Worsboom

Die worsboom (Kigelia) is 'n genus van angiosperms (blommende plante) in die familie Bignoniaceae.

Die genus bestaan uit slegs een spesie, Kigelia africana en dit is dus 'n monotipiese takson. Dit kom reg deur tropiese Afrika voor, van Eritrea en Tsjad tot in die noordelike Suid-Afrika en van Senegal in die noordweste tot in Namibië in die suidweste. Die boom se FSA-nommer is 678.

Worsboom
Worsboom
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Bignoniaceae
Genus: Kigelia
Spesie:
K. africana
Binomiale naam
Kigelia africana
(Lam.) Benth., (1849)
Sinonieme
  • Bignonia africana Lam.
  • Tecoma africana (Lam.) G.Don

Etimologie

Worsboom 
Blare
Worsboom 
Blom
Worsboom 
Vrugstok
Worsboom 
Vrugte
Worsboom 
Bas

Die boom se genusnaam is afgelei van die Mosambiekse Bantoenaam, kigeli-keia. Die algemene naam is worsboom, of Sausage Tree in Engels, verwysende na vorm van die boom se vrug. Die boom se Arabiese naam verwys na "die pa van groot sakke" (Roodt, 1992). Daar is twee subspesies:

  • Kigelia africana subsp. africana
  • Kigelia africana subsp. moosa (Sprague) Bidgood & Verdc.

Verspreiding

Die boom is inheems in die volgende lande:Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom voor in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.

Verbouing en gebruike

Vrugte van die boom word vir 'n verskeidenheid van tradisionele Afrika-kure aangewend. Daar word geglo dat die vrugte teen rumatiek, slangbyte, bose geeste, sifilis en selfs teen tornado's (Watkins, 1975) werk. 'n Alkoholiese drank soortgelyk aan bier word ook daarvan gemaak. Die vars vrugte is giftig en is 'n sterk purgeermiddel. Die vrugte word gedroog, gebraai of gefermenteer (Joffe 2003; Mc-Burney 2004) om dit vir menslike gebruik voor te berei. In Botswana word die boom se hout vir mokoro's (mekoro), jukke en rieme gebruik (Roodt 1992). Dit word selfs vir 'n aantal velsorg-produkte ingespan.

Die boom word algemeen as 'n sierplant in tropiese gebiede (vir sy dekoratiewe blomme en ongewone vrugte) gekweek. Die plekke waar dit aangeplant word. moet egter met groot omsigtigheid gekies word. As die vrugte val, kan dit ernstige besering veroorsaak en skade aan geparkeerde voertuie onder die bome aanrig.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Worsboom EtimologieWorsboom VerspreidingWorsboom Verbouing en gebruikeWorsboom Sien ookWorsboom VerwysingsWorsboom BronneWorsboom Eksterne skakelsWorsboom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hannes van WykSeisoenWoordeboek van die Afrikaanse TaalSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeAkroniemSkilpadSelfoonVennootskapPoësieLiefdeWortelMusiekEngelsVrystaatRookgewoonteLangste woordNag van die lang messeAlkoholismeDemokratiese AlliansieNapoleon BonaparteSmaakKapitalismeKameelperdSelfmoordSeksueel oordraagbare infeksieEkotoerismeVoedselkettingFeminismeKoolhidraatGeskiedenis van die BoererepubliekeGroepsdrukPseudowetenskapWaarheid-en-versoeningskommissieCounter-Strike 2Lys van elemente volgens simboolMusieksimboleSeptimius AwardsRina HugoLys van kinderspeletjiesSoweto-opstandWeerfrontDierProvinsies van Suid-AfrikaDieregeluideGewone breukeIngrid JonkerMaanKrieketByGesonde dieetLys van Suid-Afrikaanse musikanteApartheidLeierFamilie (verwantskap)MIVOranjerivierInnes en Franna BenadéErosietipesNiersteenNarsistiese persoonlikheidsteuringSpysverteringstelselKongo-krisisDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Ek is 'n Afrikaan (toespraak)InsekNicole StraussLuiperdNasiebouRosa ParksVerlede tydSkisofrenieEienaamEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBloeddrukTamatieMars🡆 More