Withaarbroodboom

Die Withaarbroodboom (Encephalartos friderici-guilielmi) is 'n endemiese Suid-Afrikaanse broodboom wat in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorkom.

Alhoewel dit wydverspreid en relatief volop voorkom, het die aantal bome wat in die natuur voorkom geleidelik met ongeveer 20 persent oor die afgelope 90 jaar afgeneem as gevolg van versameling deur tuiniers en tradisionele genesers of hul verskaffers. Die boom is ’n byna-bedreigde spesie op die IUBN-rooilys.

Withaarbroodboom
Withaarbroodboom
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Divisie: Cycadophyta
Klas: Cycadopsida
Orde: Cycadales
Familie: Zamiaceae
Genus: Encephalartos
Spesie:
E. friderici-guilielmi
Binomiale naam
Encephalartos friderici-guilielmi
Lehm., (1834)
Sinonieme
  • Encephalartos cycadifolius var. friderici-guilielmi (Lehm.) Regel
  • Zamia friderici-guilielmi (Lehm.) Heynh.

Die boom se FSA-nommer is 4.

Beskrywing

Die boom word ongeveer 4 m hoog en die diameter van die boomstam bereik 600 mm. Die blare is blougroen van kleur, 1 tot 1,5 m lank, redelik reguit, en brei horisontaal uit wanneer die keëltjies verskyn. Wanneer die boom 'n hoogte van ongeveer 4 m bereik, begin die stam leun en beland uiteindelik op die grond, waar dit aanhou groei met die kroon wat dan na bo buig. Manlike plante produseer tot 12 keëls en vroulike plante tot 6. Die keëls is wollerig en liggeel van kleur en die sade wat deur die keëls gevorm word verander van geel na oranje wanneer dit ryp word.

Verspreiding

Dit kom op 'n hoogte van 700 tot 1 400 m bo seevlak in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voor. Die hoofverspreidingsgebied is in die Cathcart- en Komani-distrikte. Kleiner subpopulasies word verder noord gevind, naby Mthatha en in die omgewing van Kokstad op die grens tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Geskiedenis

Encephalartos friderici-guilielmi is in 1834 deur die Duitse botanikus professor Johann Georg Christian Lehmann beskryf, en ter ere van Friedrich Wilhelm, koning van Pruise genoem.

Withaarbroodboom 
'n Withaarbroodboom by Kirstenbosch

Sien ook

Verwysings

Tags:

Withaarbroodboom BeskrywingWithaarbroodboom VerspreidingWithaarbroodboom GeskiedenisWithaarbroodboom Sien ookWithaarbroodboom VerwysingsWithaarbroodboom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Danie du ToitBorsbeenThabo MbekiKlein vyf diereRooikatAfrikanersWynand du ToitLys van Suid-Afrikaanse skrywersSaharaGeslagSusan CoetzerIndustriële RevolusieSeekoeiFritz HaberJaco du PlessisHerfsWikisourceAdolf HitlerEOosters-Ortodokse KerkLOpgestopte speelgoedGoogle MapsBaarmoederAkira ToriyamaOraniaKoninkryk van die NederlandeDiepaartromboseSean CombsAsiëSamestellende afleidingNiersteenKrieketEkologieOnse VaderLys van Afrikaanse televisiereekseKlein-KarooDonker materieKoreaanse nasionale rugbyspanPolisiePoësieOopbroninhoudDansLys van kinderspeletjiesTarentaleKameelperdRussiese inval in Oekraïne sedert 2022BeesNamibiëAarverkalkingJeugdag21 v.C.EoraptorLys van bekende Suid-AfrikanersSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMarita NapierWashington, D.C.2024 Japannese Grand PrixNazi-saluutDeon MeyerSwedeAndré SchwartzTierboskatMarga van RooyTongAntarktikaBybelvertalingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024VulkaanSuider-AfrikaBosluisKoors🡆 More