'n Kategoriseringstelsel is 'n geordende manier waarop al die artikels in die Afrikaanse Wikipedia deursoek kan word deur gebruikers en besoekers op soek na inligting, selfs al weet hulle nie of die inligting bestaan of wat die betrokke artikel se naam is nie.
Dit is dus altyd belangrik om gebruikersvriendelikheid in gedagte te hou wanneer aan die huidige kategoriestelsel gewerk word.
Elke artikel behoort in minstens een kategorie te val. Kategorieë is hoofonderwerpe wat moontlik van nut is vir iemand wat die artikel lees en op soek is na soortgelyke artikels.
Byvoorbeeld:
Artikels moet so nou as moontlik gekategoriseer word. Dus eerder "Suid-Afrikaanse dorpe" as "Dorpe". Hou egter in gedagte dat die Afrikaanse Wikipedia nog klein is en dat kategorieë met slegs een of twee artikels sleg vertoon. Die kategorie "Afghanistan" bevat byvoorbeeld slegs 'n paar artikels; dus sal dit oorbodig wees om 'n kategorie soos "Museums in Afghanistan" te skep, indien daar 'n artikel sou wees wat tot die kategorie behoort. In so 'n geval is dit beter om die artikel in die hoofkategorie (in dié geval "Afghanistan") te laat.
Vir die riglyne vir die kies van titels vir artikels, sien Wikipedia:Titelriglyne. Heelwat daarvan sal ook relevant wees vir kategorieë. Daar is egter verskille tussen kategorieë en artikels, en sake wat net relevant is vir kategorieë, en dié word dus hier bespreek:
Die kategorisering van diere vind as volg plaas
Hier volg 'n paar voorbeelde:
Gebruik waar moontlik idiomatiese (Afrikaanse) benamings en nie die wetenskaplike benamings nie, dus eerder "Insekte" as "Insecta". Dit is daarom belangrik om vertroud met Afrikaanse benamings te wees of toegang tot die nodige bronmateriaal te hê.
Daar is ook 'n paar internetdatabasisse waar mens idiomatiese en wetenskaplike benamings kan vergelyk.
Elke reël het 'n uitsondering.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Kategorisering, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.