Zanzibar

Zanzibar (Arabies: زنجبار, Zanjibār) is 'n semi-outonome deel van Tanzanië in Oos-Afrika.

Dit bestaan uit talle eilandjies in die Indiese Oseaan, 25 tot 50 kilometers vanaf die kus. Die twee grootste eilande is Oengoeja en Pemba. Die hoofstad van Zanzibar, Zanzibarstad, is op die Oengoeja-eiland gesetel. Die ou deel van die stad staan as Steenstad bekend en is 'n wêrelderfenisgebied. Al geniet Zanzibar 'n hoë graad van selfstandigheid, bly dit steeds deel van Tanzanië. In 1964 het dit met Tanganjika saamgesmelt om die Verenigde Republiek van Tanzanië te vorm.

Zanzibar
Vlag van Zanzibar Wapen van Zanzibar
Vlag Wapen
Volkslied: Mungu ametubarikia
(Swahili vir: "God het ons geseën")
Ligging van Zanzibar
Hoofstad Zanzibarstad

6°10′S 39°12′O / 6.167°S 39.200°O / -6.167; 39.200

Grootste stad Zanzibarstad
Amptelike tale Arabies, Engels en Swahili
Regering

President
• Eerste adjunk
• Tweede adjunk
Semi-outonome streek
van Tanzanië
Hussein Ali Mwinyi
Seif Sharif Hamad
Seif Ali Iddi
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Grondwetlike monargie
• Rewolusie
• Unifikasie

van die Verenigde Koninkryk
10 Desember 1963
12 Januarie 1964
26 April 1964
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 461 km2  ()
950 myl2
Bevolking
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
1 303 569
529,7 / km2
1 371,9 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$860 miljoen
$656

Geldeenheid Sjieling (TZS)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .tz
Skakelkode +255
Zanzibar
Die eilande Oengoeja (links) en Pemba (regs), wat saam Zanzibar uitmaak

Zanzibar se hoofindustrieë is speserye (waaronder naeltjies, neutmuskaat, kaneel en peper), raffia en toerisme. Zanzibar is ook die tuiste van die endemiese Zanzibar-rooikolobusaap en die moontlik uitgestorwe Zanzibar-luiperd.

Die woord "Zanzibar" is moontlik afkomstig van die Persiese زنگبار, Zangi-bar ("kus van die swartes") en staan bekend as Zanji-bar in Arabies. "Zanzibar" kan ook 'n verwysing na die Zingiber-genus van gemmer wees. Die term "Zanzibar" word ook gereeld gebruik om na Oenjoega-eiland te verwys en daar word soms na Zanzibar in sy geheel verwys as die "Spesery-eilande", alhoewel hierdie term meer algemeen met die Molukke-eilande in Indonesië verbind word.

Geskiedenis

Voor 1498

Zanzibar 
Die ou kasteel in Zanzibar
Zanzibar 
'n Zanj-slawe in Zanzibar (1899)

Die teenwoordigheid van mikrolitiese gereedskap dui aan dat dit vir minstens 20 000 jaar die tuiste van mense was, wat die begin van die Later Steentydperk se mense geword het.

'n Grieks-Romeinse teks, wat dateer uit die 1ste tot die 3de eeu n.C. – die Periplus van die Eritrese See – verwys na die eiland van Menuthias (Antieke Grieks: Μενουθιάς), wat moontlik Oengoeja is.:bladsye: 26–7 Daar is min bekend oor die geskiedenis van Zanzibar in die tydperk tussen die tydvak van die Periplus en die dood van Mohammed in 632 n.C.:bladsy: 36 Van daardie tyd af verder, het die oorloë in Asië en die toenemende handel die Perse, Arabiere en Indiërs gemotiveer om Zanzibar te besoek of daarheen te migreer.:bladsy: 40

Zanzibar 
Die nou gangetjie in die steenstad van Zanzibar.

