Zimbabwe-Rhodesië

Zimbabwe-Rhodesië (Engels: Zimbabwe Rhodesia), was 'n nie-erkende staat in die suidelike Afrika op die gebied van die huidige Zimbabwe, wat van 1 Junie tot 12 Desember 1979 bestaan het.

Zimbabwe-Rhodesië is uit die nie-erkende Republiek van Rhodesië (vernoem na Cecil Rhodes) gestig en is opgevolg van die Britse kolonie van Suid-Rhodesië. Op 18 April 1980 het die gebied as Republiek van Zimbabwe onafhanklik geword.

Zimbabwe Rhodesia
Zimbabwe-Rhodesië
Zimbabwe-Rhodesië
1979 Zimbabwe-Rhodesië
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Zimbabwe-Rhodesië
Ligging of Zimbabwe-Rhodesië
Zimbabwe-Rhodesië op die gebied van die huidige Zimbabwe
Hoofstad Salisbury
Taal/Tale Engels (amptelik), Shona, Noord-Ndebele
Regering Republiek
President Josiah Gumede
Eerste Minister Abel Muzorewa
Historiese tydperk Koue Oorlog
 - Stigting 1 Junie 1979
 - Ontbinding 12 Desember 1979
Oppervlakte
 - 1979 390 580 km2
150 804 sq mi
Bevolking
 - 1979 skatting 6 930 000 
     Digtheid 17,7 /km² 
46 /sq mi
Geldeenheid Rhodesiese dollar

Onder druk van die internasionale gemeenskap om die aansprake op burgerregte deur die Swartbevolking in Rhodesië te bevredig, is 'n "Interne Skikking" opgestel tussen die Smith-administrasie van Rhodesië en gematigde Afrika-nasionalistiese partye wat nie by gewapende weerstand betrokke was nie. Intussen het die regering voortgegaan om die gewapende weerstand van beide die Sowjet- en Chinees-ondersteunde Marxistiese bevrydingsbewegings te beveg, na wie steeds as "terroriste" verwys is. Die Rhodesiese Bosoorlog was ook 'n verlenging van die Koue Oorlog, wat 'n gelastigde-konflik (proxy conflict) tussen die Weste en Ooste was, soortgelyk soos dié in Vietnam en Korea.

Die "Intere Skikking"-ooreenkoms het gelei tot die verslapping van onderwys-, eiendoms- en inkomstekwalifikasies vir kiesersrolle, wat die eerste ooit swart meerderheidskiesers tot gevolg gehad het. Die land se staatsdiens, regbank, polisie en gewapende magte word steeds deur dieselfde amptenare geadministreer, van wie die meeste blankes was, weens die samestelling van die hoër-middelklas van die tydperk.

Ten spyte van hierdie veranderinge het die nuwe staat nie internasionale erkenning gekry nie, met die Statebond wat beweer dat die "sogenaamde Grondwet van Zimbabwe-Rhodesië" "nie meer wettig en geldig" sou wees nie as die UDI-grondwet wat dit vervang het nie.

Benaming

Reeds in 1960 het Afrika-nasionalistiese politieke organisasies in Rhodesië ingestem dat die land die naam "Zimbabwe" moet gebruik en hulle het daardie naam as deel van die titels van hul organisasies gebruik. Die naam "Zimbabwe", word toegeskryf aan Dzimba dzamabwe in Shona (een van die twee hoof tale in die land), en beteken "huise van klip". Intussen was die wit Rhodesië-gemeenskap huiwerig om die naam "Rhodesië" weg te laat, dus is daar 'n kompromie bereik.

Die Grondwet het die nuwe staat net as "Zimbabwe Rhodesië" genoem, met geen verwysing na sy status as 'n republiek in sy naam nie. As sodanig was dit soortgelyk in styl na 1994 na Suid-Afrika wat die Natalse provinsie as KwaZulu-Natal hernoem. Hoewel die amptelike naam geen koppelteken bevat nie, is die naam van die land in sommige buitelandse publikasies as "Zimbabwe-Rhodesië" gestel. Die land het ook die naam "Rhobabwe", 'n portmanteau van "Rhodesië" en "Zimbabwe" genoem.

