroniemSaartjie BaartmanHulpwerkwoordSkaakRuslandKunselementeBiodiversiteit🡆 More