Zambezi-Knorbaber

Die Zambezi-knorbaber (Parauchenoglanis ngamensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier in Suider-Afrika.

Buite Suider-Afrika kom die vis ook voor in die Kasairivier in die Kongorivier-stelsel. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi grunter - in die Caprivi staan die vis bekend as die Knorhaan.

Zambezi-knorbaber
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. ngamensis
Binomiale naam
Parauchenoglanis ngamensis
(Boulenger, 1911)
Sinonieme
  • Auchenoglanis ngamensis (Boulenger, 1911)

Voorkoms

Die vis se kop en rug is geel/olyfbruin, wat ligter word tot 'n ligbruin of wit pens met verspreide swart kolle en verskeie vertikale strepe wat bestaan uit swart kolle oor die lyf. Daar is ook swart kolle op die vinne.

Die skubbe is mikroskopies klein in slym.

Die dorsale en pektorale vinne is sterk met strale in. Die vetvin agter op die rug is prominent en die stertvin is baie goed ontwikkel en bolrond. Beide die borsvin en die rugvin het 'n sterk, baie skerp, stekel.

Die kop is groot, ietwat plat en gepunt met vlesige lippe, maar die oë sit ver terug. 'n Niervormige kol klein tandjies is in die bokaak teenwoordig. Daar is drie pare baarde om die mond met die buitenste paar die langste. Die vis word tot 380 mm lank.

Habitat

Die vis leef in rotsagtige areas of minder digte plantegroei in stadig vloeiende riviere of mere; hulle skuil soms ook onder bome. Hulle vreet klein vissies en ongewerweldes soos slakke en insekte. Die wyfie lê min maar relatiewe groot eiers. Die vis 'knor' wanneer dit uit die water gehaal word.

Hengel

Hulle word snags gevang, waar dit op die bodem wei. Erdwurms, klein vleisaas, visaas en insekte is geskik. Hulle is baie gulsiger as die ander knorvisse – twee hoeke, twee visse.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

Tags:

Zambezi-Knorbaber VoorkomsZambezi-Knorbaber HabitatZambezi-Knorbaber HengelZambezi-Knorbaber Sien ookZambezi-Knorbaber Eksterne skakelZambezi-Knorbaber BronZambezi-Knorbaber VerwysingsZambezi-Knorbaber

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VaginaGNU-lisensie vir vrye dokumentasiePG du PlessisPoleCyril RamaphosaGedigTweede WêreldoorlogHolocaustWeer (meteorologie)MolotofbomOnderwysSelfmoordFinlandJagluiperdEierleierOntsteking (geneeskunde)OssewaSlaapapneeRepubliek ArtsachPtolemeusHondeklipbaaiParysAMensAuschwitz-konsentrasiekampVlag van BangladesjOnderwys in Suid-AfrikaAspergersindroomAkroniemLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierMarsJacques LootsMiddeloorontstekingNederlandsGalblaasKoekie (rekenaarwetenskap)Susan CoetzerAfrikaanse naguilLabia (geslagsdele)EoraptorKoorsIndiëKrampAmalia UysNoord-KaapAntarktikaDiplopodaOrthopteraLika BerningDesiré GardnerCarike KeuzenkampHartaanvalMaanOnderwys (geskiedenis)Groot TrekSterrestelselNagapieGhanaWitbloedselKoue OorlogJada FireLys van elemente volgens simboolSarah Rose KarrPenisKoppeltekenAarde se atmosfeerPornografiese akteurVlag van AfghanistanWaterpokkiesSuid-Afrika🡆 More