Aan die Wikipedia gemeenskap: dankie vir al julle bydraes in 2017! Ons hoogtepunt vir 2018 is ongetwyfeld die Wikimania konferensie in Kaapstad in Julie! Dit sal goed wees om al ons oorsese gebruikers daar te ontmoet oor 'n glasie rooiwyn of twee! Ons moet 50 000 bereik teen daardie tyd! Groete! Oesjaar (kontak) 06:12, 1 Januarie 2018 (UTC)
Nuwejaarsgroete uit Skotland waar die swaar reën uiteindelik nog opgeklaar het. Voyageur (kontak) 09:20, 1 Januarie 2018 (UTC)
Beste vriende en vriendinne,
Ek het op 12 Desember gehoor ek moet spoedig 'n hartomleiding ondergaan! So ek skuif Woensdag 3de my ou lyf na Unitas Hospitaal in Centurion. (operasie is 4de). Ek probeer nog "negotiate" met die dokter vir wanneer ek weer mag wikipedia, cheers vir eers!! --Aliwal2012 (kontak) 18:51, 1 Januarie 2018 (UTC)
Hi almal, ek lewe darem na die operasie en sterk goed aan. Vandag tuis gekom by my kinders in Monumentpark, maar vertrek more-oggend na Little Eden tyddeel vir 7 dae, net op my eie. Ek het die rus nodig! Groete almal, dankie vir julle belangstelling in my! --Aliwal2012 16:27, 18 Januarie 2018 (UTC)
Goeienaand, wat is 'n skunk in Afrikaans? 41.150.51.33 16:40, 2 Januarie 2018 (UTC)
Enige geskiedkundige inligting en fotos aangaande die Polisiestasie te Tonteldoos is welkom, in spesifiek die ontstaan van die eerste Polisiestasie gedurende die Mapoch en ander oorloë. -- 18:59, 2 Januarie 2018 I.P. 105.226.154.171
Waar kan 'n persoon aansoek doen om 'n lid te word van die Vrymesselaars? Jamyvolk (kontak) 09:20, 9 Januarie 2018 (UTC)
Dit het vir my groot twyfel aan die hele wikimedia organisasie laat ontstaan. Classiccardinal is 'n gebruiker van fr.wikti wat skielik 'n global ban gekry het. Ek ken hom hoegenaamd nie en ek keur ook sy aksies nie goed nie, maar as ek die redes lees kry ek tog 'n slegte gevoel. Hier is "Hedwig in Washington" wat 'n blok eis omrede ""Male chauvinism" en "insulted Hedwig in Washington on Commons: "moron", "idiot", "stupid"".
Maar Hedwig in Washington skryf self "It actually seems that you are not able to fit into a community. At least not without playing the big gorilla in the room". en dit is nie beledigend nie?
Resultaat: 'n onherroepelike ban van alle werwe, ook fr.wikti, waar dit baie bespreking gegee het, almal in Frans, maar eintlik net mense wat verbystering uitdruk.
Die probleem wat ek hiermee het is dat ons almal taamlik lukraak geban kan word as iemand as Hedwig in Washington "beledig" raak. Het julle dit geweet? Jcwf (kontak) 00:02, 12 Januarie 2018 (UTC)
Het ons projek nou heeltemal die kluts kwytgeraak! Wat de hel is die doel van nege-woord-artikels oor Japannese snelweë? Asof die kantate-euforie nie genoeg was nie. Morne (kontak) 11:26, 12 Januarie 2018 (UTC)
Na 'n week sonder Telkom diens (hulle steel die kabels helder oordag in Krugersdorp - graaf twee gate!) het ek nou maar totaal oorgegaan na DRAADLOOS Kom ons kyk of dit werk! Ek wonder hoe gaan dit met Aliwal? Groete! Oesjaar (kontak) 16:18, 12 Januarie 2018 (UTC)
Aan enige bot wat lus het: Al die selfstandige naamwoorde "Latyns" wat na die taal verwys, moet in "Latyn" verander word. Die taal se naam is Latyn. Latyns is die byvoeglike naamwoord en is dus net reg in name soos Latyns-Amerika of Latynse alfabet. Winston (kontak) 17:43, 23 Januarie 2018 (UTC)
Gemeenskap, dit is hoogtyd dat ons nog 'n Germaanse berig op die voorblad van die Afrikaanse Wikinews met 'n berig in Afrikaans vervang. Die Germaanse berigte is oorblyfsels van die uitleg wat vanaf die Duitse Wikinews gekopieer is. Mag ek dus vra dat iemand my nuutste poging proeflees. Groete. K175 (kontak) 12:18, 26 Januarie 2018 (UTC)
{{Kop van besprekingsbladsy}} daargestel, bevat nuttige skakels na riglyne. Indien 'n argief van die besprekingsbladsy bestaan, word 'n skakel en soekboks outomaties ingesluit. Ek het dit reeds op 'n klomp besprekingsbladsye van voorbladartikels geplaas. K175 (kontak) 13:20, 26 Januarie 2018 (UTC)
Word geblok vir die res van die jaar op Wiki:Af en die res van my lewe op Wiki:En maar dis lekker hier onder die gekroonde redakteurs. Dis amper soos of 'n blok soos die dood is en die uitvoerder in sommige gevalle 'n moordenaar.
Hoekom sal jul die roboteursforum verwyder? Dit was die een plek vir toekomstige roboteurs om bymekaar te kom, terwyl ek geblok was kon ek nie my stupid foute regmaak nie, en die medeskuldiges het toe wetend of onwetend die moord se bewyse vinnig weg gevee.
Ek verstaan ook nie hoe die geskiedenis van dagga nêrens ingevoeg is nie, omrede die omhulsel van die boek nie aanvaarbaar is nie is die inhoud verban, klink vir my maar soos die apartheid era waar sekere musiek en sosiale gewoontes nie geduld geword het nie.
