Zanne Stapelberg: Suid-Afrikaanse musikant

Zanne Stapelberg (12 Augustus 1977) is 'n Suid-Afrikaanse musikant.

Zanne Stapelberg
Gebore12 Augustus 1977 (1977-08-12) (46 jaar oud)
Bellville, Wes-Kaap , Suid-Afrika
Beroep(e)Operasanger

Biografie

Zanne Stapelberg is in 1977 in Bellville, Wes-Kaap gebore, en het in die voorstad Durbanville grootgeword. Sy het aan die Hoërskool Durbanville gematrikuleer.

Opleiding

Stapelberg het haar operaopleiding onder Magdalena Oosthuizen aan die Konservatorium van Universiteit Stellenbosch ondergaan, en in 1998 haar graad in musiek en Engelse letterkunde voltooi. Die universiteit het ook verskeie akademiese- en sangbeurse aan haar toegeken. In 1999 verwerf sy haar hoërlisensiaat in musiekopvoering cum laude.

Professionele lewe

In 2000 word Stapelberg lid van die Kaapstadse Opera-ateljee. In 2001 ontvang sy die "Beste Jong Operasanger"-toekenning van die Cape Town Friends of the Opera.

Haar operarolle sluit Angelica in Suor Angelica, Mimì in Puccini se La bohème, Nella in Gianni Schicchi, lia in Mozart se Idomeneo, Marguerite in Gounod se Faust, Händel se Alcina, en Pamina in Mozart se Die Zauberflöte, in.

Haar oratoriorepertorium sluit onder meer Messias van Händel, Vivaldi se Gloria, Haydn se Die Skepping (Duits: Die Schöpfung), Mozart se Vesperae de Dominica (Dixit Dominus) en Mis, Brahms se Ein Deutsches Requiem, Dvořák se Mis, Carla in William Kentridge se Confessions of Zeno, wat gekomponeer is deur Kevin Volans, en ook die Aqua Opera by die Victoria & Alfred Waterfront in 2003 en 2004, in.

Ander verhoogoptredes sluit Marthinus Basson se produksie van Igor Strawinski se Pulcinella in.

Stapelberg het saam met die Suid-Afrikaanse komponis Hendrik Hofmeyr aan sy Byzantium vir sopraan en orkes, The Death of Cleopatra en verskeie van sy sangsiklusse gewerk. Een van hulle, getitel Die Stil Avontuur, bestaan uit werke van die Suid-Afrikaanse digter, Elisabeth Eybers en is spesifiek vir Stapelberg se stem gekomponeer.

Sy het in 2014 die Kanna-toekenning vir beste klassieke produksie tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees saam met die Odeion-strykkwartet ontvang.

Buiten haar opera- en konsertoptredes, is Stapelberg ook betrokke by verskillende kreatiewe toneelprojekte met haar onderneming Long Tall Women Productions; in 2006 stel sy haar operakabaret getitel Zanne bekend.

Diskografie

  • Soul of Fire (2012)
  • Zanne Stapelberg Opera Gala (2013)

Verwysings

Tags:

Zanne Stapelberg BiografieZanne Stapelberg VerwysingsZanne Stapelberg12 Augustus1977Musiek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carike KeuzenkampLemoenKlem-in-die-kaakMadison IvyDiskriminasieTelevisieVeeartsHulpwerkwoordNasionalismePeter SnydersVryheidsdagAntisemitismeKontinentGeografie van Suid-AfrikaGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOrgasmeVoëlLys van elemente volgens simboolBokmakierieReënspinnekopOrrelGasEmfiseemSeksismeKorrupsieVrouGloeilampProvinsies van Suid-AfrikaTatoeëermerkTweede WêreldoorlogLys van Afrikaanse televisiereekseFabelWoordsoortKweekhuiseffekArmoedeEkostelselVersoeningsdagOmgewingsbeheerRacheltjie de BeerBeaufortskaalSatellietKoorsSinkItaliëBeroerteKanadaSelfmoordGrondbesoedelingMaagKatoenDieremishandelingJeuksiekteSosiale mediaVormVoedingLetterlike en figuurlike taalgebruikKoolhidraatProteïenTienerStadWayde van NiekerkJavaScriptEkonomie van Suid-AfrikaRassismeVerlede tydInsekMieliestronkInternetRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SimboolGeprosesseerde kosPaasfeesThabo MbekiBevolkingsafname🡆 More