Wubi

Wubi (Windows-based Ubuntu Installer) is 'n amptelike vrye sagteware, Windows gebaseerde installeerder vir die Ubuntu-bedryfstelsel.

Wubi
Kort opsomming van die logo.
Wubi
'n Skermknippie van Wubi 11.10

Ontwikkelaar Agostino Russo, Geza Kovacs, Oliver Mattos, Ecology2007
Aanvanklike vrystelling 24 April 2008; 15 jaar gelede (2008-04-24)
Nuutste weergawe 12.04/ 26 April 2012; 11 jaar gelede (2012-04-26)
Programmeertaal NSIS script, C++, Python
Bedryfstelsel Microsoft Windows
Grootte op skyf 2,37 MiB
Beskikbaar in Meer as 50 tale
Kategorie Ubuntu-installeerder
Lisensie GNU GPL v.2 of later
Webblad ubuntu.com/desktop/get-ubuntu/windows-installer

Wubi is as 'n onafhanklike projek van Ubuntu gebore maar word sedert weergawe 8.04 by Ubuntu ingesluit. Wubi kan ook op die Ubuntu Live CD aangetref word en is ook by Ubuntu 7.10 Gutsy Gibbon weergawe ingesluit.

Die doel van die projek is om gebruikers van Windows bekend te stel aan Linux deur Ubuntu te gebruik sonder om enige risiko te loop om data te verloor as gevolg van formatering of segmentering van hul hardeskywe. Wubi kan ook gebruik word om Ubuntu vanuit Windows te oninstalleer.

Wubi is nie 'n virtuele masjien nie, dit skep eerder 'n alleenstaande installasie binne 'n lusgemonteerde toestel. Dit is nie opsigself 'n Linux-verspreiding nie maar eerder 'n installeerder vir die Ubuntu bedryfstelsel.

Wubi installeer nie Ubuntu direk op sy eie hardeskyf-partisie nie en kan ook nie ongebruikte hardeskyfspasie gebruik om die bedryfstelsel te installeer nie. 'n Mens sou egter bogenoemde kon vermag met die LVPM (Loopmounted Virtual Partition Manager) gebruik om die Wubi-gegenereerde Ubuntu installasie na 'n regte partisie te verskuif, soos byvoorbeeld op 'n USB flitskyfie. Hierdie opstelling het die voordeel dat gebruikers die bedryfstelsel en drywers kan toets voordat hulle dit op 'n eie pasgemaakte partisie installeer (om sodoende risiko's rakende die loodsprogram en ander funksies van die bestaande bedryfstelsel te vermy).

Wubi voeg 'n keuse by die standaard Windows loodsgids wat 'n mens in staat stel om Linux te hardloop. Ubuntu word binne 'n lêer in die Windows lêerstelsel (c:\ubuntu\disks\root.disk) gestoor eerder as op sy eie partisie. Hierdie lêer word dan deur Linux gebruik asof dit 'n werklike hardeskyf is.

'n Verwante projek, Lubi, gebruik Linux as die gasheerstelsel in plaas van Windows. 'n Weergawe vir die Mac OS-bedryfstelsel, Mubi, word ook in die vooruitsig gestel.

Beperkinge

  • Hibernering word nie ondersteun nie.
  • Wubi se lêerstelsel is meer kwesbaar vir probleme wat spruit uit skielike kragonderbrekings as 'n normale lêerstelsel.

Verwysings en voetnotas

Eksterne skakels

Tags:

Ubuntu (Linux)Vrye sagteware

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SebraRobbeneiland7de LaanAnale seksAbstraksie (rekenaarwetenskap)SatellietfotoLetterlike en figuurlike taalgebruikLewerKlimaatLabia (geslagsdele)Cheslin KolbeNagapieNylrivier (Suid-Afrika)LieweheersbesieLikkewaanKoperCovid-19-pandemieRenosterMosesArmoedeverligtingKlawers (speelkaarte)LugbesoedelingNetbalOutismeMagda van BiljonVerfSirkelGeboorteTafelbergNatuurbewaringMartin Luther King jr.KokketielAnilingusErfenisdag (Suid-Afrika)Siya KolisiKasteel die Goeie HoopPikkewynKarakteriseringDemi Lee MooreNelson MandelaKoos BekkerTandbederfHemelvaartJeuksiekteKunsmatige intelligensieWinterDanie du ToitFosforGroot DepressieWynand StrydomNkosi Sikelel' iAfrikaPersoonlikheidMaatskappyDieregeluideUniegebouGlasReënvalbepalingWerkersdagKragopwekkingWolkMIVVersamelnaamLandbouBeesTrevor NoahWayback MachineMateriaalProteïenLys van medisinale kruieSeksuele penetrasieVoëlTatoeëermerkJan-Willem BreureBosvarkMichael Jackson🡆 More