Persiese handelaars het Zanzibar gebruik as 'n basis vir hul reise tussen die Midde-Ooste, Indië en Afrika. Oengoeja, die groter eiland, het 'n beskermende en verdedigbare hawe gebied. So, hoewel die skiereiland min produkte van waarde gebied het, het die Perse hulle gevestig by wat bekend geword het as Zanzibarstad ("Steenstad"- Stone Town). Dit was gerieflik om daarvandaan handel te dryf met die Swahilikusgebiede. Hulle het wagposte op die eilande gevestig en die eerste Zoroastriese vuurtempels en moskees in die Suidelike Halfrond gebou.

Die impak van hierdie handelaars en immigrante op die Swahili-kultuur is nie bekend nie. In die Middeleeue was Zanzibar en ander nedersettings op die Swahili-kus reeds ontwikkel. Die kusgebied het 'n aantal onafhanklike handels-stede gehad. Hierdie stede het ryk geword namate die Bantoevolke (Swahili-volke) as tussenganger en fasiliteerder gedien het vir die plaaslike mense, die Arabiere, Perse, Indonesiërs, Maleisiërs, Indiërs en Sjinese handelaars. Dié interaksie het in 'n mate bygedra tot die evolusie van die Swahili-kultuur, wat sy geskrewe taal ontwikkel het. Hoewel dit 'n Bantoetaal is, bevat Swahili sekere elemente wat geleen is van ander beskawings, in besonder Arabiese leenwoorde. Met die weelde wat hulle deur hul handel opgebou het, het sommige Arabiese handelaars ook heersers van die kusstede geword.

Vasco da Gama se besoek in 1498 was die begin van die Europese invloed. Zanzibar het in 1503 of 1504 deel van die Portugese Ryk geword toe Kaptein Ruy Lourenço Ravasco Marques daar aan wal gestap en respek en onderdanigheid van die sultan geëis het, in ruil vir vrede.:bladsy: 99 Zanzibar was vir byna twee eeue die eiendom van Portugal. Die eerste Engelse skip wat Oengoeja besoek het, die Edward Bonaventure in 1591, het ontdek dat daar geen Portugese wagposte of forte was nie. Die omvang van hul okkupasie was 'n handelsdepot waar produkte aangekoop en versamel was vir die verskeping na Mosambiek. Die omvang van hul besetting was beperk tot 'n handelspos om produkte aan te koop en te versamel vir die verskeping na Mosambiek.:bladsy: 81 Hierdie onbetrokke benadering het in 1635 verander toe die Portugese 'n fort by Pemba gebou het nadat die Sultan van Mombasa 'n paar jaar vantevore Portugese burgers uitgemoor het.:bladsy: 85

Sultanaat Zanzibar

Zanzibar 
Vlag van die Sultanaat Zanzibar
Zanzibar 
'n Monument ter herinnering aan die slawe van Zanzibar

Die ouer nedersettings is baie opmerklik verskillend van die heerskappy van Oman en Maskat. Toe die Portugese in 1498 aangekom het was daar aan die kus 'n aantal onafhanklike dorpe waar Arabiere gebly het wat geen bande met Arabië gehandhaaf het nie. Die verhoudinge met die Arabiere was oor die algemeen vyandelik, maar gedurende die 16de eeu het die Portugese hul mag behoorlik gevestig en met die hulp van die Arabiese sultans geheers. Die stelsels het tot 1631 gehou toe die Sultan van Mombasa die Europeërs uitgemoor het. In die laaste tydperk van die Portugese oorheersing is Europese goewerneurs aangestel wat die plaaslike bevolking swak behandel het. Die Arabiere van Oman se hulp is deur die boorlinge ingeroep om die buitelanders uit hul land te verdryf.:bladsy: 9

In 1698 val Zanzibar en word deur Oman oorgeneem.

