Wladimir Majakofski

Wladimir Wladimirowitsj Majakofski (Russies: Владимир Владимирович Маяковский, wetenskaplike transliterasie Vladimir Vladimirovič Majakovskij; * 19 Julie 1893 in Bagdadi, goewernement Kutaissi, Russiese Ryk, tans Georgië; † 14 April 1930 in Moskou) was 'n Sowjet-Russiese digter en dramaturg wat as die leidende verteenwoordiger van die Futurisme in Rusland beskou word.

As veelsydige kunstenaar het Majakofski naas gedigte ook tonele geskryf waarvoor hy ook die regie behartig het, as akteur in rolprente opgetree en redaksiewerk verrig vir die avantgarde-kunsjoernaal LEF wat hy saam met die digter en kritikus Osip Brik en sy vrou Lilja as 'n literêre platform vir Russiese dadaïsme en konstruktivisme in die lewe geroep het.

Wladimir Majakofski
Wladimir Majakofski
Wladimir Majakofski omstreeks 1925
Gebore
Wladimir Wladimirowitsj Majakofski

19 Julie 1893
Bagdadi, goewernement Kutaissi, Russiese Ryk (tans Georgië)
Sterf14 April 1930 (op 36)
NasionaliteitVlag van Rusland Rusland (1893–1917)
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (1922–1930)
BeroepDigter, dramaturg, kunstenaar en akteur
Handtekening
Wladimir Majakofski
Wladimir Majakofski
Die Moskouse moltreinstasie Majakofskaja is na die digter genoem. Sy futuristiese ontwerp is 'n argitektoniese hommage aan Wladimir Majakofski

Majakofski, wat hom ná die afsterwe van sy vader in 1906 in Moskou gevestig het, was aanvanklik 'n entoesiastiese aanhanger van die Russiese Rewolusie en die nuwe Sowjetbewind; sy werk sluit agitprop-plakkate vir die Kommunistiese Party tydens die Russiese Burgeroorlog en die Russiese Staatstelegraafagentskap in. Vanaf die laat 1920's het Majakofski egter begin om openlik kritiek uit te spreek teen negatiewe ontwikkelinge en misstande in die Sowjet-samelewing, veral die toenemende burokrasie, soos beskryf in sy satiries-fantasties-utopiese drama Клоп («Die weeluis», 1929). Siekte en teleurstellings in sy privaat lewe het - net soos die kritiek en druk van die kant van literatuur-funksionarisse - 'n skaduwee oor sy lewe gegooi. Op 14 April 1930 het Majakofski sy eie lewe geneem.

Josef Stalin het na Majakofski in 1935 verwys as die Sowjettydperk se "beste en mees begaafde digter". Sy verheffing tot die Sowjetunie se kwasi-amptelike digter was vir westerse literatuurwetenskaplikes rede genoeg om Majakofski se werk grotendeels te ignoreer - ondanks sy sterk invloed op ander digters. Die eerste Majakofski-biografie, wat buite die Sowjetunie gepubliseer is, was Bengt Jangfeldt se Med livet som insats : berättelsen om Vladimir Majakovskij och hans krets wat in 2007 in Swede verskyn het en in 2015 in Engels vertaal is.

Verwysings

Eksterne skakels

    Biografie

    Reise na die buiteland

(en) Russia Beyond: 'I would like to live and die in Paris': Mayakovsky abroad

    Digkuns

Tags:

14 April189319 Julie1930FuturismeGeorgiëMoskouRolprentRuslandRussiesRussiese RykTransliterasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klimaatsverandering in AfrikaSoweto-opstandGriepIngrid JonkerGroot vyfArmoedeverligtingRepubliek van Zoid AfrikaKultuurKankerGrootste rampe in Suid-AfrikaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaVarkDataverwerkingLys van bekende Suid-AfrikanersVoorvoegselJan-Willem BreureTrevor NasserHemelvaartKoppeltekenSeekoeiIdioomWet op Bantoe-onderwysVoegwoordWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAndré JacobsPornhubKlimaatLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBevolkingNamakwalandLys van Afrikaanse televisiereekseLandbou in Suid-AfrikaKewerProvinsies van Suid-AfrikaAprilKuberkrakerGodRentePlaasjapieOnomatopeeISO 3166-2Grondwet van Suid-AfrikaFranklin D. RooseveltSeksuele opwekkingKrugerwildtuinRatelCarles PuigdemontRassisme in AfrikaNederduitsch Hervormde KerkEnsiklopedieDiskriminasieOntbossingRooibokNatuurrampDaggaWindLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierOlimpiese Somerspele 2024BrongitisSeksposisieElektriese geleierOligopolieRookgewoonteSuid-Afrikaanse randPlae van EgipteRandall WicombStikstofMichael JacksonValentynsdagAfrikanersSpinnekopSpysverteringstelselPretoriaWoestyn🡆 More