Willem Die Madoc Maecte

Willem die Madoc maecte (c.1200 - c.1250; -Willem-wat-die-Madoc-gemaak/geskryf-het) is die tradisionele benaming van die skrywer van Van den vos Reynaerde, 'n Middelnederlandse weergawe van die storie van Reinard die Vos.

Naam van die outeur

Die naam van die skrywer is afgelei van die eerste reël van die gedig, waar hy homself voorstel as dieselfde Willem wat voorheen 'n werk genaamd Madoc geskryf het:

Willem Die Madoc Maecte 
Eerste reëls van Van den vos Reynaerde uit die 15de-eeuse Comburg-manuskrip

Willem, die Madoc maecte,
Daer hi dicken omme waecte,
Hem vernoyde so haerde
Dat die avonture van Reynaerde
In dietsche onghemaket bleven.

Identifisering met ander bekende Middeleeuse mense

Daar word voorgestel dat Willem identies is met Willem van Brugge van die katedraal van Kortrijk. Uit verwysings na plekke in die gedig wil dit voorkom asof hy 'n groot deel van sy lewe in Oos-Vlaandere deurgebring het, waaronder Gent, 'n dorp wat hy twee keer in sy werk noem.

Werke

Die enigste oorblywende Middeleeuse teks wat aan Willem toegeskryf kan word is Van den vos Reynaerde.

Madoc

Madoc was moontlik 'n vroeë weergawe van die verhaal van die legendariese Walliese ontdekkingsreisiger Prins Madoc. Geen kopieë van Willem se Madoc het oorleef nie, maar daar is verwysings daarna wat daarop dui dat die gedig wyd in manuskripvorm versprei is.

Van den vos Reynaerde

Van den vos Reynaerde is 'n Middelnederlandse gedig uit ongeveer 1250. Dit word beskou as 'n belangrike werk uit die Middelnederlandse letterkunde en is al "die hoogtepunt van die Gotiese literatuur in Nederland" genoem. Dit het die standaardweergawe van die Reinard-legende geword en die meeste weergawes in Nederlands, Duits en Engels is daarop gegrond, insluitend dié van William Caxton, Goethe en FS Ellis.

Verwysings

Tags:

Willem Die Madoc Maecte Naam van die outeurWillem Die Madoc Maecte Identifisering met ander bekende Middeleeuse menseWillem Die Madoc Maecte WerkeWillem Die Madoc Maecte VerwysingsWillem Die Madoc MaecteMiddelnederlandsVan den vos Reynaerde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JavaScriptKnieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsEk is 'n Afrikaan (toespraak)Hannes van WykBank (finansiële instelling)SuurstofHamburgerVerlede tydAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeRookgewoonteSelfstandige naamwoordApostoliese GeloofsbelydenisRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Vars waterAfrikaanse taalleerLimfvatstelselLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)PuberteitSuid-Afrikaanse randAkuutVlag van Suid-AfrikaBruin menseAkroniemLys van Griekse mitologiese figureAborsieSydneyLettergreepKaliumJaarPampoentjiesJeuksiekte7de LaanKolonoskopieAfrikaanse woordelys en spelreëlsMalariaLys van Nederlandse skildersSoortnaamKrampKlimaatKunsmatige intelligensieStikstofHibernasieSelfmoordRooibokGewone breukeWaarheid-en-versoeningskommissieSpeelkaartCleopatra VIIVerkleurmannetjieTweede WêreldoorlogVoëlPrimêre sektor van die ekonomieYouTubeRob HersovLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPizzaSonpaneelMieliestronkOlimpiese SpeleEkonomiese sektorWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSpreeuBTWLys van Afrikaanse televisiereekseNierSublimasieRelatiwiteitsteorieGetalGroot vyfPretoriaSwangerskapGlobaliseringNedersettingLangste woordRekenaar🡆 More