Militêre Simbool Z: Militêre simbool

Z is een van verskeie simbole wat geverf is op Russiese militêre voertuie wat in die Russiese inval van 2022 in Oekraïne gebruik word (en as gevolg daarvan die bynaam Z-karre het).

Militêre Simbool Z: Simbole, Gebruik, Geskiedenis
"Z"-simbool
Militêre Simbool Z: Simbole, Gebruik, Geskiedenis
"Z"-simbool in vierkant
Militêre Simbool Z: Simbole, Gebruik, Geskiedenis
"V"-simbool
Militêre Simbool Z: Simbole, Gebruik, Geskiedenis
"O"-simbool
Vier van die simbole wat die Russiese weermag gebruik gedurende die inval in Oekraïne.

Die simbool word in die Russiese kultuur gebruik as 'n teken van ondersteuning van die inval. Die vertoning van enige van dié simbole is onwettig in Kasakstan.

Simbole

Volgens die gewapende magte van Oekraïne word die volgende simbole gedurende die inval vertoon, met die ooreenkomstige betekenisse:

  • Z: Russiese magte van die Oostelike Militêre Distrik
  • Z (in vierkant): Russiese magte van die Krim
  • O: Magte van Belarus
  • V: Vlootmagte
  • X: Magte van Tsjetsjnië
  • A: Spesiale magte

Die inval word algemeen "Operasie Z" genoem na aanleiding van die "Z"-simbool. Dit is opmerklik dat die simbool in die vorm van die Latynse letter Z is en nie die Cyrilliese letter З nie.

Betekenis

Op Instagram het die Russiese departement van verdediging gesê die "Z"-simbool is 'n afkorting van die frase "vir die oorwinning" (Russies: за победу, za pobjedoe), terwyl die "V"-simbool staan vir "ons krag lê in die waarheid" (сила в правде, sila w prawde) en "die taak sal voltooi word" (задача будет выполнена, zadatsja boedet wipolnena).

Gebruik

Militêre gebruik

Sommige militêre kenners het die hipotese geopper dat die simbole gebruik word as identifisering om "eie vuur" te voorkom en het dit vergelyk met invalstrepe wat in die Tweede Wêreldoorlog in die inval van Normandië gebruik is. Ander kenners glo die merke word gebruik om verskillende taakmagte van mekaar te onderskei; hulle vertel waarheen die eenheid op pad is.

Simbool ten gunste van oorlog

Die "Z" is al deur burgerlikes wat ten gunste van Poetin en die Russiese inval is, gebruik as 'n simbool van ondersteuning vir die inval. Telegram-kanale wat die Kremlin steun, gebruik sedert die begin van die inval die letter "Z" in hulle name. Die Russies beheerde uitsaaidiens RT het artikels verkoop met die simbool op as 'n teken van steun vir die Russiese magte, terwyl plaaslike owerhede in verskeie dele van Rusland blitsskares georganiseer het wat die inval steun en deur wie die simbool gebruik is.

Kamil Galeev van die Amerikaanse Woodrow Wilson International Center for Scholars het gesê "die simbool, wat net enkele dae tevore uitgevind is, het 'n simbool geword van die nuwe Russiese ideologie en nasionale identiteit". Sommige kritici het die "Z" as 'n variant van Nazisimbolisme beskryf, terwyl verskeie dreunsange wat met "Z" begin, ooreenkomste toon met dié van die Nazi's. Die Oekraïense minister van verdediging, Oleksi Reznikof, het die gebruik van die "Z"-simbool op 7 Maart veroordeel en gesê dit herinner aan die naam van die Station Z-gaskamer van die Sachsenhausen-konsentrasiekamp.

Geskiedenis

Russiese voertuie aan die grens tussen Rusland en Oekraïne het in die weke voor die inval die "Z"-simbool vertoon. Gedurende die Slag van Charkif het plaaslike inwoners "Z"-simbole gebruik om Russiese voertuie te identifiseer en hulle ligging op Telegram te volg.

Terwyl die Russiese gimnas Ivan Kuliak tydens die inval aan die Internasionale Gimnastiekfederasie (FIG) se 2022-wêreldbyeenkoms vir artistiese gimnastiek deelgeneem het, het hy 'n hemp gedra waarop die "Z"-simbool vasgeplak was terwyl hy langs die Oekraïense gimas Illia Kovtun op die podium gestaan het. Kovtun het die goue medalje gewen en Kuliak brons. Die FIG het Kuliak se optrede as "skokkende gedrag" beskryf en gesê dit sal tugstappe teen hom aanvra by die Etiese Stigting vir Gimnastiek. Op 7 Maart het die FIG Russiese en Belarussiese gimnaste en beamptes verbied om aan sy kompetisies deel te neem.

Verwysings

Skakels

  • Militêre Simbool Z: Simbole, Gebruik, Geskiedenis  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Militêre Simbool Z SimboleMilitêre Simbool Z GebruikMilitêre Simbool Z GeskiedenisMilitêre Simbool Z VerwysingsMilitêre Simbool Z SkakelsMilitêre Simbool ZRuslandRussiese inval van 2022 in Oekraïne

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GobiRooikatKatRolprentKolorektale kankerAmerikaanse EngelsVoëlWikiLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWeeluisVergelykings (taalkunde)BaälWortelgroenteSpaansGeelslangFotosinteseVleilandNasionale VrouedagBraaiJohannesburgMedia (kommunikasie)Veelrassige pornografieJesus van NasaretSuid-KoreaHeupvervangingDubbelpuntWekkerSikloonNoag se arkEkonomiese sektorAartappelAbrahamHeidelbergse KategismusBlourokkePseudowetenskapHokkieProvinsies van Suid-AfrikaWalt DisneyAdolf HitlerHartToerismePornHaasAlbert EinsteinBrandmondsindroomMasturbasieMenstruasieAkkedisInternasionale Fonetiese AlfabetLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMosesNiersteenJacques LootsSkuinsstreepTropiese sikloonPornografiese akteurBeweegbare brugNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKameelperdWikipediaJeuksiekteLys van Afrikaanse televisiereekseMetaalOlifantAbstraksie (rekenaarwetenskap)Morfologie (taalkunde)Small HandsSlukdermRefentse MorakeSingapoerRob HersovKomeetVarkgriepPlae van EgipteMangelontsteking🡆 More