Die wildeperske (Kiggelaria africana) is 'n klein tot middelslagboom.
Hulle kom voor in immergroenwoude en op berggrasveld. Dit kom in al die provinsies van Suid-Afrika en asook Eswatini, Ethiopië, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië en Zimbabwe voor.
Wildeperske | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | K. africana |
Binomiale naam | |
Kiggelaria africana | |
Sinonieme | |
Die blare het dikwels klein stippels aan die onderkant wat van die bokant af na knoppe lyk; dit staan bekend as akadoromatia. Die vrugte is skurf en vratterig en is sowat 1,5 cm in deursnee. Die sade is swart en oortrek met 'n klewerige rooi laag. Dié bome is gasheer vir die larwes van die tuinrooitjieskoenlapper (Acraea horta), wat dikwels in groot getalle voorkom en 'n boom volkome kan ontblaar.
Die boom se FSA-nommer is 494. Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wildeperske, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.