William Seward Burroughs II (ˈbʌroʊz; ook bekend onder sy skuilnaam William Lee; * 5 Februarie 1914 in St.
Louis, Missouri; † 2 Augustus 1997 in Lawrence, Kansas) was 'n Amerikaanse romanskrywer, digter, essayis en "spoken word performer" (spreeksang-kunstenaar). Burroughs was een van die leidende figure van die Beat-generasie en 'n beduidende stem in die post-moderne literatuur wat groot invloed op die populêre kultuur en die letterkunde uitgeoefen het.
Amerikaanse skrywer, digter en spreeksang-kunstenaar
Literêre stroming
Beat Generation
Post-modernisme
Satire
Beduidende werke
Naked Lunch (1959)
Burroughs was 'n skerp politieke waarnemer en word as een van die kultureel invloedrykste en mees innovatiewe kunstenaars van die 20ste eeu beskou. Burroughs se literêre werk sluit agtien romans en novelles, ses kortverhaalbundels en vier versamelings van essays. Onderhoude met en briefwisselings van Burroughs is in vyf boekdele gepubliseer. Burroughs het daarnaas by projekte en opnames met talle kunstenaars en musici saamgewerk en in 'n verskeidenheid rolprente verskyn.
Wiki Commons bevat media in verband met William S. Burroughs. |
Wikiquote het aanhalings in verband met William S. Burroughs |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article William S. Burroughs, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.