Hoeveel van julle is "born-frees" behalwe Slashme? En niemand het tyd om na die vieslike geskiedenis van dagga in die ensiklopedieë aan te teken nie want kom ons kyk hoe lank kan ons die publiek flous dat dagga nou eintlik duiwels-twak is.
Die inhoud en toestand van die dagga-artikel is bewysstuk A.
Wanneer gaan mense opstaan teen die dagga-onreg wanneer geleerde mense nie eers die waarheid kan toelaat nie, hoe is die geskiedenis van dagga nie gedenkwaardig nie, en hoe kan julle nie wikipedia reëls omvattend toepas nie, alle admins "cherry-pick" reëls en dink hul is in die hof besig om 'n punt te bewys, maar wanneer konsensus bereik is dan vinnig vinnig is dit nie meer 'n probleem nie na die uitwis wysiging.
1. Die inhoud van artikels is baie meer belangrik as die titel en inleiding. Dit wil se, indien daar gedeeltes is van 'n artikel wat in die ensiklopedieë hoort moet dit verskuif word na 'n gepaste bladsy. Dit is te maklik om uit te wis maar niemand lig 'n vinger om belangrike inligting te verskryf of by die regte artikel aan te bring nie. Tot wanneer Wikipedia se beleid is dat indien inhoud geskyf kan word moet dit so gedaan wees.
Waarom is die rassistiese geskiedenis van dagga nie van pas op wikipedia nie?
-- Mickey ☠ Dangerez 12:35, 2 Februarie 2018 (UTC)
Goeiemiddag Suid-Afrika! WhatsApp pla my tans omdat ek nie vir 'n nommer in Suid-Afrika kan bel nie. Ek kan die nommer wat in my kontaklys is nie by my WhatsApp-kontakte opneem nie. WA sê net, die nommer bestaan nie. Ek gebruik 'n ou Samsung Galaxy S III en sit binnehuis met WLAN. WhatsApp gebruik ek nie elke dag nie, maar net af en toe. Hoe bel julle vir nommers in die buiteland? Kan iemand help asb., sonder dat ek die nommer hier plaas? Groete. -- SpesBona 13:00, 3 Februarie 2018 (UTC)
Gemeenskap: ek het 'n e-pos gestuur na RSG vir 'n onderhoud om die land meer te vertel oor Wikimania 2018 in Kaapstad. Vandag kry ek 'n boodskap van Marlinee Fouche - bekende op RSG en dametjie wat ek ken omrede sy en my dogter saam op uitruilprogram na Duitsland was vanaf Monument Hoër - waarin sy my meedeel dat hulle lewendig uitsaai tydens die Woordefees uit Stellenbosch vanaf Maart 5de tot 9de. Sy soek iemand (een van ons gebruikers) uit Kaapstad vir 'n lewendige onderhoud in die ateljee. My eerste keuse is Gebruiker:Morne. Wie stel nog belang? Praat met my! Groete! Oesjaar (kontak) 14:21, 5 Februarie 2018 (UTC)
Dit blyk uit die besoekers statistieke dat vis vroeg in die jaar deel van skooltake is! Sien https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-20&pages=Vis
Groete! Oesjaar (kontak) 10:37, 14 Februarie 2018 (UTC)
Hallo julle, in die verlede kon 'n mens soek vir "geslagsregisters van ou Kaapse families" en dit sou 'n rits PDF-resultate op die bedieners van die Universiteit van Pretoria oplewer. Dit blyk ongelukkig nie meer die geval te wees nie. Ek het daaraan gedink om die geslagsregisters d.m.v. OCR na Wikisource oor te dra as 'n toetslopie om te kyk of ons nie die hele argief van UP waarvan die kopiereg verval het op so 'n manier kan oordra nie. Het enigiemand toegang tot die UP se argief? Hoe kry 'n buitestaander soos ek weer toegang? Groete. K175 (bespreking | bydraes) 09:21, 15 Februarie 2018 (UTC)
Dagsê en naandsê
Ek wil net gou by die gemeenskap seker maak oor die uitdrukking 'de laaste een'. Sover ek weet is dit informeel om te verwys na hulle almal, elke liewe een of, (op sy Engels), every single one of them, met 'n baie sterk nadruk. Dit moenie verwar word met "die laaste / die jongste / die nuutste een" in die algemene sin van die woord nie. Dit wil voorkom of Nederlands nie hierdie ontwikkeling deurgemaak het nie.
Om nou aan te haal uit Maroela se gespreksfora:
En Tydskrif vir Letterkunde:
Suidpunt (kontak) 08:55, 18 Februarie 2018 (UTC)
Ek het so pas begin met 'n reeks agtergrondartikels wat boukuns en stadsbeplanning sal dek. Ongelukkig is baie belangrike historiese en moderne geboue en strukture nog nie met foto's gedokumenteer nie. Is daar mense in die gebied wat oor die volgende maande kans sien om benodigde foto's te verskaf? Ek sal hulle hier laat weet wat alles op my wenslys is. Baie dankie. Voyageur (kontak) 17:20, 18 Februarie 2018 (UTC)
Gebou | Straatadres | Voltooi | Argitekte | Foto |
---|---|---|---|---|
Uniegebou | Meintjieskop | 1913 | Sir Herbert Baker | |
Staatsteater | Hoek van Andries- en Kerkstraat | 1981 | Piet Skiet | |
Reserwebankgebou | Kerkstraat | 1987 | ||
Unisa (hoofgebou) | Muckleneukrand | 1972 | Bryan Sandrock Architects |
Gemeenskap: bogenoemde boek is nou 51 oud (gedruk in 1967) en in die publieke domein. Dit sal nooit weer gedruk word nie. Kan 'n mens dit as deel van Africana beskou? Ek het begin om dit deur te werk en artikels te skep wat nog nie op ons Wiki is nie om sodoende te verseker dat die inhoud beskikbaar is vir die nageslag. Met die eerste poging het gefokus op rooi skakels. Sal nou begin met die res, dit sal 'n klomp wees artikels skep. Groete! Oesjaar (kontak) 08:10, 20 Februarie 2018 (UTC)
Wat is bogenoemde in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 17:45, 25 Februarie 2018 (UTC)
Ai, die seediere... Wat sal suspension feeders dan wees? Dit is diere wat hulle kos kry wat in die water rond dryf. Groete! Oesjaar (kontak) 18:16, 26 Februarie 2018 (UTC)
Geluk gemeenskap! Ons het so pas 49,000 artikels bereik: Gebruiker:Rooiratel se Sandoy.
