Wrigley Building

Die Wrigley Building is 'n wolkekrabber in Chicago se North Michigan Avenue, net teenoor die Tribune Tower, wat as hoofkwartier van die kougomvervaardiger Wm.

Wrigley Jr. Company gebou is.

Wrigley Building
Die Wrigley Building met een van die deurgange

Toe die bouterrein vir die Wrigley-gebou in 1920 voorberei is, is daar nog geen groot kantoorgeboue noord van die Chicagorivier opgerig nie. Die Michigan-Avenue-brug, wat die rivier net suid van die Wrigley Building oorspan, was nog in aanbou. Die kougom-magnaat William Wrigley jr. het die perseel vir sy nuwe hoofkwartier self gekies. Die wolkekrabber is deur Graham, Anderson, Probst & White Argitekte ontwerp as 'n moderne weergawe van die Katedraal van Sevilla (Spanje) se Giralda-toring, wat met stylelemente van die Franse Renaissance gekombineer is.

Die Suidtoring is in April 1921, die Noordtoring in Mei 1924 voltooi. Deurgange tussen die torings is in die grond- en die derde verdieping gebou. 'n Derde deurgang is in 1931 in die 14de verdieping aangelê om die kantore van 'n bank met mekaar te verbind.

Die twee torings het verskillende hoogtes - die Suidtoring het 30 en die Noordtoring 21 verdiepings. Die Suidtoring is daarnaas van 'n klok voorsien, waarvan die vier wyserplate, wat elk 'n deursnee van byna 6 m het, in al vier rigtings wys. Danksy die terracotta-verkleding pronk die fasades met 'n elegante spierwit voorkoms. Die hele gebou word af en toe per hand afgewas om die terracotta se glans te bewaar. Snags word die wolkekrabber met 'n vloedlig verlig.

Die Wrigley Building was die eerste gebou in Chicago met lugreëling. Besoekers, wat die gebou deur die middelste ingang betree, bereik 'n afgeslote park, wat 'n pragtige uitsig oor die Chicagorivier bied. Teen die voet van die Suidtoring lê 'n traphuis, wat benede na die rivier lei. Toeriste kan van hier plesierbootritte op die Chicagorivier en die Michiganmeer onderneem.

Eksterne skakels

87°37′30″W / 41.88972°N 87.62500°W / 41.88972; -87.62500

Tags:

ChicagoTribune TowerWolkekrabber

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MielieVoegwoordJan van TonderPerdLys van medisinale kruieStres in hoërskoolKernkragVerantwoordelikheidOranjerivierTropiese sikloonGetalTierPriemgetalChemiese elementIronieCarles PuigdemontKatAdolessensieOrkney Snork NieRugbyGodKhoikhoiBalletLuiperdNasionale VrouedagOnderwerp (taalkunde)SatellietfotoSkisofrenieKragopwekkingGoogle TranslateMenstruasieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSeksismeJakobSowjetunieVryheidsdagSonnestelselSkoolProsaMaatskappyDemokratiese Republiek die KongoHamilton WesselsVerkleurmannetjieSelfiePeriodieke tabelTelefoonSeksueel oordraagbare infeksieProteïenErns GrundlingMensPersoonlikheidRobbie WesselsTekstielSamestellingTatoeëermerkRonelda KamferMalariaOseaanRefentse MorakeHemelBesemPinksterKorrupsieBlaarSportWet op NaturellengrondKunsmisKunstenaarGewone luislangKoringSelfoonWikiRenteAuschwitz-konsentrasiekampLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesMaagsweer🡆 More