William Nicol

Dr.

William Nicol (Robertson, 23 Maart 188722 Junie 1967) was NG predikant, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en goewerneur van die Transvaal en het 'n groot rol in die ontwikkeling van die Afrikaner gespeel.

William Nicol
Die eerste drie predikante van die NG gemeente Johannesburg-Oos, dr. H.A. Lamprecht, P.G.J. Meiring en William Nicol, tydens die sitting van die Federale Raad van die NG Kerk in Johannesburg in 1919.
William Nicol
William Nicol.
William Nicol
Nicol was in 1907 lid van die Universiteit van Stellenbosch se Studenteraad. Hy sit in die middel. Die digter, politikus en hoofregter Henry Fagan staan regs.
William Nicol
Die 70 studente van die Kweekskool in 1910 en hul professore. William Nicol staan sesde van links in die derde ry van bo af.

In 1906 verwerf hy sy BA-graad aan die Universiteit Stellenbosch en studeer daarna aan die Vrye Universiteit van Amsterdam en Princeton. Van 1913 tot 1938 is hy predikant van die NG gemeente Johannesburg-Oos, die sogenaamde Irenekerk. In Junie 1938 word hy leraar in Pretoria-Oos. Hy was van 1934 tot 1948 moderator van die NG Sinode van Transvaal. In Johannesburg was hy 'n voorvegter vir die erkenning van die Afrikaanse taal en vir die stigting van Afrikaansmediumskole.

Nicol was die stigter van Johannesburg-Oos se gemeenteblad, Irenenuus, in Januarie 1923, waarmee hy die lidmate in hulle besondere situasie wou begelei op hulle geloofspad. Dit is in Afrikaans geskryf in 'n stadium toe die taal net-net 'n vastrapplek in skole begin kry het en dit selde van die kansel gehoor is. Nicol het in Augustus 1923 (jaartal onseker) geskiedenis gemaak toe hy die eerste preek in Afrikaans wat in die Unie oor die radio uitgesaai is, regstreeks in die radio-ateljees in die middestad gepreek het. Om 19:45 op Sondag 7 Junie 1924, maak die leraar en gemeente weer geskiedenis toe 'n volledige diens in Afrikaans die eerste keer na die Unie uitgesaai is en wel vanuit die Irenesaal. 'n Maand later, op 4 Oktober 1925, word die eerste nagmaaldiens uitgesaai, weer vanuit die Irenesaal en weer deur Nicol.

As 'n boeiende spreker en fyn kultuurmens het hy die Afrikaner in die stad geïnspireer en gehelp om sy minderwaardigheidsgevoel teenoor die Engelse stadskultuur te oorwin. Op 1 November 1948 het hy administrateur van Transvaal geword en tien jaar lank sy werk veral ten opsigte van opvoeding en kultuur voortgesit. Hy tree uit op 1 Oktober 1958. Hy was lid van die Nasionale Party.

Nicol was nie bang om nuwe dinge op die proef te stel nie. Die gebruik van die nagmaalkelkies pleks van die beker tydens die 1918-griep getuig van sy "praktiese benadering". Daar was verder die Vrywillige Weeklikse Offer, waarvolgens lidmate weekliks hulle dankoffers kerk toe moes bring. Nicol wou lidmate leer om volgens die Bybelse metode hulle dankbaarheid aan die Here te bewys.".

Nalatenskap

'n Belangrike straat in Sandton, Wiliam Nicolrylaan, is na hom vernoem. Maar die straat is in 2023 na "Winnie Mandela-rylaan" hernoem.

Verwysings

Bronne

Tags:

1887196722 Junie23 MaartNederduitse Gereformeerde KerkRobertsonTransvaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeldRussiese inval in Oekraïne sedert 2022CorioliskragE-posOopbroninhoudErfenisdag (Suid-Afrika)GrondbesoedelingLongontstekingMenseregtedagBorsEreksieNiemetaalLys van Suider-Afrikaanse soogdiereJan van RiebeeckHaelOlifantSinkSlaginstrumentAardeDaggaKanadaAkuutTsoenamiJan-Willem BreureGeskiedenis van erotiese afbeeldingsFrederik Willem de KlerkSwart nasionalismeKeramiekLentePeriodieke tabelDepressie (gemoedstoestand)Rumatoïede artritisLongRefentse MorakeLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsNeurenberg-verhoreSpringbokOmtrek, oppervlakte en volumeKarlien van JaarsveldLiewe HeksieVeeartsHeuningGeskiedenis van AfrikaansSaartjie BaartmanBewaringstatusEmo AdamsAkademiaVraag en aanbodDricus du PlessisRoofvoëlOlimpiese Somerspele 2024ViëtnamSpierSeksuele penetrasieGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMosesVars waterSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Intensiewe vormSlawernyOmgewingsbeheerGedigGesonde dieetSuikersiekteGregoriaanse kalenderMaanKindermishandelingDeelteken en umlautLys van landeJanie du PlessisPlae van EgipteGroot TrekCarike KeuzenkampEiffeltoringVoël🡆 More