Gemeenskap: RSG gaan 'n onderhoud met my voer komende Vrydag oggend. Hier is die vrae, help met die antwoorde asb!
Hierdie is 'n gemeenskapspoging - die tafel is oop...
Groete! Oesjaar (kontak) 14:59, 28 Februarie 2018 (UTC)
Taal | Kontinente | Sprekers (M) | Kyke/uur | Artikels |
---|---|---|---|---|
Egyptian Arabic | AF | 76 | 1204 | 17569 |
Swahili | AF | 50 | 570 | 38826 |
Hausa | AF | 39 | 100 | 2083 |
Zulu | AF | 26 | 112 | 1074 |
Oromo | AF | 26 | 93 | 990 |
Yoruba | AF | 25 | 468 | 31770 |
Amharic | AF | 25 | 496 | 14497 |
Lingala | AF | 25 | 165 | 3041 |
Igbo | AF | 22 | 195 | 1451 |
Malagasy | AF | 20 | 319 | 85019 |
Akan | AF | 19 | 70 | 365 |
Tsonga | AF | 16 | 89 | 642 |
Twi | AF | 15 | 74 | 637 |
Northern Sotho | AF | 14 | 134 | 7883 |
Somali | AF | 14 | 496 | 5604 |
Sesotho | AF | 14 | 69 | 587 |
Afrikaans | AF | 13 | 2560 | 47833 |
Fulfulde | AF | 13 | 69 | 293 |
Setswana | AF | 13 | 62 | 743 |
Kinyarwanda | AF | 12 | 114 | 1924 |
Ganda | AF | 10 | 73 | 2250 |
Chichewa | AF | 9 | 72 | 427 |
Kabyle | AF | 8 | 144 | 3348 |
Xhosa | AF | 8 | 78 | 977 |
Kongo | AF | 7 | 98 | 1219 |
Shona | AF | 7 | 135 | 3341 |
Tigrinya | AF | 7 | 61 | 294 |
Kikuyu | AF | 7 | 79 | 1472 |
Bambara | AF | 6 | 98 | 506 |
Kirundi | AF | 5 | 59 | 543 |
Wolof | AF | 4 | 111 | 1318 |
Ewe | AF | 4 | 72 | 359 |
Venda | AF | 3 | 47 | 326 |
Sangro | AF | 3 | 75 | 287 |
Siswati | AF | 3 | 74 | 459 |
Tumbuka | AF | 3 | 81 | 636 |
Arabic | AF AS | 290 | 65070 | 548417 |
Simple English | AF AS EU NA OC | 1500 | 11157 | 129936 |
English | AF AS EU NA OC | 1500 | 5184686 | 5523005 |
French | AF AS EU NA OC SA | 274 | 473978 | 1933265 |
Spanish | AF AS EU NA SA | 570 | 499666 | 1369902 |
Die skole speel 'n belangrike rol as jy byv. Afrikaans en Swahili vergelyk. Afrikaans het in die laaste maande begin van Swahili weg te hardloop met 'n weeklikse golf wat kenmerkend vir skole is.
Dit is nogtans taamlik 'n seisoen-effek. Indien oor 'n langer periode kyk (gebruik logaritmiese skaal asseblef), blyk dat Swahili eintlik meer groeineigings het as Afrikaans maar dat Afrikaans uitsonderlik sterke weeklikse en en ook seisoengebonde wysigings ondergaan. Hindi, Swahili en Arabies groei beter in bladtrekke sonder hierdie golwe. Indonesies vertoon ook golwe maar bo-op 'n groot aantal bladtrekke wat nie so skommel nie. Dit lyk of die groei veral van ander gebruikers as skoolkinders moet kom, maar dat Afrikaans steeds baie van hulle afhanklik is. Pogings om af.wikipedia veral af te stem op hierdie groep gebruikers kan dus aweregs werk, dink ek.
Natuurlik beteken hierdie bladtrek-ontleding min vir die aktiewe gebruikers wat artikels bydra, net vir die passiewes wat lesers is. Jcwf (kontak) 17:22, 28 Februarie 2018 (UTC)
Wat beteken dit as ons sê Afrikaans is die grootste Afrika-taal op Wikipedia?
Dit handel hier nie alleen oor die aantal artikels, maar veral die inhoud. [Gorrel hier hoe belangrik dit is dat inhoud groot moet wees. Dink ook waarom Afrikaans nou weer 'n taal uit Afrika is].
Hoe vergelyk dit met ander groot Afrika-tale?
Onthou asseblief: Frans, Engels en Spaans is dikwels burokratiese elitetale wat nie 'n baie groot verspreiding het of hoë bydrasyfer uit Afrika het nie. Arabies is 'n taal wat uit die Midde-Ooste oor Afrika getrek het - hy kan wel as 'n groot taal gesien word, want daar het regionaliteite ontstaan [noem die statistiek]. Die Swahili-Wikipedia word hoofsaaklik deur enkele Duitsers onderhou [gaan kyk maar gerus by die onlangse wysigings].
Hoekom dink jy is juis Afrikaans die grootste taal?
[Hierdie is uiters dubbelsinnig - beteken dit nou "waarom verkeer jy onder die indruk?" of "waarom is Afrikaans inderdaad die grootste taal?". Hou jou maar dom en kies die laaste een.]
Afgesien van die besoekertal en inhoud...
Ten eerste verkeer die Afrikaanse taal in die "gunstige posisie" om begrippe uit die Wes-Europese tale gemaklik oor te dra - hetsy uit Engels, Nederlands, Duits, selfs Nordiese tale soos Deens, Sweeds en Noors, asook Frans*. Dit geld vir die bronne, dit geld vir om uit ander Wikipedia's te vertaal.
