’n Glasiale tyd of ystyd is ’n tyd (van duisende jare) in ’n ystydperk waarin kouer temperature en meer ysvorming voorkom.
Interglasiale tye, daarenteen, is tye van warmer temperature tussen glasiale tye. Die laaste glasiale tyd het sowat 15 000 jaar gelede geëindig, terwyl die huidige ystydperk steeds voortduur. Die Holoseen-epog is die huidige interglasiale tyd.
In die Kwartêr is die huidige ystydperk van 2,58 miljoen jaar gelede tot nou, en in dié tyd het ’n paar glasiale en interglasiale tye voorgekom.
Die laaste glasiale tyd was die mees onlangse koue periode in die huidige ystydperk, en dit het voorgekom van die Pleistoseen-epog vanaf sowat 110 000 jaar gelede, tot sowat 15 000 jaar gelede. Die ysvorming in dié tyd het gekonsentreer om dele van die Noordelike Halfrond en het verskillende name, na gelang van die streek. Dit het sy maksimum sowat 22 000 jaar gelede bereik.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Glasiale tyd, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.