uitgebreide Beeldsintaks

Die mees basiese sintaks wat gebruik word om medialêers (soos beelde) te vertoon is:

    [[Lêer:{naam}|{tipe}|{plasing}|{grootte}|{byskrif}]]

Slegs [[Lêer:{naam}]] word vereis. Meeste media gebruik die sintaks [[Lêer:{naam}|duimnael|Voorbeeld byskrif]] (en dui dus nie 'n grootte aan nie). Die ander parameters is opsioneel en kan in enige volgorde geplaas word. 'Beeld:' kan as sinoniem vir 'Lêer:' gebruik word.

    Tipe
    'duimnael' of 'omraam' (ook 'thumb' / 'thumbnail' of 'frame'). Forseer die media om met 'n spesifieke formaat te vertoon (sien onder).
    Plasing
    'regs', 'links', 'senter' of 'geen' (ook 'right', 'left', 'center' of 'none'). Bepaal die plasing van die media in die artikel. Indien geen instruksie gegee word nie, word die media aan die regterkant geplaas.
    Grootte
    {wydte}px of {wydte}x{hoogte}px. Bepaal die skaal van die media, sodat dit nie groter as die gegewe wydte en hoogte is nie en behou die aspekverhouding van die media.
    Byskrif
    Enige element wat nie as een van die bogenoemde veranderlikes geïdentifiseer kan word nie word as die media se byskrif gebruik.

Let wel: media van die Wikipedia-bedieners en die Wiki Commons gebruik dieselfde mediasintaks.

Gedetailleerde sintaks

Tipe

  • "duimnael" (of "thumbnail" of "thumb"): Die media word afgeskaal tot 'n standaard, gebruikersgekose wydte. Indien geen wydte deur die gebruiker gespesifiseer is nie word 180px ("pixels") vertoon. 'n Raam word ook om die media geplaas. Indien 'n byskrif bygevoeg is, word dit onderaan die media gewys. Die media word aan die regterkant van die blad geplaas, tensy 'n spesifieke plasingsinstruksie gegee is (sien bo).
  • "omraam" (of "frame"): Die oorspronklike mediagrootte word behou en 'n raam word om die media geplaas. Indien 'n byskrif bygevoeg is, word dit onderaan die media geplaas.
  • "raamloos" (of "frameless"): Die raam om die media word weggelaat.
  • (geen spesifisering): Oorspronklike mediagrootte word behou en geen raam word om die media geplaas nie. Indien 'n byskrif bygevoeg is, sal dit nie vertoon word nie.

Plasing

  • "regs" (of "right"): Media word aan die regterkant van die bladsy geplaas. Die opvolgende artikelteks vloei om die media.
  • "links" (of "left"): Media word aan die linkerkant van die bladsy geplaas. Die opvolgende artikelteks vloei om die media.
  • "senter" (of "center"): Media word in die middel van die bladsy geplaas. Die opvolgende artikelteks word onderaan die media geplaas.
  • "geen" (of "none"): Media word aan die linkerkant van die bladsy geplaas. Die opvolgende artikelteks word onderaan die media geplaas.

Grootte

  • "100px": Die media word afgeskaal tot 'n wydte van 100px. Die "100" kan met enige ander waarde vervang word. Indien beide "duimnael" en 'n waarde gegee word, sal hierdie waarde gekies word, eerder as die grootte-spesifiseringsfunksie van die "duimnael"-veranderlike (die ander funksies van die instruksie sal egter steeds plaasvind).
  • "100x200px": Die media word afgeskaal sodat dit nie 'n wydte van 100px of 'n hoogte van 200px oorskry nie. Die oorspronklike aspekverhouding van die media sal behou word.

Byskrif

Enige element wat nie as een van die bogenoemde geïdentifiseer kan word nie sal as die media se byskrif gebruik word.

Ander moontlikhede

spogbeeld1
spogbeeld2

Die sjabloon Kombi-beeld plaas party beelde in 'n kolom.

Daar kan onderskifte gedefinieer word asook die plaas en die grootte

Beelde kan ook in tabelle geplaas word

uitgebreide Beeldsintaks  uitgebreide Beeldsintaks 
{|style="float:right"  |[[Lêer:Pachliopta_pandiyana-Kadavoor-2016-10-18-001.jpg|100px]] |[[Lêer:Red-billed streamertail (Trochilus polytmus) female in flight 2.JPG|100px]] |} 

Tags:

uitgebreide Beeldsintaks Gedetailleerde sintaksuitgebreide Beeldsintaks Ander moontlikhedeuitgebreide Beeldsintaks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tropiese sikloonAarverkalkingGoogle MapsKoöperasiestoriesGrasXhosaNatuurlike satelliete van kleinplaneteJavaScriptRoekelose DadeAarde se atmosfeerSeksposisieVolhoubaarheidChristo WieseJodeOosters-Ortodokse KerkBloedsomloopstelselVulvaInfeksieISBN (identifier)MisdaadBaarmoederLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAustraliëLWit-DonderdagDuitse perdebyTweede WêreldoorlogMosambiekRooiwaterAkroniemBoomGeboorteGalblaasTegnologieWoordSlag van Cuito CuanavaleVerenigde State van AmerikaKwaZulu-NatalWortelKalenderAntjie KrogKoos du PlessisRacheltjie de BeerArmand AucampGordelroosTarentaleBywoordHottentot (vis)YstervarkCarles PuigdemontHartaanvalAfrikaanse Hoër SeunskoolReënspinnekopMasturbasieGesinsdagWallisApartheidKameelperdAntieke EgipteSelfmoordSwedeLetterkundeNiersteenLuiperdTongBrasiliëGoogleJesus van NasaretSonsteek🡆 More