Ten tweede verkies die Afrikaanssprekendes steeds om inligting gemaklik en vinnig in hul moedertaal te wete te kom - dit spaar vertaaltyd vir skooltake en om elke tweede Grieks-Latynse woord in Engels eers te gaan naslaan. Afrikaanse sinne is mooi kort en bondig.
Ten derde is die bydraers hoogs gemotiveerd, juis omrede hulle ten volle bewus is hoe belangrik moedertaalonderrig is. [Ek sou hier 'n aanval op die hedendaagse politiek kon loods, maar kom ons bly eers diplomaties]. Afrikaans het ook 'n geskiedenis van peperduur boeke. As jy dus wel iets in Afrikaans gratis kan gryp - skiet die besoeksyfertjie omhoog. [En dis nou nie asof Afrikaanssprekendes uit die baarmoeder gestoot word met kennis om die Duitse en Franse of selfs Nederlandse artikels te raadpleeg nie. Daarvoor leef hulle te veel op 'n eiland omring deur 'n Engelse see.]
Laastens word ons ook gesterk deur o.a. Afrikaanse bronne in biblioteke en die internet wat wel beskikbaar is, maar wat nie ewe toeganklik is vir almal nie, as gevolg van die yl verspreiding. Nou is daar een ou in Kaapstad wat Bron X het, en 'n ou in Johannesburg met Boek Y. Die Afrikaanse Wikipedia bied mens nou die geleentheid om hierdie inligting te vergelyk en aan te vul.
[Ek kon natuurlik J.C. Steyn genoem het wat sê in sy boek Tuiste in eie taal (1981): as iemand ooit sou afvra - waarom moet ons omgee, oor 'n piepklein taaltjie soos jy, is die antwoord nie die letterkunde, of hoe "mooi" die taal klink nie. Dan is dit die wetenskap, en alleen die taal as draer van die wetenskap, wat tel. Watter ander motivering het mens nog nodig?]
Hoe kan ander tale in die land betrokke raak?
{Verkeer in 'n lotusposisie en kry 'n ekstatiese verligting, en vredige gesig} Jy moet eers die vrede in jouself vind. Jy moet eers die intrinsieke waarde van jou taal besef, 'n hoër gewaarwording beleef [klink dit esoteries genoeg?], anders sal die voornemens nie hou nie. Anders val jy maar net weer terug op die ou rympie: "English is the future", waarom dan die moeite doen? Maar sien jy jou pogings werp vrugte af, dien dit klaar as motivering.
[Ek gaan liewers nie noem hoe Jcwf uit pure stoutigheid gedreig het om die Xhosa-wikipedia te gaan sluit nie. Glo my, dit het 'n geweldige, maar tog gewenste reaksie ontlok! Soms moet die slinger van die kar eers bietjie gedraai word. Daarvoor is ons hom innig dankbaar. ;) ]
Maar as jy nou wel tot die besef gekom het: die universiteite is vrugbare teelaarde. Later kan openbare biblioteke, skole en ander opleidingsentra betrek word.
Julle is op 'n gereelde basis besig om vertalings te doen of oor die nuutste tegnologie te skryf. Hou die Afrikaanse woordeskat by?
Die leemte in tweetalige woordeboeke kom jy baie gou agter, ja. Afgesien van Wikipedia se hulpprogram, steun ons ook sterk op ander reedsbestaande Afrikaanse vakwoordeboeke, instansies soos die Taalkommissie, en natuurlik woorde wat reeds in Nederlands, Duits ens. gebruik word. Vertaalwebwerwe soos linguee.nl en context.reverso.net/ word mildelik gebruik [en dié wat dit nie doen nie, weet nie hoe 'n boekmerk werk nie]. Soms deur vrye vertaling kan 'n vakbegrip of frase eerder met meer of selfs met minder woorde verstaanbaarder oorgedra word; ander kere munt ons nuutskeppings. Daar is gelukkig ook 'n paar van ons wat oor 'n WAT beskik en ou woorde onder die stof gaan uithaal.
Ek wil net sê dat die Engelse (tegniese) woordeskat so grooi, omdat mense nuwe woorde skep vir nuwe produkte, idees, ens. en ander mense aanvaar dit net. Dit is hoe 'n woordeskat van 'n taal groei. Daar is geen rede hoekom Afrikaans, en ander tale, dit ook nie kan doen nie. Sien ook die werk wat Prolingua doen om nuwe Afrkiaanse woorde en terme te skep. http://prolingua.org.za/prolingua-termlys.php
Watter potensiaal lê opgesluit in die Afrikaanse Wikipedia?
Hier dink ek kan jy hogere name begin gebruik. [Haal asseblief Prof. Dr. Pretorius aan....]. Onthou my Memo's vir Morné.
Wat kan ons by ander lande leer?
Oesjaar, jy was al op meer plekke as ek. As kamergeleerde beweeg ek skaars uit my rekenaarstoel. Ek kan jou eerlikwaar sê - die juffrou het 'n punt beet. Behalwe die artikels wat ek vertaal, en die vredesluiting by Wikiwoordeboek om 'n Deense woordelys te begin, het ons absoluut boggerol met die buiteland nog te doene gehad. Dis nou nie soos die Sweedse/Deense/Noorse susters wat oor en weer teepartytjies kan hou nie. Ons het wel baie lank soos hoere onder die lamppale na die Duitse Wikistigting gevry vir 'n paar €uro, dis waar...