Die sultans van Zanzibar het omstreeks 1890 'n aansienlike deel van die Swahilikus, wat bekend gestaan het as die Zanj, wat Mombasa en Dar-es-Salaam, ingesluit het, beheer. Aan die begin van 1886, span die Verenigde Koninkryk en die Duitse Keiserryk saam om dele van die Zanzibar-sultanaat vir hul eie ryke in te palm.:bladsy: 188

Britse protektoraat

Zanzibar 
Vlag van die Britse protektoraat Zanzibar
Zanzibar 
'n Straattoneel in Zanzibar gedurende die 20ste eeu

Zanzibar het uiteindelik onder die beheer van die Britse Ryk geval; gedeeltelik vir die politieke inisiatief van die 19de eeu om die Britse slawehandel afgeskaf te kry. Zanzibar was die die sentrale punt van die Arabiese slawehandel en in 1822 plaas die Britse raad in Maskat druk op Sultan Said om die slawehandel te staak. Die eerste van 'n reeks van anti-slawerny ooreenkomste is deur Said onderteken om die vervoer van slawe suid en oos van die Moresby-lyn, vanaf Kaap Delgado in Afrika tot by die Diu-gebied aan die kus van Indië stop te sit. Said het onder toenemende druk van die Britte gekom en in 1842 lig die Britse regering die Zanzibar-heerser in dat hulle slawehandel na Arabië, Oman, Persië en die Rooisee wil afskaf.

In 1890 word Zanzibar 'n Britse protektoraat (nie 'n kolonie) van Brittanje. Dit het beteken dat die land nog 'n soewereine staat van die Sultan van Zanzibar gebly het.

Van 1890 tot 1920 was tradisionele visierskappe in beheer. Hulle het onder die wakende oog van raadgewers van die koloniale kantoor regeer. In 1913 het daar egter 'n verandering gekom na 'n stelsel van regstreekse heerskappy waar die inwoners seggenskappy gekry het in die aanstel van goewerneurs. Die dood van die pro-Britse Sultan Hamad bin Thuwaini op 25 Augustus 1896 en met sy opvolger, Sultan Khalid bin Barghash, wat nie die Britte aangestaan het nie, het dit uiteindelik gelei tot die Anglo-Zanzibar-oorlog. Die oggend van 27 Augustus 1896 verwoes die Britse Vloot die Beit al Hukum-paleis. 'n Skietstilstand is 38 minute later gesluit, en tot vandag toe staan die bombardering bekend as die kortste oorlog in die geskiedenis.

Einde van die Britse Protektoraat, selfregering, en uiteindelike samesmelting met Tanganjika

Zanzibar 
President Abeid Karume

Op 10 Desember 1963 word die protektoraat, wat sedert 1890 in Zanzibar regeer het, deur Brittanje afgeskaf. Die Verenigde Koninkryk het nie as sulks onafhanklikheid aan Zanzibar toegestaan nie, aangesien die Britse regering nooit soewereine beheer oor die gebied gehad het nie. Met die afskaffing van die protektoraat het Zanzibar 'n grondwetlike monargie onder beheer van die sultan geword. 'n Maand later, op 12 Januarie 1964, is Sultan Jamshid bin Abdullah egter met die Zanzibar-rewolusie omver gewerp. Die sultan vlug in ballingskap en die sultanaat word vervang met die Volksrepubliek Zanzibar en Pemba. In April 1964 smelt die republiek saam met die vasteland van Tanganjika. Hierdie Verenigde Republiek Tanganjika word herdoop na 'n vermenging van die twee lande se name om die Verenigde Republiek Tanzanië, 'n semi-onafhanklike land te word.

Demografie

Zanzibar 
Die moskee en kerk is bymekaar in die steenstad van Zanzibarstad

Die 2002-sensus is die jongste syfers wat aandui dat Zanzibar se totale bevolking toe 984 625 mense was – met 'n jaarlikse groeikoers van 3,1%. Die bevolking van die stad Zanzibar, die grootste stad, was 205 870.

Etniese oorsprong en tale

Die mense van Zanzibar is van 'n diverse etniese oorsprong. Dit blyk of die eerste permanente inwoners van Zanzibar die voorvaders was van die Bantoe Hadimoe en Tumbatoe mense wat omstreeks 1000 n.C uit die Groot Mere-gebied daar begin aankom het.

