Zambia Post

Die Zambia Post is Zambië se grootste dagblad en die enigste van die drie dagblaaie wat onafhanklik van die regering is.

Die koerant se Sondag-uitgawe staan as die Sunday Post bekend.

Die koerant is in 1991 in die hoofstad, Lusaka, opgerig tydens die oorgang van eenpartyregering deur die United National Independence Party na veelparty-demokrasie. Sy verpreiding het kort voor lank na die meeste dele van die land uitgebrei en in 1996 het dit daagliks van Maandag tot Vrydag begin verskyn. Toe reeds was dit die mees uitgesproke onafhanklike koerant in die land, soortgelyk aan die daaglikse Namibian in Namibië en die Mail & Guardian in Suid-Afrika, hoewel eersgenoemde se poging in 1990 om van weekblad na dagblad oor te skakel klaaglik misluk het. Die Zambia Post verskyn sedert 2000 elke dag van die week, danksy sy Sondag-uitgawe.

Die koerant roem hom daarop dat hy namens die Zambiese volk praat. Talle Zambiërs verwoord menings in die koerant wat hulle nie in die staatsbeheerde media kan lug nie.

Juis daarom het die koerant al meermale met die regering gebots. In 2001 is die redakteur, Fred M'membe in hegtenis geneem omdat hy na die destydse president, Frederick Chiluba as 'n dief verwys het. Daar word ook algemeen geglo die koerant het 'n reuse-bydrae daartoe gelewer dat Chiluba se poging om die Grondwet te verander sodat hy vir 'n derde termyn kon dien, misluk het. Chiluba se opvolger, Levy Patrick Mwanawasa, het die saak teen M'membe in 2002 laat vaar.

Zambië het nie 'n buro wat sirkulasiesyfers waarmerk nie. Navorsing deur die BBC dui egter op 'n omset van die koerant van ongeveer 30 000 eksemplare.

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

Zambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van nedersettings in Suid-AfrikaKlimaatsverandering in AfrikaBeroerteHomoniemBoer Soek 'n VrouPerdEnsiklopedieVigsKlein-KarooPlantSelfieEnkelvoudige sinChemiese elementGroot vyfLandbouEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaOnse VaderSportHaasPaasfeesBloemfonteinCarike KeuzenkampSpringbokkeGeldVierkantswortelAborsieVoegwoordGeprosesseerde kosBestaansboerderyTelevisieDierVulvaJacques LootsGriepLeestekenUnited Democratic FrontLys van bekende Suid-AfrikanersGeografie van Suid-AfrikaAngssteuringSeksuele opwekkingRefentse MorakeLys van politieke partye in Suid-AfrikaKlein vyf diereIndiëOrrelVratWiskundeGroot GatDemi Lee MooreAlkoholismeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaIdioomPriemgetalGautengJohannesburgVolstruisNasionalismeMasturbasieBokmakierieKunselementeNeurenberg-verhoreNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaOmgewingsbeheerFiela se kindYouTubeTweede WêreldoorlogKweekhuisgasOlimpiese Somerspele 2024MuskietGregoriaanse kalenderJan-Willem BreureCheslin KolbeSekondêre sektor van die ekonomieHamburgerBloedsomloopstelselMonopolyMeettegniek🡆 More