Eintlik... nee, o hel, minderheidstale soos in Europa kan by ons kom leer [ek na-aap maar net die astrantheid van die hedendaagse Suid-Afrikaanse universiteite]. Ons het van die duurste internet in die wêreld, ons bronne en mense is vliegtuie of slakkepos ver uit mekaar, ons leef in 'n wêreld omsingel deur Engels - wat mens neerbuigend op die sukkelende Walliese en Ierse Wikipedia laat neersien. Onder soortgelyke sambok het ons 'n onsimpatieke regering wat soos die swaard van Damokles bokant ons koppe hang teenoor 'n "minderheidstaal", Afrikaanse skole wat geteiken word deur Leninistiese politieke partye, sprekers met 'n gedeelde verdeelde verlede... Nee, o, hel - die Europese Kommissie se taalregte is ligjare hiervandaan. Wat skeel hierdie Keltiese tale? Is hulle na al die jare dan vuisvoos?
Maar ons oorweeg dit om 'n rooi tolletjie telefoondraad aan te lê na die Kremlin, veral Putin se noodnommer - hy beskik mos oor 'n hele argief van sulke aangeleenthede omtrent sielkundige oorlogvoering.
Daar word in die middel van die jaar 'n Internasionale Wikipedia konferensie in Kaapstad gehou - wat bring Afrikaanse Wikipedia na die tafel?
'n Vriend uit Duitsland. Verder is daar geurige aartappelslaai, 'n hoenderbreyani op rys, sjampanje op ys, na die hoofgereg boerebeskuit en koffie... [grappie!]. Maar wat gaan ons ter tafel bring? Ons gaan seker maar ons storietjie op aanvraag vertel? Elke Wikipedia het 'n storie. Mense hou van stories. Stories is mos interessanter as feite. Mense wil stories hoor. In ons geval: 'n lang aanloop van niksdoen tot 2004 en toe begin meer mense betrokke raak.
Daar is ook sprake van Wikipedia bladsye wat spesifiek op kinders gemik is....
Ek is seker dis net ou tannies wat intensiewe vorme deursoek en vir blokkiesraaisels wil gebruik? [Oesjaar, kyk asseblief na die page views en topviews en tik net 'n paar naampies af]
Wat is julle uitdagings?
Reeds genoem by Memo's vir Morné. Suidpunt (kontak) 20:32, 28 Februarie 2018 (UTC)
Jongman, dankie vir jou bydra! Dit word opreg waardeer en ek sal definitief hiervan gebruik maak! Ek wens eerder jy kon voor die mikrofoon gesit het... Groete! Oesjaar (kontak) 17:24, 1 Maart 2018 (UTC)
Read this in another language • Subscription list for this multilingual newsletter
Since the last newsletter, the Editing Team has spent most of their time supporting the 2017 wikitext editor mode, which is available inside the visual editor as a Beta Feature, and improving the visual diff tool. Their work board is available in Phabricator. You can find links to the work finished each week at mw:VisualEditor/Weekly triage meetings. Their current priorities are fixing bugs, supporting the 2017 wikitext editor, and improving the visual diff tool.
block can automatically display long lists of references in columns on wide screens. This makes footnotes easier to read. You can request multi-column support for your wiki. [3]20:56, 2 Maart 2018 (UTC)
(Gekopieer ter insae van alle gebruikers)
Morne, ek het opgemerk dat jy 'n klomp van die skakels wat ek gedoen het, omgekeer het. Wat is die rede daarvoor? Groete! Oesjaar (kontak) 13:52, 4 Februarie 2018 (UTC)
Gert het al die Johannesburgse voorstede vertaal, wat op die Engelse Wikipedia bestaan. Al die nuwe voorstede word nie daar beskryf nie, net ons het artikels oor hulle, dis nou die fout van die Engelse wiki. Dis ook die rede hoekom hulle nie in die navigasie gelys is nie. Ek sal hulle nog byvoeg, nadat ek almal met 'n kassie versorg het, maar soms weet ek nie die Johannesburgse distrik nie. Is daar 'n amptelike Afrikaanse naam vir Johannesburg se sentrale sakedistrik/sakekern/binnestad? Die Engelse wiki het 'n artikel, sien en:Johannesburg CBD. Mag iemand dit vertaal of 'n eie artikel daaroor skep? Groete. -- SpesBona 11:20, 5 Februarie 2018 (UTC)
Gemeenskap: Sien http://eensgesind.com/geweet-afrikaans-is-die-grootste-afrika-taal-op-wikipedia/ Groete! Oesjaar (kontak) 19:34, 4 Maart 2018 (UTC)
Gemeenskap: wat gaan ons bogenoemde seegoggas (Stomatopoda) in Afrikaans noem? Ek wag vir enige offers... Groete! Oesjaar (kontak) 17:36, 6 Maart 2018 (UTC)
Dit lyk asof SONY 'n Afrikaanse hulpgids vir kopers van hul TV-toestelle aanlyn beskikbaar stel. Baie interessant! Skakel: Sony-hulpgids in Afrikaans. Ek wonder of daar 'n behoefte is om meer Afrikaanse artikels oor oudio- en videotegnologie te skep en dié, wat reeds bestaan (en stilweg verouderd geraak het), te hersien. 'n Mens kan immers Engelse inligting elders op die net raadpleeg. Nogtans is dit 'n uitdaging om basiese inligting (byvoorbeeld oor die wedstryd tussen Samsung Electronics Ltd. se QLED- en mededingers se OLED-tegnologie vir TV-skerms) hier in te sluit. Voyageur (kontak) 17:04, 7 Maart 2018 (UTC)
Wiki: Galicia 15 - 15 Challenge is a public writing competition which will improve improve and translate this list of 15 really important articles into as many languages as possible. Everybody can help in any language to collaborate on writing and/or translating articles related to Galicia. To participate you just need to sign up here. Thank you very much.--Breogan2008 (kontak) 13:10, 12 Maart 2018 (UTC)
