Woordvorming is die naam vir twee nouliks verwante begrippe uit die leksikologie:
Meestal gaan dit om die tweede verskynsel. Ontlening van woorde uit 'n andere taal word in beginsel nie as woordvorming in die lenende taal beskou.
Die morfologie verwys spesifiek na die manier waardeur nuwe woorde deur middel van affikse gevorm word.
Woordvorming volg allerlei reëls, wat in verskeie opsigte verskil:
'n Woordvormingsprosedure is produktief wanneer die reël spontaan deur die taalgebruikers toegepas kan word om woorde te vorm wat hulle nog nooit voorheen gehoor, gesien of gebruik het nie, maar waarvan nietemin die betekenis volkome voordiehandliggend is, en hulle dus as gewone woorde begryp word.
'n Onproduktiewe reël verklaar die opbou van bepaalde bestaande woorde, maar kan nie vir die skepping van nuwe woorde ingespan word nie. Onproduktiewe reëls is die oorblyfsels van vroeër tye se produktiewe reëls.
'n Nuwe woord is geleksikaliseer as dit in die woordeboeke daadwerklik 'n apart lemma geword het; daarmee word dit ook amptelik erken. Dit kan die geval wees puur op grond van die betekenis, maar dikwels ook kry die betreffende woord spesifieke grammatikale eienskappe. Van onproduktiewe reëls is in beginsel alle resultate geleksikaliseer.
Woordvormingsprosedures waarvolgens woorde uit samestellende dele opgebou word, kan in die algemeen as volg onderverdeel word (ook kombinasies van hierdie gevalle is moontlik):
Die gevalle 2 en 3 is ook voorbeelde van woordparadigmas.
Heelwat innoverende verbuigings of vervoegings sowel as sommige afleidings – waarby die resultaat as 'n aparte woord beskou kon word – word egter nie as nuwe woorde beskou nie, maar as paradigmas van dieselfde grondwoord. So is val, geval en vallend almal vorme van dieselfde werkwoord, waartydens gevalle en opvallend as verskillende woorde beskou word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Woordvorming, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.