Ysteriiioksiedhidroksied: Chemiese verbinding

Yster(III)oksiedhidroksied is 'n verbinding van yster, suurstof en waterstof met die chemiese formule FeO(OH) .

Eienskappe

Algemeen

Naam Yster(III)oksiedhidroksied 
IUSTC-naam Yster(III)oksiedhidroksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule FeO(OH)
Molêre massa 88.85 g/mol
CAS-nommer 20344-49-4  
Voorkoms Aanskoulike, donker oranje, ondeursigtige kristalle  
Reuk Reukloos
Fasegedrag
Smeltpunt 135 (ontbind)
Kookpunt (ontbind)
Digtheid 4,25 g/cm3
Oplosbaarheid Onoplosbaar in water teen pH 7
Oplosbaar in sure

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Ysteriiioksiedhidroksied: Natuurlike voorkoms, Gebruike, Produksie Chemie

Die verbinding kom dikwels voor as een van sy hidrate, FeO(OH)·nH2O (roes). Die monohidraat FeO(OH)·H2O word dikwels na verwys as yster(III)hidroksied Fe(OH)3, gehidreerde ysteroksied, of geel ysteroksied.

Natuurlike voorkoms

Yster(III)oksiedhidroksied kom natuurlik voor as struktureel-verskillende minerale wat aangedui word deur die Griekse letters α, β, γ en δ.

  • Akaganéïet, β-FeO(OH), word gevorm deur verwering en is bekend vir sy teenwoordigheid in sommige meteoriete en die maanoppervlak. Daar is egter vasgestel dat dit 'n paar chloriedione moet bevat om die struktuur te stabiliseer, sodat die meer akkurate formule FeO0.833(OH)1.167Cl0.167 is. Dit vorm monokliniese kristalle in ruimtegroep I2/m. Teen verhitting ontbind β-FeO(OH) en herkristalliseer dit as α-Fe2O3 (hematiet).
  • Lepidokrosiet, die γ-vorm van FeO(OH), kom gewoonlik voor as roes aan die binnekant van staalwaterpype en -tenks. Dit vorm ook ortorombiese kristalle maar in die ruimtegroep Cmcm.
  • Feroksihiet is δ-FeO(OH) en word gevorm onder die hoë druk toestande van see- en oseaanvloere, en is termodinamies onstabiel ten opsigte van die α-polimorf (goethiet) teen oppervlaktoestande. Dit vorm seshoekige kristalle en die ruimtegroep is nie bepaal nie.
  • Siderogel is 'n natuurlike kolloïdale vorm van FeO(OH).

Goethiet en lepidokrosiet, wat albei in 'n ortorombiese stelsel kristalliseer, is die mees algemene vorme van yster(III)oksiedhidroksied en die belangrikste bron van yster in minerale vorm.

Yster(III)oksiedhidroksied is ook die hoofkomponent van ander minerale en mineraloïede:

  • Limoniet is 'n algemene mengsel van hoofsaaklik goethiet, lepidokrosiet, kwarts- en kleiminerale.
  • Ferrihidriet is 'n amorfies mineraal, amptelik FeO(OH)•1.8H2O maar eintlik met wydveranderlike hidrasie.

Gebruike

Limoniet, 'n mengsel van verskillende hidrate en polimorfe van yster(III)oksiedhidroksied, is een van die drie belangrikste ysterertse wat sedert minstens 2 500 v.C. gebruik is.

Geel ysteroksied is goedgekeur vir gebruik in skoonheidsmiddels en word in sommige tatoeëerbare ink gebruik. FeO(OH) word in die nywerheid as geel pigment vervaardig. Geel oker (goudoker) is hoofsaaklik FeO(OH) in sy goethiet-vorm.

Yster(III)oksiedhidroksied word ook in akwariumwaterbehandeling as fosfaatbinder gebruik en nanodeeltjies daarvan is bestudeer as moontlike adsorberende materiaal vir die verwydering van lood uit water.

Produksie

Yster(III)oksiedhidroksied presipiteer uit oplossings van yster(III)soute teen 'n pH tussen 6,5 en 8. Dus kan die oksiedhidroksied in die laboratorium verkry word deur 'n yster(III)sout, soos ysterchloried of ysternitraat, met natriumhidroksied te laat reageer:

      FeCl3 + 3NaOH → Fe(OH)3 + 3NaCl
      Fe(NO3)3 + 3NaOH → Fe(OH)3 + 3NaNO3

Verwysings

Tags:

Ysteriiioksiedhidroksied Natuurlike voorkomsYsteriiioksiedhidroksied GebruikeYsteriiioksiedhidroksied ProduksieYsteriiioksiedhidroksied VerwysingsYsteriiioksiedhidroksiedSuurstofWaterstofYster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EmfiseemVakbondYouTubeGoogleSwartkwasmuishondMobutu Sese SekoLewerJohannes MeintjesWikimedia-stigtingLidwoordKonjunktivitisBernice WestCristiano RonaldoGemeenskapKunsmatige algemene intelligensieKolorektale kankerPlantluisPerdebyeTransatlantiese slawehandelDroomKoolhidraatHoofpynMiljardAkademiaHerfsKlankAntisemitismeAnilingusKleurKlinkerGevolge van aardverwarming op oseaneFranse RewolusieViëtnamoorlogSpringbokWaterstofBateLimfvatstelselLys van Afrikaanse rolprenteSaartjie BaartmanAfrikaanse taalleerIngenieursweseSamestellende afleidingNederlandDiamantKrieketFilosofiePoësieVraag en aanbodHibernasieErfenisdag (Suid-Afrika)BlourokkeSokkerGautengVerantwoordelikheidKoorsWikipediaKorrupsieWoordsoortRuslandInstagramPuberteitVlag van Suid-AfrikaMediese diagnosePankreasDikdermKoedoeD.J. OppermanApostoliese GeloofsbelydenisVrymesselaryEjakulasieBaälMond🡆 More