Abel Muzorewa, nadat hy as eerste minister aangestel is, het probeer om "Rhodesië" uit die land se naam te laat. Die naam "Zimbabwe Rhodesia" is gekritiseer deur sommige swart politici soos Senator Hoofman Zephaniah Charumbira, wat gesê het dit beteken dat Zimbabwe die "seun van Rhodesië" was. ZANU–PF, onder leiding van Robert Mugabe in ballingskap, het dit veroordeel wat hy beskryf het as 'n "afwykende naam".

Die regering het ook op 4 September 1979 'n nuwe nasionale vlag met die Zimbabwiese seepsteenvoël aangeneem. Daarbenewens het dit veranderings aan openbare vakansiedae aangekondig, met Rhodesdag en Stigtersdag vervang deur twee nuwe vakansiedae, wat albei bekend staan as Ancestors Day, terwyl die Republiekdag en die Onafhanklikheidsdag vervang word deur die Presidentdag en Eenheidsdag 25 en 26 Oktober van daardie jaar.

In reaksie hierop het die Voice of Zimbabwe-radiodiens wat deur Robert Mugabe se ZANU-PF van Maputo in Mosambiek bedryf is, 'n kommentaar getiteld "Die bewys van onafhanklikheid is nie vlae of name nie". Die veranderinge word afgewys met "... die doel om die posisie van die rassistiese marionetalliansie te versterk, by die Zimbabwiese konferensie in Londen".

Die nasionale lugdiens, Air Rhodesia, se naam is ook verander na Air Zimbabwe. Geen posseëls is egter uitgereik nie; die uitgawe van 1978 het nog steeds "Rhodesië" gebruik, en die volgende seëls was in 1980, na die verandering na het net na "Zimbabwe" verwys.

Regering van Zimbabwe - Rhodesië

Tydens sy kort bestaan het Zimbabwe - Rhodesië was daar een verkiesing wat tot 'n korttermyn bi-rassige regering gelei het.

Grondwet

Aanpassing is gemaak aan die Rhodesiëse die Unilateral Declaration of Independence (UDI)-grondwet. Zimbabwe-Rhodesië se hoof van regering was 'n eerste minister en kabinet wat gekies is uit die meerderheidsparty in 'n hondersetel Huis van Verteenwoordigers. 'n Senaat van veertig lede het as die hoërhuis opgetree, en albei het 'n seremonieele-president verkies, wie as staatshoof gedien het.

Wetgewende Gesag

Huis van Verteenwoordigers

Van die een honderd lede van die Huis van Verteenwoordigers was twee-en-sewentig gekies "van die algemene kieserslys" vir wie die kiesers elke volwasse burger was. Al hierdie lede was swart landsburgers. Diegene wat op die vorige Rhodesiëse verkiesingslys (as gevolg van onderwys, eiendoms- en inkomstekwalifikasies vir kieserslyste, meestal maar nie net blanke-kiesafdelings) was kon twintig lede verkies. Alhoewel dit nie eintlik ander rasse uitgesluit het nie, het baie min swartmense aan die kwalifikasievereistes voldoen. 'n Afbakeningskommissie het in 1978 vergader om te bepaal hoe om die vorige vyftig kiesafdelings tot twintig te verminder. Die oorblywende agt setels vir ou-kieserslys-nie-kiesdistriklede is gevul deur lede wat deur die ander 92 lede van die Volksraad verkies is sodra hul verkiesing voltooi was. In die enigste verkiesing wat in Zimbabwe-Rhodesië gehou is, het Biskop Abel Muzorewa se United African National Council (UANC) 'n meerderheid in die algemene kieserslys setels gewen, terwyl Ian Smith se Rhodesian Front (RF) al die ou kieserslys setels gewen het. Ndabaningi Sithole se Zimbabwe African National Union (ZANU) het twaalf setels gewen.

Senaat

Die Senaat van Zimbabwe-Rhodesië, het 40 lede gehad. Tien lede is elk verkies deur die ou kieserslyste van die Huis van Verteenwoordigers en die algemene kieseslys, en vyf lede elk deur die raad van Stamhoofde van Mashonaland en Matabeleland. Die oorblywende lede is direk deur die president aangestel soos geadviseer deur die eerste minister. Terwyl die Huis van Verteenwoordigers grootliks verander het om amper in ooreenstemming te wees met die moderne idees van algemene verkiesings, was die Senaat oorheers deur die vorige bedeling politieke figure, wat effektief beheer oor die nuwe Huis van Verteenwoordigers moontlik gemaak het.

