Die World Register of Marine Species (WoRMS) is ’n databasis met ’n gesaghebbende en omvattende lys name van mariene organismes.
Die inhoud word deur wetenskaplike kenners van elke groep organismes geredigeer en onderhou. Hulle kontroleer die gehalte van die inligting, wat verkry word uit vaktydskrifte en ander databasisse. WoRMS gee geldige name vir alle mariene organismes, maar verskaf ook inligting oor sinonieme en ongeldige name. Die databasis word voortdurend bygewerk terwyl nuwe spesies ontdek en deur wetenskaplikes beskryf word. Die name en taksonomie van bestaande spesies word dikwels gekorrigeer of verander namate nuwe navorsing voortdurend gepubliseer word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article World Register of Marine Species, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.