Zola Budd

Zola Pieterse, beter bekend onder haar nooiensvan as Zola Budd (gebore 26 Mei 1966 in Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika), is 'n Olimpiese naelloper wat aan pad-, veld- en baanwedlope deelgeneem het.

Budd se loopbaan was ongewoon omdat sy hoofsaaklik kaalvoet geoefen en gehardloop het. Gedurende die 1980’s stel sy verskeie nieamptelike langafstandwêreldrekords op. Sy het in minder as twee jaar twee keer die wêreldrekord in die 5 000 m vir vroue verbeter, en twee keer die Wêreldveldloopkampioenskap gewen. Haar prestasies op die baan is dikwels deur politieke omstredenheid tydens haar kort verblyf in die Verenigde Koninkryk oorskadu.

Zola Pieterse
Zola Pieterse tydens die Comrades-maraton van 2012. In die 2014-wedloop was sy 7de en die eerste vroulike veteraan om die eindstreep oor te steek.
Zola Pieterse tydens die Comrades-maraton van 2012. In die 2014-wedloop was sy 7de en die eerste vroulike veteraan om die eindstreep oor te steek.
Volle naam Zola Pieterse née Budd
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Geboortedatum 26 Mei 1966 (1966-05-26) (57 jaar oud)
Geboorteplek Bloemfontein, Vrystaat
Sport Middelafstandatleet

5 000 m-wêreldrekord

Zola Budd 
Budd, Decker en Puică neem die voortou in die 3 000 m-wedloop tydens die Olimpiese Spele van 1984.

In 1984, op die ouderdom van 17, verwerf Budd roem toe sy die 5 000 m-wêreldrekord vir vroue met 'n tyd van 15:01.83 verbeter. Aangesien sy die prestasie in Suid-Afrika behaal het, wat in daardie stadium weens die apartheidsbeleid van internasionale deelname uitgesluit was, het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies geweier om haar tyd as 'n amptelike wêreldrekord te erken.

In 1985 verbeter sy die rekord amptelik terwyl sy Brittanje in 'n wedloop verteenwoordig, met 'n tyd van 14:48.07.

Olimpiese Spele

Budd veroorsaak groot omstredenheid as Britse atleet in 1984 by die Olimpiese Spele in Los Angeles, waar sy aan die 3 000 m-wedloop deelgeneem het. Aan die voorpunt kom sy en Mary Decker, die Amerikaanse gunsteling vir die goue medalje, te na aan mekaar. Decker struikel, val en kon nie die wedren voltooi nie, en Budd sak ook uit.

Tydens die Olimpiese Spele van 1992 in Barcelona het sy vir Suid-Afrika gehardloop (ook die 3 000 m-wedloop).

Kulturele impak

Sy het groot ondersteuning en bewondering, ook van swart Suid-Afrikaners, geniet. In die 1980's het baie taxi-eienaars ’n tekkieplakker op hul agterruit geplak en hulle minibusse "Zola Budds" gedoop. Die naam sinspeel op die spoed waarmee hulle tussen aflaaipunte beweeg.

Die ontslape sanger Brenda Fassie (waarna Time in 2001 as die "die Madonna van die townships" verwys het) het in die 1980's 'n trefferenkelspeler gehad met haar liedjie Zola Budd.

Verwysings

Tags:

Zola Budd 5 000 m-wêreldrekordZola Budd Olimpiese SpeleZola Budd Kulturele impakZola Budd VerwysingsZola Budd196626 MeiBloemfonteinSuid-AfrikaVerenigde KoninkrykVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BreinCarike KeuzenkampRieldansRoossenekalInfeksieErfenisKuberkrakerDieretuinMaagsweerBobby AngelRonelda KamferSpringbokkeAtlantiese OseaanKaliforniese KanaaleilandeSwartwitpensNetbalVoëlgriepBestaansboerderyMantisBalletGenadedoodAlliterasieTrappe van vergelykingMenstruasieFosforHoenderInternetCounter-Strike (videospeletjie)Groot DepressieSokkerZack du PlessisKolorektale kankerBosvarkLiefdeArmoedeEl (lengtemaat)AntisemitismeSuiwelprodukVergelykings (taalkunde)OutismeBlourokkeKoos KombuisHarry KerrAuschwitz-konsentrasiekampMauritiusBysteekOos-KaapVaste stofKletsrymTuisbladAnette EngelbrechtApostelDoelwitLeah van NiekerkDie GelofteKankerFiksieYstertydperkTasché BurgerBeenbreuke en ontwrigtingsOrgasmeGetalAkademiaDierVerfArabiesXenofobieVigsGewone luislangHennie MaasSelfstandige naamwoordFranklin D. RooseveltMasels🡆 More