Uitvoerende mag

President

Die president van Zimbabwe - Rhodesië, is verkies deur die lede van parlement,(beide huise). By die verkiesing op 28 Mei 1979 is Josiah Zion Gumede van die United African National Council (UANC) en Timoth Ndhlovu van die the United National Federal Party (UNFP) (UNFP) genomineer. Gumede het met 80 stemme teenoor Ndhlovu se 33 gewen.

Eerste Minister

Met 51 setels uit 100, is Abel Muzorewa van die UANC aangestel as eerste minister, en ook aangestel as minister vir gekombineerde bedrywighede en verdediging. Hy het 'n gesamentlike regering gevorm met Ian Smith, die voormalige eerste minister van Rhodesië, wat 'n minister sonder portefeulje was. Muzorewa het ook probeer om die ander Swart-partye in te sluit wat die verkiesing verloor het. Rhodesian Front-lede het gedien as Muzorewa se ministers van justisie, landbou en finansies. David Smith het voortgegaan in die rol van minister van finansies, terwyl PK van der Byl, die voormalige minister van verdediging, wat as minister van vervoer en minister van krag en posdienste.

Einde van Zimbabwe-Rhodesië

Die Lancasterhuis-ooreenkoms het bepaal dat die beheer oor die land na die Verenigde Koninkryk teruggee word ter voorbereiding van verkiesings wat in die lente van 1980 gehou sou word. Op 11 Desember 1979 is die wysiging van die Grondwet van Zimbabwe-Rhodesië (Wysiging) (No. 4) Wet , wat verklaar dat "Zimbabwe Rhodesië sal ophou om 'n onafhanklike staat te wees en deel te word van Haar Majesteit se heerskappy," aanvaar.

In reaksie hierop het die Parlement van die Verenigde Koninkryk die Suid-Rhodesiese Grondwet (Tussentydse Bepalings), 1979, goedgekeur, waardeur die kantore van goewerneur en adjunk-goewerneur van Suid-Rhodesië, onderskeidelik deur Lord Soames en Sir Antony Duff, ingestel is.

Alhoewel die naam van die land op hierdie tydstip formeel na Suid-Rhodesië teruggekeer het, het die naam "Zimbabwe-Rhodesië" in baie van die land se instellings, soos die Zimbabwe Rhodesia Broadcasting Corporation, gebly. Op 18 April 1980 het Suid-Rhodesië die onafhanklike Republiek van Zimbabwe geword.

Bron

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.

Verwysings

Tags:

Zimbabwe-Rhodesië BenamingZimbabwe-Rhodesië Regering van Zimbabwe - RhodesiëZimbabwe-Rhodesië Einde van Zimbabwe-Rhodesië BronZimbabwe-Rhodesië VerwysingsZimbabwe-RhodesiëCecil RhodesEngelsRhodesiëSuid-RhodesiëVerenigde KoninkrykZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NedersettingWillie JoubertRugbyLongontstekingJohannes MeintjesArmoedeverligtingKunsmatige algemene intelligensieMonoloogTuisbladBlomDramaDansVratLiefdePenisOogproblemeWolfJodeLionel MessiLodewyk XVI van FrankrykFacebookAkademiaOnderwerp (taalkunde)Lys van kinderspeletjiesMonumentSteenkool in Suid-AfrikaBevolkingKatoenNicole StraussOranjerivierDeelwoordLeah van NiekerkRamsar-vleilande in Suid-AfrikaBeleggingSebraTweede Nuwe JaarWinnie Madikizela-MandelaOligopolieByWolkGrondbesoedelingStikstofVolhoubare ontwikkelingEk is 'n Afrikaan (toespraak)Peach van PletzenLangste woordMark (ekonomie)Lys van visseMassaMaatskaplike verantwoordelikheidEmosieWisselkoersVoegwoordVrystaatDwelmmiddelGeelhoutFilistyneGroepsdrukNierPseudowetenskapDriedimensioneelWêreld- Ekonomiese ForumAngssteuringPerdebyeBank (finansiële instelling)SpeelkaartReënVerkleurmannetjieOntbossingMalariaWaarheid-en-versoeningskommissieSeptimius AwardsGoogleSoutsuur🡆 More