Die Afrikaanse Wikiwoordeboek het nou 20 000 inskrywings. Jcwf (kontak) 14:18, 13 Maart 2018 (UTC)
Ek sien met 'n skok ons geen artikel oor 'n kalkoen nie... Enige vrywilligers.... Groete! Oesjaar (kontak) 19:33, 13 Maart 2018 (UTC)
Die bladtrekke vir Februarie was 2 398 993; dit is ongeveer 3 300 per uur! Ongelooflik! Groete! Oesjaar (kontak) 14:37, 15 Maart 2018 (UTC)
Swimmerets is klein vlerkies wat onder die stertvin van 'n garnaal voorkom wat onder ander gebruik word deur die wyfies om die eiers te dra. Wat sal die Afrikaanse woord wees? Groete! Oesjaar (kontak) 18:15, 21 Maart 2018 (UTC)
Wat is die beleid nou weer vir vertaalde artikels? Moet die bronne ook oorgedra word? Groete! Oesjaar (kontak) 20:08, 1 April 2018 (UTC)
Ek benodig hulp met die vertaal van Sjabloon:Artikels oor Suid-Afrika. Kyk veral na die onderafdeling Politiek. By voorbaat dank. K175 (bespreking | bydraes) 10:55, 10 April 2018 (UTC)
Gemeenskap: ek het uit skeppings vermoë gehardloop... Ek soek Afr name vir: Ornate spiny lobster, Painted spiny lobster en Long-legged spiny lobster. Help... Groete! Oesjaar (kontak) 18:02, 11 April 2018 (UTC)
Die naamruimte Module talk moet vertaal word na Modulebespreking. Weet iemand hoe om dit te doen? K175 (bespreking | bydraes) 18:32, 17 April 2018 (UTC)
Sien en:Wikipedia:Inflationary hypothesis of Wikipedia growth. K175 (bespreking | bydraes) 19:21, 17 April 2018 (UTC)
K175 (bespreking | bydraes) 10:31, 18 April 2018 (UTC)
[4] Ek het dit gister aangeskakel en dit werk soos 'n bom! Voorkeure > Geriewe > Navigasie-pop-ups. K175 (bespreking | bydraes) 13:24, 24 April 2018 (UTC)
mw.loader.load('https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/index.php?lang=af&q=MediaWiki:Gadget-popups-af.js&action=raw&ctype=text/javascript');
by jou vector.js te voeg, bv. Gebruiker:K175/vector.js. Wanneer die vertaling voltooi is, kan ons vg. bronteks by MediaWiki:Common.js voeg. K175 (bespreking | bydraes) 13:45, 24 April 2018 (UTC)Wat dink die gemeenskap van navigasiebokse/reekssjablone? K175 (bespreking | bydraes) 14:53, 24 April 2018 (UTC)
Mapframe is 'n funksie waarmee gebruikers maklik interaktiewe kaarte op wiki-bladsye kan vertoon. Op die oomblik het die meeste Wikipedias geen kaartraam nie. Maar 15 Wikipedias, saam met al die ander Wikimedia-projekte, gebruik deedae kaartraam om kaarte op duisende bladsye te vertoon.
'n Bietjie agtergrond: die Stigting se vennootskapspan het die afgelope paar maande gewerk om die stabiliteit en gebruikerservaring van die kaartdiens te verbeter. Daarbenewens is daar onlangs 'n vraag oor langtermynondersteuning vir die kaartdiens beantwoord, en 'n klein span is toegewys vir roetine-instandhouding. Gegewe hierdie ontwikkelinge, blyk dit dat die voordele van kaartraam vir Wikipedias wat die funksie ontbreek, beide veilig en ondersteunbaar lyk. Nege Wikipedias wat 'n strenger weergawe van Flagged Revisions gebruik, sal nie kaartraam in hierdie uitgawe kry nie.
Kaarte is 'n waardevolle vorm van visuele data wat lesers se begrip oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe kan verbeter. As jy weet van enige redes waarom mapframe nie op jou Wikipedia geïmplementeer moet word nie, laat ons weet op die projek se besprekingsblad. Tensy ons van u hoor, beplan ons om in Mei 2018 die kaartraam vir die meeste Wikipedias uit te gee. As u derhalwe 'n probleem voorsien, laat ons asseblief van u hoor. Andersins, gelukkige kartering!
Manne en vroue van die Wiki-gemeenskap! Staan sterk en help my met Afrikaanse name vir bogenoemde! Groete! Oesjaar (kontak) 20:25, 26 April 2018 (UTC)
Pragtige voorbladfoto dié week! Winston (kontak) 13:24, 8 Mei 2018 (UTC)
Gerhard, ek soek weereens raad! Ek het die artikel Achelata geskep. In Engels staan die seediere bekend as die Spiny Lobsters en ek het dit vertaal as Stekelrige krewe. Kyk asb 'n bietjie en gee raad... Groete! Oesjaar (kontak) 17:09, 11 April 2018 (UTC)
NS. Sien Ooskuskreef waar ek verwys na stekel kreef. Jou kommentaar asb?
Ek is effens platgeslaan. Eintlik, stomgeslaan.
Streng gesproke word mense se I.P.-adresse mos na gekyk, na hul land van herkoms.
Op hierdie interaktiewe kaart sien ek 'n baie interessante verskynsel.
Rhodes het dit reggekry om 'n "Cape to Cairo" daar te stel, wat Engels betref. Met die uitsonderinge van die Senter-Saharastreek is die hele wêreld op 'n manier geraak deur Engels. Die Engelse Wikipedia kry 52 miljoen bladtrekke uit Suid-Afrika alleen (per maand), terwyl Afrikaans in dieselfde tydperk 876 K in Suid-Afrika kry.
Maar nou sien ek iets snaaks. Terwyl Italiaans, Spaans, Frans en Duits se wêreldverspreiding maar yl op die kaart lyk (en ook Japannees geografies beperk is), het Rusland glo op elke kontinent, in elke land, iemand wat Russies leer. In Suid-Afrika is die Russiese Wikipedia selfs TWEEDE, naas Engels - meer as dubbel soveel besoeksyfers as Afrikaans. Na Russies volg Frans, Arabies, dan Afrikaans, dan Portugees, dan Duits, dan Persies, Igbo [!!], Simple English, Swahili [dit is dalk moontlik...] en dan Nederlands.