Zanzibar bestaan deesdae merendeels uit etniese Swahilis, wat een van die Bantoevolke is. Daar is ook Arabiere en Indiërs wat ook deel uitmaak van die bevolking.

Die mense van Zanzibar praat Swahili (Kiswahili), 'n Bantoetaal wat wyd gepraat word in die Groot Mere-streek. Saam met Engels is Swahili die twee amptelike tale in Tazanië. Baie van die plaaslike bevolking praat ook Frans en/of Italiaans.

Regering

As 'n semi-onafhanklike deel van Tanzanië, beskik Zanzibar oor sy eie regering.

Politiek

Zanzibar het 'n regering van nasionale eenheid, met die huidige president, Ali Mohamed Shein, wat op 1 November 2010 verkies is.

Geografie

Zanzibar is een van die Indiese Oseaan-eilande. Dit lê aan die Swahili-kus, langs Tanganjika (die vasteland van Tanzanië).

Ekonomie

Antieke pottebakkery dui aan dat die handelsroetes na Zanzibar terugdateer na die antieke Assirië. Handelaars uit die Arabiese Skiereiland, die Persiese Golf-streek van die hedendaagse Iran (in besonder Sjiraz) en Wes-Indië het Zanzibar so ver terug as in die eerste eeu besoek. Hulle het die moesonwinde gebruik om oor die Indiese Oseaan te vaar om in die beskermende hawe van die hedendaagse Zanzibarstad te land.

Kultuur

Zanzibar se bekendste gebeurtenis is die Zanzibar Internasionale Filmfees. Elke jaar in Julie word die beste van die Swahili-kusgebied se kunste ten toon gestel. Dit sluit in Zanzibar se gewilde musiek, Taarab.

Opvoeding

In 2000 was daar 207 regeringskole en 118 privaatskole in Zanzibar. Daar was toe ook al twee universiteite en een kollege.

In die 1970's, 1980's en 1990's moes almal na skool diensplig doen, maar dit is deesdae vrywillig en min studente sluit aan. Die meeste gaan soek werk of gaan onderwyskollege toe.

Noemenswaardige mense

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Zanzibar GeskiedenisZanzibar DemografieZanzibar RegeringZanzibar GeografieZanzibar EkonomieZanzibar KultuurZanzibar Noemenswaardige menseZanzibar GaleryZanzibar VerwysingsZanzibar Eksterne skakelsZanzibarArabiesEilandIndiese OseaanOengoejaOos-AfrikaPembaTanganjikaTanzaniëWêrelderfenisgebiedZanzibarstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DeelwoordItaliaansWêreld- Ekonomiese ForumLionel PetersonSteenkoolJan-Willem BreureAnneli van RooyenMartin Luther King jr.Vraag en aanbodGlenys LynneMosesBasisinkomsteAfrikaanse Protestantse KerkDramaLongLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandWhatsAppEksodus (uittog)Ramsar-vleilande in Suid-AfrikaMediaWikiToringDuifSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994RenosterkewerKoorsblaarKanadaKoöperasiestoriesOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMateriaalGianna MichaelsMenseregtedagCleopatra VIIEkonomieBergpredikasieAardeBraaiDie BrielsPierre GaslyJeugdagTrianthemaRenosterJan Willem JanssensLemoenduifRocco SiffrediOorlogEmfiseemPuberteitNederlandNelson MandelaRuhan du ToitSendelingposisieDulcie van den BerghTuisbladVlagterminologieDoopVulkaanBevolkingNasionale VrouedagLys van Griekse mitologiese figurePseudowetenskapRuslandBybelVulvaProteïenNederduitse Gereformeerde KerkPlae van EgipteJohannesburgAfrikaanse taalleerVrystaatBaardskeerder-spinnekopRolprentGrondsoorteOmtrek, oppervlakte en volumeMorfologie (taalkunde)Covid-19-pandemie🡆 More