Yekatit 12

Yekatit 12 (Amharies: የካቲት ፲፪) is ’n datum op die Ge'ez-kalender wat verwys na die slagting en inhegtenisneming van Ethiopiërs deur Italiaanse besettingsmagte ná ’n sluipmoordpoging op maarskalk Rodolfo Graziani, onderkoning van Italiaans-Oos-Afrika, op 19 Februarie 1937.

Graziani het die Italiaanse magte na oorwinning gelei in die tweede Italiaanse inval in Ethiopië.

Yekatit 12
Graziani (tweede van links, in uniform) kort voor die mislukte sluipmoordaanval.

Die slagting

Die slagting is beskryf as die ergte in die Ethiopiese geskiedenis. Ramings van die mense wat in die drie dae ná die aanslag op Graziani se lewe vermoor is, wissel. Ethiopiese bronne se raming is sowat 30 000 mense, terwyl Italiaanse bronne beweer dit was ’n paar honderd. ’n Weergawe van 2017 oor die slagting raam dat sowat 19 200 mense dood is: 20% van die inwoners van Addis Abeba.

In die volgende weke is talle Ethiopiërs wat daarvan verdink is dat hulle teen die Italiaanse bewind is, bymekaargemaak en tereggestel, insluitende lede van die aristrokrasie. Keiser Haile Selassie het 125 mans oorsee gestuur om ’n universiteitsopleiding te kry, maar die meeste van hulle is vermoor. Nog talle is in die tronk gegooi, selfs mense wat saam met die Italiane gewerk en hulle gehelp het om die mans te identifiseer wat Graziani probeer vermoor het.

Galery

Yekatit 12 
Die koppe van Ethiopiërs wat onthoof is.
Die koppe van Ethiopiërs wat onthoof is.  
Yekatit 12 
Ethiopiese slagoffers.
Ethiopiese slagoffers.  
Yekatit 12 
'n Ethiopiër wat gehang is.
'n Ethiopiër wat gehang is.  
Yekatit 12 
Ethiopiese slagoffers.
Ethiopiese slagoffers.  
Yekatit 12 
Nog ’n slagoffer.
Nog ’n slagoffer.  

Verwysings

Skakels

  • Yekatit 12  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Yekatit 12 Die slagtingYekatit 12 GaleryYekatit 12 VerwysingsYekatit 12 SkakelsYekatit 12AmhariesEthiopiese kalenderItaliaans-Oos-AfrikaItaliëRodolfo Graziani

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot vyfCounter-Strike (videospeletjie)HolocaustMenslike penisgrootteNazi-DuitslandNatuurrampSpysverteringstelselGodSiya KolisiVakbondPêrelAnilingusMensJeuksiekteNylrivierSelfoonSonsteekGautengMenseregtedagZack du PlessisMasturbasieGlasVulvaVaste stofTuisbladLikkewaanNasionale PartyLuiperdEl (lengtemaat)Wes-KaapGroot TrekEpilepsiePrimêre sektor van die ekonomieKindersiektesEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMierleeuAlice MunroTaylor SwiftLeeuBosvarkKragopwekkingTafelbergMaagdelikheidHulpwerkwoordLyfstraf in skoleVermontBurgerregteJaarSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024HomoniemSuid-Afrikaanse RugbyunieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMaagNG gemeente JansenvillePesachAnette EngelbrechtAarde se atmosfeerJaco JacobsKokketielWalt DisneyNemunasLeon KrugerKonsentrasiekampApostoliese GeloofsbelydenisAmandelTierDoelwitNoordwesPersoonlikheidSoogdierTandbederfKatAardbewingEjakulasieVaalrivier🡆 More