Zambia Daily Mail

Die Zambia Daily Mail is 'n dagblad wat in Lusaka, Zambië se hoofstad, uitgegee word.

Die koerant het sy ontstaan in die jare vyftig as die weeklikse African Mail gehad, maar in die jare sestig word dit die Central African Mail, toe dit tydens die laaste jare van die Sentraal-Afrikaanse Federasie die belange van Noord-Rhodesië en Njassaland se inheemse bevolking verwoord het. Destyds was dit in die private besit van dr. Alexander Scott.

Ná Zambië se onafhanklikwording in 1964 het die regering die koerant uitgekoop omdat dit beskou is as 'n mondstuk vir die belange van die inheemse bevolking en die regering sy eie spreekbuis wou hê om sy boodskap aan die inwoners oor te dra. Destyds was dit nog 'n weeklikse poniekoerant.

In 1969 het die koerant oorgeskakel na 'n breëbladformaat en in 1970 het dit 'n dagblad geword. Dit was destyds 'n filiaal van die Zambia Publishing Company, wat Zambia Printing Company (ZPC) ingesluit het, maar sedertdien ontbind is.

In 1989 het die koerant deel geword van die mediakonglomeraat National Media Corporation, wat die beherende maatskappy was van die ZPC, Printpak (wat die Times of Zambia en Sunday Times in Ndola druk), Times Newspapers (wat laasgenoemde twee koerante uitgee) en Newspaper Distributors Limited. Die MMD-regering het dié beherende maatskappy egter in 1993 ontbind.

Ongeag die veranderinge sê die koerant op sy webwerf hy dien steeds die land en sy inwoners, ingevolge sy leuse: "Serve the Nation Without Fear or Favour". Die omset het egter mettertyd teruggesak tot tussen 10 000 en 15 000 vanweë die koerant se gebrek aan onafhanklikheid.

Sedertdien het die koerant twee susterpublikasies gekry, die Sunday Mail en die Financial Mail.

Die koerant het sy werksaamhede in 1994 gerekenariseer en ook 'n webtuiste (sien Eksterne skakel) op die been gebring. Hoewel die koerant in kleur druk, erken hulle self dat die drukwerk van swak gehalte is, weens 'n gebrek aan moderne kleurskeidingstoerusting.

Eksterne skakels

Tags:

KoerantLusakaZambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Whitey BassonMiddeloorontstekingJohannes VermeerHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalGNU-lisensie vir vrye dokumentasieVoedingLikkewaanVolhoubaarheidBelgiese geweste21 v.C.BorsbeenDonderstormStuitjiePeach van PletzenKlein vyf diereJaco du PlessisHomoniemSeksGedigBorsteHolocaustISBN (identifier)Angkor WatCPersoonlikheidKoos du PlessisPolisieJodeGenesisAspergersindroomSatireJeugdagJo BlackFredi NestAfkortingPalmsondagKlein-KarooSuider-AfrikaAkira ToriyamaDiplopodaKanadese nasionale krieketspanGeografie van Suid-AfrikaVuurAppendiksDesiré GardnerWerwelkolomLiewe HeksieOekraïnePlantLys van woestyneMaselsOrgaanByeboerderyMenslike penisgrootteVier temperamenteErnst Otto FischerOrkney Snork NieVolkekundeNamakwalandRacheltjie de BeerBysteekKoue Oorlog2024 Australiese Grand PrixFacebookIntensiewe vormASeksueel oordraagbare infeksieEucalyptusPoesSkaapOntsteking (geneeskunde)Pampoentjies🡆 More