Klaarblyklik het Rusland in die geskiedenis meer reggekry as wat Brittanje, Frankryk en Spanje nog ooit kon vermag het. Ek vind dit dan net vreemd [aangesien daar meer Russiesmagtiges as in Afrikaans is], waarom ons nog nie 'n egte Russiese Kanaal op TV [wat égte Russies praat] het nie, waarom Russies nie op staatskole aangebied word nie, waarom ek nie Russiese boeke in die boekwinkels kry nie, en waarom ek nie so baie Cyrillies op straat sien nie. Of, wat Binnelandse Sake se toeristesyfers betref, waarom Rusland sommer skitter in sy afwesigheid nie!
Google Trends verskil hiermee. Engels en Afrikaans hang soos twee ruimteskepe in die lug, dan volg Zoeloe, dan volg Frans. Al die ander Europese tale wat volg is dan Duits, dan Portugees, dan Italiaans en op die bodem lê Russies. Suidpunt (kontak) 07:07, 15 Mei 2018 (UTC)
Korrekte vertaling: Halloweense kluisenaarskrap? Groete! Oesjaar (kontak) 13:45, 20 Mei 2018 (UTC)
"Bridging knowledge gaps: the Ubuntu way forward"
Met hierdie tema word jy by Wikimania begroet. Net jammer dit klink maar valerig. Mens moet darem die Karoobossies daarin ruik. Bogenoemde klink vir my eerder na 'n opskrif by 'n begraafplaashek, in yster gegiet.
Kies een, of gee self een, wat oorspronklik is. Maar met trefkrag!
Die boodskap moet iets hiervan weerspieël:
with the aim of focusing on what and who is still missing from our sum of all human knowledge, and building shared strategies to bridge these collective gaps.
As jy dit nog nie snap waarop hierdie 3de-wêreld-land-konsep-wat-so-reg-uit-die-postmoderne-universiteit-lesingsaal neerkom nie: vir honderde, derduisende, miljoene jare, is die hoofman se toordokter se buite-egtelike kind se beeste se wagtertjie se verhaal nooit neergepen nie. [En eintlik kennis wat nie noodwendig strook met Frans-Westerse-17de-eeuse-rasionalisme-in-aanbidding-van-die-Culte-de-la-Raison-et-de-l'Être-suprême nie]. Nou sien, in hierdie ingeademde géés, wat besiel, moet elke gansie 'n billike kansie kry. En dis wat ek toe optower: eers baie letterlik; daarna gee ek die woorde baie vrye teuels.
"Bridging knowledge gaps: the Ubuntu way forward"
Help asb met die korrekte vertaling vir Cowries. Chinese skulp? Kauri? Groete! Oesjaar (kontak) 10:23, 5 Junie 2018 (UTC)
Hier is soms sprake van "biljoene jare" (bv. in Atmosfeer (dampkring): Die huidige samestelling van die aarde se atmosfeer is die produk van biljoene jare se biochemiese aanpassing van die paleoatmosfeer.) Maar is dit nie 'n anglisisme nie? Is hier (en elders) nie "miljarde jare" korrek nie? --Marcus Schätzle (kontak) 19:27, 7 Junie 2018 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde vind plaas op 17–23 Julie, soos julle reeds weet. Kan ons saamwerk en verseker dat ons die 50 000 artikel grens teen daardie tyd kan bereik? Groete! Oesjaar (kontak) 06:27, 8 Junie 2018 (UTC)
Wat is bogenoemde in Afrikaans? Dit is nommer wat die Britse Vloot aan skepe toeken? Groete! Oesjaar (kontak) 11:59, 11 Junie 2018 (UTC)
Gemeenskap, daar word môreoggend (09:30) 'n onderhoud deur RSG met my gevoer oor Wikimania 2018. Julle is welkom om na my fluweelsagte stem te luister... Groete! Oesjaar (kontak) 15:13, 11 Junie 2018 (UTC)
Goeie dag.
Ek is nou sowat 'n jaar deel van Wikipedia en wil nou in alle erns begin om kosartikels by die Afrikaanse wiki te las en op datum te bring. Is daar enige spesifieke netiquette waarvan ek bewus moet wees in die Afrikaanse artikels voor ek wegval?
NB: Ek dink ek gebruik die handtekening verkeerd.... Hulp asb?
Dankie. ~~A3_Baard~~– Hierdie ongetekende kommentaar is deur A3 Baard (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Alle Afrikaanse gebruikers: ons beplan 'n ontmoetingsessie die Vrydagmiddag van die konferensie sodat ons net gesigte kan wys.... Ek kommunikeer al jare met van ons gebruikers sonder dat ek een ontmoet het...kom ons verander dit! Hou dit ingedagte! Ek sal adviseer oor tyd en plek! Groete! Oesjaar (kontak) 10:40, 12 Junie 2018 (UTC)
Update on page issues on mobile web
Help met die vertaal na uw taal Hi everyone. The Readers web team has recently begun working on exposing issue templates on the mobile website. Currently, details about issues with page content are generally hidden on the mobile website. This leaves readers unaware of the reliability of the pages they are reading. The goal of this project is to improve awareness of particular issues within an article on the mobile web. We will do this by changing the visual styling of page issues.
So far, we have drafted a proposal on the design and implementation of the project. We were also able to run user testing on the proposed designs. The tests so far have positive results. Here is a quick summary of what we learned:
Our next step would be to start implementing these changes. We wanted to reach out to you for any concerns, thoughts, and suggestions you might have before beginning development. Please visit the project page where we have more information and mockups of how this may look. Please leave feedback on the talk page.
