Wolhaarrenoster

Die wolhaarrenoster (Coelodonta antiquitatis) is ’n uitgestorwe renoster wat in die Pleistoseen algemeen in Europa en Noord-Asië voorgekom en die laaste glasiale tyd oorleef het.

Wolhaarrenoster
Tydperk: Laat Pleistoseen 3.6–0.01 m. jaar gelede
Wolhaarrenoster
’n Voorstelling van die wolhaarrenoster deur Charles R. Knight.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Coelodonta

Bronn, 1831
Spesie:
C. antiquitatis
Binomiale naam
Coelodonta antiquitatis
(Blumenbach, 1807)

Evolusie

Wolhaarrenoster 
’n Chauvet-grottekening van die wolhaarrenoster.
Wolhaarrenoster 
Die skelet van die wolhaarrenoster.

As die laaste lid van die Pleistoseense renoster was die wolhaarrenoster goed aangepas by die omgewing. Sy stewige ledemate en dik wolpels was ideaal vir die ysvormende steppe-toendra-omgewing van dié tyd. DNS-studies wys sy naaste lewende verwant is die Sumatraanse renoster.

Beskrywing

Die uitwendige voorkoms van die wolhaarrenoster is bekend uit gemummifiseerde individue uit Siberië sowel as grottekeninge. ’n Volwasse dier was sowat 3 tot 3,8 meter lank en het sowat 1 800 tot 2 700 kg geweeg. Dit was tot 2 meter hoog, min of meer so hoog soos die hedendaagse witrenoster. Die voorste horing was sowat 61 cm lank, met ’n korter een tussen die oë. Dit het ’n dik en lang pels gehad asook klein ore, kort en dik bene en ’n bonkige lyf.

Die vorm van die dier was net uit prehistoriese grottekeninge bekend totdat ’n ten volle bewaarde voorbeeld in Pole ontdek is. Dié volwasse wyfie is nou in die Poolse Natuurhistoriese Museum in Krakow te sien. Verskeie bevrore fossiele is ook in Siberië ontdek – die laaste een in 2007.

Verwysings

  • Parker, Steve. Dinosaurus: The Complete Guide to Dinosaurs. Firefly Books Inc, 2003. Bl. 422.

Eksterne skakels

Tags:

Wolhaarrenoster EvolusieWolhaarrenoster BeskrywingWolhaarrenoster VerwysingsWolhaarrenoster Eksterne skakelsWolhaarrenoster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gianna MichaelsNeerslagHomoniemDroogteRomanSpreeuSeptimius AwardsDaggaInkomsteRelatiwiteitsteorieCarles PuigdemontMarie AntoinetteEugenetikaWynand du ToitLuiperdMotorvoertuigKoolstofdioksiedMangelontstekingHomofoonKolorektale kankerSeisoenGeslagsgelykheidWetenskapDemokrasieBevolkingDirekte en Indirekte redeBoontjieTweede Nuwe JaarVingerseksFabelAfleiding (taalkunde)YouTubeVlekvrye staalIntensiewe vormSublimasieVoorvoegselToerismeVerkouePersoonlike voornaamwoordMarsVervoerPresident van Suid-AfrikaSoweto-opstandEmosieMasturbasieRacheltjie de BeerHeuningbyOorkruipersGewone breukeVoedingDubbelpuntLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierBloeddrukWaatlemoenSelfoonPrimêre sektor van die ekonomieWaterbesoedelingKaartViëtnamoorlogBeleggingUitwerking van klimaatsveranderingIronieMuishondNamakwalandSwart menseWitbloedselVeelvoudige sinWiskundige terminologieSenuweestelselDikdermLongAdolf HitlerGroepsdrukPriemgetalMIV/vigs in Suid-Afrika🡆 More