Wittenberg, sedert 1938 amptelik Lutherstadt Wittenberg, is die administratiewe setel van die gelyknamige distrik in die oostelike deel van die Duitse deelstaat Sakse-Anhalt.
Wittenberg is aan die Elberivier geleë tussen Dessau-Roßlau in die weste, die Fläming in die noorde, die Dübener Heide in die suide en die Elbe-Elster-streek in die ooste, rofweg 100 kilometer suid-wes van Berlyn en sowat 70 kilometer noord-oos van Leipzig.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Sakse-Anhalt |
Koördinate | 51°31′N 12°23′O / 51.517°N 12.383°O |
Stigting | 10de eeu |
Stadstatus | 27 Junie 1293 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 240,32 vk km |
Hoogte bo seevlak | 67 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2010) | 49 496 |
- Bevolkingsdigtheid | 206/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -0,8 / 18 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 563 mm |
Burgemeester | Eckhard Naumann (SPD) |
Amptelike Webwerf | www.wittenberg.de |
Wittenberg het in die 16de eeu danksy sy politieke en kultuurhistoriese invloed en sy kunslewe 'n belangrike rol in die geskiedenis van Duitsland gespeel. 'n Aantal beduidende geboue, wat met die Protestantse Hervorming in die 16de eeu en die kerkhervormers Martin Luther en Philipp Melanchthon asook die kunstenaar Lucas Cranach vereenselwig word, is in die ou stad van Wittenberg geleë en lok besoekers van dwarsoor die wêreld. Die Lutherhuis, die Melanchthonhuis, die stads- en slotkerk maak as Luthermonumente sedert 1996 deel uit van die Unesco-wêrelderfenis.
Wittenberg was die hoofstad van die historiese Kurkreis-streek en die administratiewe setel van die hertoë en keurvorste van Sakse-Wittenberg. Met die nywerheidsomwenteling het Wittenberg tot 'n sentrum van die chemiese bedryf en 'n spoorwegknooppunt langs die treinroetes tussen Berlyn en Leipzig en tussen Maagdenburg en Dresden ontwikkel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wittenberg, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.