Xian Y-7

Die Xian Y-7 (Chinees: 运-7, Pinyin: Yùn-qī) is 'n ligte passasiersvliegtuig wat in China gebou word.

Dit is gebaseer op die Sowjet-ontwerpte Antonof An-24-reeks.

Xian Y-7
Xian Y-7-100 van China General Aviation

Ontwikkeling

China het die Antonof An-24 reeds vroeg in sy produksieloop ingevoer en ook lisensies vir die vervaardiging van die vliegtuie en sy enjins beding. In 1966 het die Xi'an-vliegtuigfabriek met die plaaslike produksieprojek van die An-24 begin. Die eerste An-24T wat deur die Chinese saamgestel is, het op 25 Desember 1970 sy nooiensvlug onderneem. Die produksie is in 1977 geloods by die Xi'an-vliegtuigfabriek, maar die vordering was stadig weens die nadelige gevolge van die Kulturele Rewolusie, met 'n voorproduksievliegtuig wat op 17 April 1982 aan die publiek by die Nanyuan-lugbasis naby Beijing vertoon is. Die Dongan WJ-5A1 turboskroefenjin is as die Y-7 se kragbron gekies. Die eerste produksievliegtuig het eers in Februarie 1984 gevlieg, wat 'n aanduiding is van die stadige vordering (agtien jaar van lisensie tot produksie).

Die Chinese vliegtuie is gelykgestel aan die An-24RV met 'n volledige stel vensters en die aanjaerstraalenjin. Die grootste deel van die vroeë aflewerings is aan die Lugmag van die Volksbevrydingsleër (People's Liberation Army Air Force [PLAAF]) gelewer, meestal vir vervoer, met 'n paar in 52-sitplek-lugrederykonfigurasie vir die Civil Aviation Administration of China (CAAC). Na die aanvanklike gelisensieerde produksieloop, is die Y-7 apart van die An-24 ontwikkel met 'n reeks opgraderings wat uitloop op die Xian MA60 (Modern Ark)-reeks.

'n Taktiese vervoer-afgeleide is vanaf die Antonof An-26 gekopieër, sonder lisensie, en het na vore getree as die Y-7H, volledig met die vragluikdeur en militêre toerusting van die An-26.

Xian Y-7 
Xian Y-7 in die Beijing Burgerlugvaartmuseum
Xian Y-7 
Xian Y-7-100 in die Beijing Burgerlugvaartmuseum

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antonof An-24ChineesPassasiersvliegtuigPinyinVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gewasboerdery in Suid-AfrikaKoedoeEkonomie van Suid-AfrikaKarakteriseringSwaelFilosofieRina HugoHondeklipbaaiAgtervoegselPretoriaMiddelmisbruikKonsonantMassaAardverwarmingMisdaadMaagsweerInnes en Franna BenadéLys van politieke partye in Suid-AfrikaHeupLionel PetersonFacebookPoësieMorfeemGemeenskapMieliestronkPenisBeesKartografieOligopolieTamatieOnse VaderSeksualiteitDaggaMaroela MediaTweede VryheidsoorlogBeurtkragWillie JoubertSeekatGroot TrekOrale seksRonelda KamferFamilie (verwantskap)Uitwerking van klimaatsveranderingElandréWoudHoofpynLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVulkaanBosvarkTaalAsemhalingAfkortingIntensiewe vormVerenigde State van AmerikaGeloftedagDierSeekoeiKimberleyKoolhidraatHortologieGrondOntbossingEngelandInternetIndustriële RevolusieVaste stofNeurenberg-verhoreRob HersovMenslike seksuele gedragBelastingKlavierHondAnneli van RooyenGriekwa-AfrikaansOrgasmePornografieSelfkonsepProvinsies van Suid-Afrika🡆 More