Yamuna

Die Yamuna (Hindi en Sanskrit: यमुना Yamunā ), ook Jamuna (जमुना Jamunā ) of Jumna, is die grootste sytak van die Ganges.

Die rivier, met 'n lengte van 1 376 km (855 myl), vloei in die suidweste ewewydig aan die Ganges se boloop. Net soos die Ganges word die Yamuna hoogs vereer in Hindoeïsme. Dié rivier vorm saam met die Ganges die Doab (Hindi: दोआब doāb, afgelei van Persies: دو ﺁب do-āb "twee waters"), een van die mees intensief besproeide landbougebiede van Indië.

Yamuna – Jamuna – Jumna
Die Yamuna voor die samevloeiing met die Ganges in Allahabad.
Die Yamuna voor die samevloeiing met die Ganges in Allahabad.
Die Yamuna voor die samevloeiing met die Ganges in Allahabad.
Yamuna

Die stroomgebied van die Yamuna.

Oorsprong Yamunotri, Banderpooch-pieke, Utarkashi-distrik, Uttarakhand
Himalaja
Monding Triveni Sangam, Allahabad, Uttar Pradesh, Indië
Ganges
Stroomgebied Indië
Lengte 1 376 km (855 myl)
Oorspronghoogte 3 293 m (10 804 voet)
Mondinghoogte 74 m (243 voet)
Gemiddelde afloop 2 950 m³/s (104 178 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 366 223 km² (141 399 myl²)
Kaart van die Yamuna-bekken in Asië.
Kaart van die Yamuna-bekken in Asië.
Yamuna
Nasa-Satellietbeeld van die Ganges-vlaktes met die Himalaja in die noorde en die Yamuna in die suide

Die Yamuna ontspring naby die Yamunotri-tempel in Noord-Indië binne die Himalaja, net suid van die grens tot die Chinese outonome gewes Tibet in die deelstaat Uttarakhand. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike rigting en vorm die grens tussen die deelstate Haryana en Uttar Pradesh. Hier vloei die Yamuna deur die uniegebied Delhi met die Indiese hoofstad Nieu-Delhi. Verder suid verlaat dié rivier die grensgebied tussen die twee deelstate en bereik Agra, waar die Unesco-wêrelderfenisgebied Taj Mahal langs die oewer staan. Vanaf hier vloei die Yamuna in 'n suidoostelike rigting tussen die stede Gwalior in die weste en Kanpur in die ooste. Verder oos mond dié rivier in Allahabad in die Ganges uit.

Die Ganges en Yamuna se saamvloei is een van die heiligste plekke in Hindoeïsme en volgens die mitologie mond hier nog die heilige Sarasvati-rivier in die Ganges uit, wat die Triveni Sangam vorm. Hier word elke 12 jaar die Kumbh Mela gevier, waarby die pelgrims hul sondes in die riviere wegspoel.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

GangesHindiHindoeïsmeLandbouPersiesSanskrit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ViëtnamWet op NaturellengrondVrouHoërskool OuteniquaSelfieHemelvaartKarooStilleweLabia (geslagsdele)GordelroosLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierGodSuid-Afrikaanse randWindkragAustraliëSeksuele stimulasieBrandmondsindroomSkaakKameelWaar ruwe rotseJannie du ToitSatellietfotoWêreld- Ekonomiese ForumBlaaskankerBetonRudi ClaaseSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieReënPriemgetalAluminiumBloedsomloopstelselJana CilliersJeuksiekteHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van veltoestandeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGeestesgesondheidViëtnamoorlogKindermishandelingValentynsdagAnrich HerbstKoekie (rekenaarwetenskap)Nylrivier (Suid-Afrika)HomoniemPrimêre sektor van die ekonomieInflasieStereotipeSpringbokkeHolocaustKaapstadGreen PornoBernice WestAnilingusPomeloManie JacksonOvulasieAdolf HitlerNkosi Sikelel' iAfrikaJodeIsraelEugenetikaVaginale kankerGasErdwurmKolorektale kankerKaren MeiringErektiele disfunksieOntbossingHeuningbyAarde se atmosfeerNamakwalandMaselsSelfvertroueToekoms van die Aarde🡆 More