William Ashton

William Ashton (Heaton Norris, Lancashire, 13 Julie 1817 – Barkly-Wes, Kaapkolonie, 29 Maart 1897) was ’n Suid-Afrikaanse sendeling van Britse herkoms.

Ashton was die seun van Thomas Ashton. Hy word op 14-jarige ouderdom vakleerling by 'n skrynwerker en word daarna boekhouer vir 'n firma van katoenspinners. Hy studeer later aan Airedale College, Yorkshire, voor hy in 1842 by die Londense Sendinggenootskap aansluit. Hy word op 23 Junie1842 op Ashton-under-Lyne georden en vertrek in die volgende jaar na Suid-Afrika in geselskap van Robert Moffat, wat na Kuruman terugkeer nadat hy sy verlof in Engeland deurgebring het.

Gedurende die daaropvolgende jare werk Ashton van 13 Desember 1843 tot 1864 en weer van 1871 tot 1876 saam met Moffat en Robert Hamilton op Kuruman. In 1849 wend hy 'n blykbaar mislukte poging aan om met die opleiding van swart onderwysers te begin. Sy belangrikste bydrae tot die werk van die sending in daardie tyd is egter die hulp wat hy aan Moffat verleen in verband met die vertaling van die Bybel in Tswana. Hierdie geweldige taak, waaraan Moffat dertig en Aashton sewe jaar se arbeid wy, word in 1857 voltooi.

Van 1850 af is Ashton in volle beheer van die handdrukpers op Kuruman, waarop Moffat se Ou Testament in Tswana in 1853 en 1857 in twee dele gedruk word en in 1867 gevolg word deur 'n klein proefuitgawe van die Nuwe Testament. Ashton gee ook 'n maandelikse tydskrif in Tswana uit, en 'n Tswanavertaling van Line by Line, 'n kategismus oor Bybelse geskiedenis.

Hoewel daar nooit enige werklike rusie ontstaan nie, voel Ashton nie heeltemal gelukkig oor sy samewerking met Moffat op Kuruman nie. Hy stem nie saam met sekere aspekte van die organisasie van die sendingstasie nie en voel ook gebelg oor die feit dat sy aandeel aan die vertaling deur sowel die direkteure van die Genootskap as die publiek geringgeskat word. In 1864 verhuis hy van Kuruman na Likhatlong (tans Delportshoop) aan die westelike oewer van die Hartsrivier, maar keer in 1871 na Kuruman terug.

In 1873 word besluit om die Moffat-inrigting vir die opleiding van swart onderwysers van Shoshong, waar dit onder leiding van John Mackenzie van stapel laat loop is, na Kuruman te verskuif. Die taak om die gebou te begin word aan Ashton opgedra, maar die werk word heelwat vertraag deur die teenkanting van J.S. Moffat, Robert se seun, wat met Ashton en later ook met Mackenzie bots toe laasgenoemde in 1876 aankom om die werk oor te neem. In daardie jaar verhuis Ashton, wat toe die senior sendeling van die LSG in Suid-Afrika is, na Barkly-Wes waar hy tot feitlik die laaste dag van sy lewe arbei. Hy skryf Warning; large drops before the coming storm (Kaapstad, 1855), waarin hy die aandag vestig op die Boere se planne met die Betsjoeana-stamme en daarop aandring dat Brittanje hulle moet beskerm.

Ashton trou eers met Sarah Dixon, wat in 1859 oorlede is. Hulle het vier kinders: twee seuns en twee dogters. Hy trou daarna met Cathrine Henslie en hulle het twee seuns. Ná haar dood in 1879 trou hy met Martha Jane Hardy (oorlede 1928), wat hom oorleef. Geen kinders word uit hierdie huwelik gebore nie.

Bronne

Tags:

13 Julie1817189729 MaartBarkly-WesKaapkolonieLancashire

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Samestellende afleidingGedigSteve BikoEmo AdamsKlimaatveranderingWaterkringloopGloeilampLongontstekingInentingHemelvaartsdagNelson MandelaTrappe van vergelykingKaapstadNederduitsch Hervormde KerkHindoeïsmeHemelBesemAbstraksie (rekenaarwetenskap)NarsismePoësieBreinkaartKommunismeLugbesoedelingGeografie van Suid-AfrikaOnderwysMcDonald'sEjakulasieKlein vyf diereRubik se kubusLeesAarde se atmosfeerDolfynPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWoordsoortYouTubeDundermNeerslagBlourokkeNatuurrampWebwerfLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSlang7de LaanChristiaan BarnardKlereLys van Afrikaanse skrywersChemiese verbindingSebraNiemetaalAboriginesDistrik SesMusiekVaginale kankerBesoedelingPolisieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024FrankrykSimboolOlifantSoortnaamAardbewingBloedsomloopstelselPaddaDieremishandelingGautengDiatomiese molekuulStadFinale OplossingBreingewasAkuutYstertydperkLys van elemente volgens simboolIndiëGroepsdrukLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLetterlike en figuurlike taalgebruikKoerantWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVerkoue🡆 More