Die witkolvylvis (Cantherhines dumerilii) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai.
In Engels staan die vis bekend as die Whitespotted filefish.
Witkolvylvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Cantherhines |
Spesie: | C. dumerili |
Binomiale naam | |
Cantherhines dumerili (Hollard, 1854) |
Die kop en lyf is bruinerig terwyl die voorste helfte bedek is met donker kolletjies en daar is 10 - 12 donker vertikale strepe op die agterste helfte. Die stertvin het afwisselende donker en ligte strepe op. Die pektorale vinne is geel-oranje - die anale, dorsale en pektorale vinne is geel en die lippe is bleek wit. Die onvolwasse visse het wit kolletjies op die lyf en 'n paar swart kolletjies aan die onderkant van die lyf. Die vis word tot 38 cm groot.
Die vis leef in koraal- en rotsriwwe tot op dieptes van 30 m. Hulle vreet onder andere koraal, skaaldiere, wurms, sponse en slakke. Die volwasse visse leef in pare saam.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Witkolvylvis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.