Eenvormigheid in die keuse van titels verhoog die kwaliteit van die ensiklopedie.
Hierdie bladsy dokumenteer 'n beleid van die Afrikaanse Wiki. Dit beskryf 'n wyd aanvaarde standaard wat alle bydraers normaalweg moet volg. Veranderinge hieraan moet konsensus weerspieël. |
Kerninhoudsbeleide |
---|
Ander inhoudsbeleide |
Sien gerus die Engelse Wiki: Naming conventions. Hieronder word enkele hoogtepunte en uitsonderings genoem. Hierdie dien slegs as riglyne, maar behoort in meeste gevalle voldoende te wees.
Hierdie beginsels word verder toegelig deur die onderstaande riglyne.
Gebruik enkelvoudvorme vir selfstandige naamwoorde, behalwe waar daar altyd na iets in die meervoud verwys word. Skep gerus 'n aanstuur vanaf die meervoudstitel. Gebruik dus Jood (nie Jode nie). Laat lidwoorde (die of 'n) weg., behalwe as dit byv. 'n deel van die titel van 'n boek is.
Uit die aard van die saak gebruik ons die Afrikaanse naam van iets waar dit enigsins bestaan. Waar dit nie bestaan nie (of u nie bekend is daarmee nie) kan iets anders gebruik word. Aansture vanaf Engelse of ander algemeen gebruikte titels kan moontlik in party gevalle nuttig wees. Gebruik dus Withuis (nie White House nie), maar wel Luftwaffe.
Gebruik eerder die voluitgeskrewe weergawe van 'n naam as 'n afkorting of akroniem, behalwe in gevalle waar die afkorting die enigste algemeen gebruikte vorm is. Gebruik dus SASOL, maar nie RSA eerder as Suid-Afrika nie. Skep aansture vanaf alternatiewe name.
Gebruik kleinletters vir opeenvolgende woorde, behalwe waar iets noodwendig met 'n hoofletter gespel word. Gebruik dus Republiek van Suid-Afrika en Paul Kruger maar Soedanese literatuur. Moenie vergeet van Afrikaanse reëls vir woordbou nie!
In gevalle waar meer as een aanvaarde spelling bestaan, gebruik die heel algemeenste (soekenjins kan miskien help, maar kan ook misleidend wees). Ander faktore kan moontlik hier 'n rol speel. Daar is 'n voorkeur onder sommige in die gemeenskap vir meer tipies Afrikaanse spellings in gevalle waar daar 'n keuse is. Byvoorbeeld "tsoenami" eerder as "tsunami".
Sorg altyd dat die spelling van die titel regdeur die artikel gebruik word.
Neem kennis daarvan dat name in ander tale baie keer vaste maniere het om oorgespel te word in Afrikaans. Sien byvoorbeeld Cyrilliese alfabet.
Anders as voorheen by die Engelse Wikipedia, kan ons wel alle UTF-8-karakters in titels gebruik. Hou egter in gedagte dat baie mense nie weet hoe om sulke karakters in te sleutel nie. In name met letters soos ê, æ, œ, þ, ð, ñ, ç, ensovoorts, maak 'n blad met die regtige spelling waar die bydrae staan, maar maak ook 'n aanstuurblad met 'n eenvoudige vorm van die spelling. Dit verbeter die toeganklikheid. Gebruik dus skêr, maar maak 'n aanstuur vanaf sker solank dit nie ander probleme sal skep nie.
In artikels oor Egiptiese, Thai, Arabiese en ander sake/mense wat 'n ander alfabet gebruik, poog om die naam in die oorspronklike taal en skrif te toon in die artikel met 'n transkripsie. (Maar gebruik net die Latynse skrif vir titel van die blad.)
Daar is 'n Sjabloon:subb om subskripte in titels te kan gebruik. Die -tag werk nie in titels nie. Die subb-sjabloon is nogtans taamlik beperk is sy moontlikhede.
Foute in titels kan reggestel word deur die bladsy te skuif.
Vir artikels wat slegs lyste is, gebruik altyd 'n artikelnaam wat begin met "Lys van". Sulke artikels is gewoonlik in Kategorie:Lyste en bevat min teks buite die lys.
In sommige gevalle is daar 'n paar onderwerpe wat dieselfde heet en dus onder dieselfde titel geplaas kan word. In sulke gevalle lei die naam van die onderwerp na 'n dubbelsinnigheidsbladsy, waar daar tussen die verskeie onderwerpe onderskei word en meer presiese skakels gebruik word om na die aparte artikels te lei. Die sjabloon {{dubbelsinnig}} word dan onderaan die dubbelsinnigheidsblad geplaas en die onderwerpe se name gewysig met kwalifiseerders, soos in die voorbeeld hieronder.
Moenie ekstra inligting in hakies gebruik as daar nie dubbelsinnigheid is nie. 'n Aanstuur van 'n titel met die ekstra inligting kan wel goed wees.
Die reël "gebruik die Afrikaanse naam van iets waar dit enigsins bestaan" (sien bo) geld ook in hierdie gevalle. Raadpleeg gesaghebbende en gerespekteerde naslaanwerke indien daar twyfel bestaan oor die Afrikaanse naam van 'n plek, soos die HAT, WAT en AWS. Soms is die Afrikaanse weergawe slegs ietwat anders (soos die geval is in Reykjavik/Reykjavík), soms verskil 'n letter of twee (Londen/London) of selfs meer (Libanon/Lubnān). Hoe dit ook al sy, gebruik telkens die Afrikaanse weergawe waar dit beskikbaar en gebruiklik is.
Soms is daar egter meer as twee beskikbare Afrikaanse weergawes, soos in die geval van China/Sjina en Ciprus/Siprus. In sulke gevalle lê die voorkeur by die "meer-Afrikaanse" vorm, m.a.w. die vorm wat gewoonlik meer foneties is of algemene Afrikaanse spelwyses volg (Sjina en Siprus in hierdie gevalle).
In die jaar 45 het interessante dinge gebeur.
Of
In 45 n.C. het interessante dinge gebeur.
(en let daarop dat die skakel wys na 'n artikel met slegs syfers in die naam).
Alhoewel Wikipedia geen huisreëls het aangaande die inhoud van artikels nie, is dit verkieslik om eenvormigheid na te streef en onderonsies te vermy wanneer titels ter sprake is. Wanneer daar dus twee aanvaarde vorms vir 'n spesifieke titel is, bv. "genetika"/"genetiek" en "revolusie"/"rewolusie", moet die woord waaraan die woordeboek voorkeur gee, gebruik word. Dit is ook behulpsaam om in sulke gevalle uit te vind watter vorm meer gebruiklik is, deur bv. die aanlyn-argiewe van Afrikaanse publikasies (bv. Rapport, Beeld, Die Burger) deur te soek.
Geregistreerde gebruikers kan bladsye skuif na 'n nuwe titel. Dink mooi sodat daar nie nuwe dubbelsinnighede of ander probleme geskep word nie. Gebruik die "Wat skakel hierheen"-funksie vir bladsye met verkeerde titels om spelfoute of ou verwysings in ander artikels te verbeter.
Verwysings na die ou spelling sal nie outomaties opgedateer word nie, maar as mense daarheen gestuur word, sal hulle outomaties aangestuur word na die bladsy met die nuwe naam. As die foutiewe titel 'n spelfout bevat, kan die aanstuurblad wat weens die skuif gemaak word, gekategoriseer word in Kategorie:Titels met spelfoute.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Titelriglyne, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.