Dr.
Willem Cruywagen (9 Maart 1921 - 10 Julie 2013) was 'n minister van onderwys en die administrateur van Transvaal. Hy was ook lid van verskeie kultuur- en erfenisorganisasies en het as beskermheer van die Voortrekkers gedien. Een van sy prestasies was dat hy op 83-jarige leeftyd 'n doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van Noordwes kon behaal.
Willem Cruywagen | |
Minister van Onderwys en Opleiding | |
Ampstermyn 1978 – 1979 | |
Voorafgegaan deur | M. C. Botha |
---|---|
Opgevolg deur | Ferdi Hartzenberg |
Minister van Nasionale Opvoeding | |
Ampstermyn 1978 – 1979 | |
Voorafgegaan deur | Piet Koornhof |
Opgevolg deur | Punt Janson |
Administrateur van Transvaal | |
Ampstermyn 1979 – 31 Mei 1988 | |
Voorafgegaan deur | Sybrand van Niekerk |
Opgevolg deur | Daniel Hough |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 9 Maart 1921 Ugie, Oos-Kaap |
Sterf | 10 Julie 2013 |
Politieke party | Nasionale Party |
Kiesafdeling | Germiston |
Eggenoot/-note | Snow Cruywagen |
Willem Cruywagen is op 9 Maart 1921 op Ugie in die Oos-Kaap gebore. Hy matrikuleer van die Hoërskool Elliot en studeer daarna aan die Graaff-Reinetse Onderwyskollege. Hy gee 'n paar jaar onderwys waarna hy 'n B.A. (Hons)-graad van die Universiteit van Pretoria verwerf. Hierna doen hy navorsing oor president Paul Kruger vir 'n meestersgraad wat onvoltooid bly weens sy toetrede tot die politiek.
In 1978 word hy aangestel as die minister van Onderwys en Opleiding. In hierdie portefeulje het hy onder andere aandeel in die vestiging van MEDUNSA (Mediese Universiteit van Suider-Afrika) gehad. Hierna dien hy vir 'n kort periode as die minister van Nasionale Opvoeding.
In 1979 word hy aangestel as die Administrateur van Transvaal, 'n pos wat hy vir nagenoeg nege jaar beklee tot met sy aftrede op 31 Mei 1988.
Cruywagen is op 10 Julie 2013 by sy huis in Pretoria oorlede. Hy was 92 jaar oud en word oorleef deur sy vrou, Snow, twee seuns en vier kleinkinders en een agterkleinkind.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Willem Cruywagen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.