Chroniese hipertensie (hoë bloeddruk) is 'n siekte as gevolg van 'n Westerse leefstyl, en kan lei tot verskeie verdere kwale of siektes.
Een van hierdie siektes is aterosklerose, wat weer die begin is van aarverkalking, ook bekend as arteriosklerose.
Aarverkalking | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Gesonde are (bo) en verkalkte are | ||
ICD-10 | I70 | |
DiseasesDB | 1039 | |
MeSH | D001161 | |
Mediese waarskuwing |
Aterosklerose is 'n degeneratiewe siekte van arteriële wande waarin die normaalweg gladde intima (binnewand) deur aanpaksels van vetterige weefsel vanuit die bloedstroom verdik word. Die growwe, geel, vettige plake word aterome genoem. Dit veroorsaak 'n vernouing van die arterieë, wat normale bloedvloei daardeur vesteur. Dit dien ook as vashouplek vir trombose (bloedklonte) en kan 'n arterie heeltemal blokkeer.
Arteriosklerose (“verkalkte are”) is 'n chroniese toestand van die groter en middelslagarterieë. Dit word gekenmerk deur verdikking en verlies aan elastisiteit van die wand en vernouing van die lumen (kanaal) van die arteries.
Arteriosklerose (en aterosklerose) is 'n chroniese siekte wat veroorsaak word deur 'n Westerse leefstyl en kan daarom geklassifiseer word as 'n Westerse siekte.
Ongelukkig verskyn die simptome van arteriosklerose/aterosklerose nie totdat die skade aan die arterieë reeds ernstig genoeg is om bloedvloei te verhoed nie. Die volgende kan egter wel as waarskuwingstekens en/of simptome geklassifiseer word: Die simptome word bepaal deur die ligging van die arteriosklerose, m.a.w. die liggaamdeel wat verminderde bloedvloei ontvang:
Arteriosklerose word as Westers beskou na aanleiding van die oorsake van hierdie toestand. Van hierdie aanleidende oorsake:
Verdere oorsake en Westerse lewenstylgewoontes word onder “predisposisie” bespreek.
Risikofaktore om arteriosklerose (of aterosklerose) op te doen:
Ander risikofaktore word onder die afdeling “Hoekom word arteriosklerose as Westers beskou” genoem.
In die geval van arteriosklerose, waar die arterieë verhard en verkalk, kan die are nie weer herstel nie. Gevolge van arteriosklerose, soos bv. seniele demensie en 'n beroerte, kan ook nie genees word nie. Indien 'n beroerte oorleef word, kan dit steeds ernstige gevolge oorhou bv. lamheid en sintuiglike belemmering. Hipertensie, 'n oorsaak van aterosklerose/arteriosklerose, wat klein skeurtjies in die endoteel van die bloedvate veroorsaak, verminder die bloedvloei na die brein en niere. Dit veroorsaak ook permanente skade aan die brein en niere. Volgens De Milto, (2006; [1] Geargiveer 15 November 2008 op Wayback Machine), kan aterosklerose/arteriosklerose, alhoewel dit nie genees kan word nie, wel vertraag, gestop of selfs omgekeer word. Dokters kan ook nou arteriosklerose/aterosklerose teen 'n vroeë stadium bespeur, wat vroeëre behandeling moontlik maak om die ernstigste komplikasies en gevolge te verhoed. Nuwe tegnologie en chirurgiese prosedures het al menige mense, wat normaalweg sou sterf, se lewens verleng. Vandag duur die navorsing voort.
Antihipertensiewe (bloeddrukverlagende) en cholesterolverlagende middels kan wel geneem word om die bloedvate te verwyd en beroertes en hartaanvalle te voorkom. Siektes wat arteriële abnormaliteite vererger, soos bv. diabetes, word meestal ook behandel, asook beroertes en hartaanvalle. Chirurgie, soos byvoorbeeld 'n hartomleiding, word ook uitgevoer; asook 'n angioplastiek, wat die nou en geblokkeerde arterieë verwyd. Hierdie behandeling is egter meestal nie permanent nie, aangesien die plake weer terugkeer. (SCOGNA: 2008; [2])
Deur 'n korrekte lewenstyl te handhaaf kan verdere skade aan die arterieë en die res van die liggaam egter voorkom word (sien “voorkoming”).
Arteriosklerose kan vermy word deur die volgende te doen: (DE MILTO: 2006; [3] Geargiveer 15 November 2008 op Wayback Machine)
'n Verbeterde leefstyl bly dus die antwoord. Dit is goedkoop en daar is boonop ’n toename in die algemene lewensgehalte.
Arteriosklerose is 'n chroniese toestand wat in 'n hoë mate oorerflik is, maar nietemin merendeels veroorsaak word deur 'n Westerse leefstyl. Daarom kan arteriosklerose geklassifiseer word as 'n Westerse siekte.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Aarverkalking, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.