Congratulations!!! --Holder (kontak) 09:44, 15 Junie 2018 (UTC)
Gemeenskap: daar is 'n paneelbespreking oor die Afrika Wikipedia's op 20 Julie om 11:00 (tyd = 55 min) met die titel: A panel to discuss the interesting challenges and possibilities of the Wikipedia language editions of Africa. Wat moet ek sê oor ons eie Wiki? Suidpunt- hou dit korter as 'n miljoen woorde... Groete! Oesjaar (kontak) 18:52, 17 Junie 2018 (UTC)
Van die redes hoekom 'n artikel soms eers op Engelse wikipedia aangedurf word is dat die inligting daar meer volledig is: makliker om te sien wat al gedoen is en wat nog kort. Die volledige skakels en minder wesies sorg verder dat die artikel nie oor die hoof gesien word nie. Dit kan ook redelik moeilik wees om 'n Afrikaanse artikel uit meestal Engelse bronne op te stel. Mens wil graag 'n redelik volwasse Engelse artikel vertaal, anders moet jy inkrementeel te werk gaan, en elke keer die woordeboek opnuut oopslaan. Toegang tot 'n digitale woordeboek, verkieslik die blokkiesraaisel-tipe, gaan vir grootskaalse vertaling noodsaaklik wees want fisiese blaaiwerk is te tydrowend. By my eie bydraes op en.wiki is die oogmerk wel om dit later in Afrikaans beskikbaar te stel, en laat gerus boodskappe op my besprekingsblad oor watter artikels of kategorieë meer dringend of gesog is. So, met 'n ompad sal daardie bydraes tog die Afrikaanse wikipedia bevorder.
Ek sit terloops gister in die voorheen Afrikaanse bank, en die eerste Engelssprekende linie nader my om uit te vind waarmee hulle kan help. Toe ek in Afrikaans antwoord val die Afrikaanse klant langs my sommer in: "Hulle gaan jou nie help as jy Afrikaans praat nie." Watwou. En wat markaandeel betref: dis tyd dat daardie skare Afrikaanssprekendes in Australië (en elders) ook 'n bydrae maak. Afrikaans is nou dunner gesaai maar baie wyer versprei. JMK (kontak) 09:52, 21 Junie 2018 (UTC)
Baie geluk aan die Noord-Sotho Wiki (Sepedi en myself) wat sopas 8 000 artikels tel!--Aliwal2012 (kontak) 14:53, 18 Junie 2018 (UTC)
Gemeenskap: ek soek hulp, kan iemand dalk net bogenoemde vertaal asb? Die eilande is in die Atlantiese Oseaan. Groete! Oesjaar (kontak) 17:55, 20 Junie 2018 (UTC)
Ek het 'n bietjie statistiek gedoen op die sitestatistics. Jcwf (kontak) 21:13, 25 Junie 2018 (UTC)
Dus ja, die aantal treffers het gegroei van 57 na 60 na amper 63 duisend per dag (jaarmediaan).
Die jaarlikse verloop is amper dieselfde en wys 'n seisoen-ritme.
Mag ek Gebruiker:KabouterBot aanwend om alle instansies van {{Reflist}} met {{Verwysings}} te vervang en dan {{Reflist}} te verander in 'n aanstuur na {{Verwysings}}? K175 (bespreking | bydraes) 12:25, 28 Junie 2018 (UTC)
The Parsing team will be replacing Tidy with RemexHtml at this wiki on 5 July 2018.
Some pages at this wiki use outdated HTML. This change may change the appearance of those pages. Special:LintErrors has a complete list of affected pages.
Read this e-mail message for more information. Read the instructions at mw:Help:Extension:Linter. You can ask questions at mw:Talk:Parsing/Replacing Tidy. Thank you for helping fix these problems.
Gemeenskap, hier is die lys van artikels sonder 'n kategorie: https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/af/Spesiaal:OngekategoriseerdeBladsye Ek werk nou so twee dae hier aan en daar is nou ongeveer 110 artikels oor sonder 'n kategorie. Daar sal 'n kategorie of twee geskep moet word om dit reg te stel. Kan julle help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 05:53, 4 Julie 2018 (UTC)
Global preferences are now available, you can set them by visiting your new global preferences page. Visit mediawiki.org for information on how to use them and leave feedback. -- Keegan (WMF) (talk)
19:19, 10 Julie 2018 (UTC)
Nee, genade, ek doen honderde artikels oor die ruimte; ek kan nie meer elke keer [[Jupiter (planeet)|Jupiter]] en [[Pluto (dwergplaneet)|Pluto]] tik nie. Kan 'n administrateur nie asb. al die planete skuif na net hul name nie, soos [[Jupiter (planeet)|Jupiter]] na [[Jupiter]]. En [[Pluto (dwergplaneet)|Pluto]] na [[Pluto]]. Ek het reeds 'n verduidelikende sin boaan elke artikel gesit en die dubbelsinnigheidsartikels na [[Planeet (dubbelsinnig)]] geskuif. Dis vir die sewe planete (buiten Aarde) en Pluto. Skuif asb. met aansture. Baie dankie. Winston (kontak) 21:38, 11 Julie 2018 (UTC)
Sören, as jy wil help - al die duikbote benodig 'n infokas van een of ander aard... Groete! Oesjaar (kontak) 19:58, 12 Julie 2018 (UTC)
(Teks vertaal deur Aliwal2012)
Hallo almal,
Ek is besig om 'n verandering voor te berei oor wie die webblad CSS / JS kan verander. (Dit is bladsye soos MediaWiki:Common.css
en MediaWiki:Vector.js
wat uitgevoer word in die blaaier van alle lesers en redakteurs.) Tans kan alle administrateurs hierdie bladsye wysig, wat 'n ernstige en onnodige sekuriteitsrisiko inhou. Binnekort sal 'n toegewyde, kleiner gebruikersgroep hierdie taak oorneem. Jou gemeenskap sal in staat wees om te besluit wie in hierdie groep behoort, dus dit sal vir jou min verandering beteken. U kan meer uitvind en terugvoer gee op die konsultasieblad op Meta. As jy betrokke is by die handhawing van CSS / JS-kode, of beleidmakende aansoeke om toelatingsmaatreëls, gaan kyk asseblief daar!
Dankie!
Tgr (gesels) 08:45, 12 Julie 2018 (UTC) (via global message delivery)
Skuus, dis al weer ek. Ek sien vandag as ek by verwysings sê "Geargiveer op" of "Besoek op", verander Oktober in die Engelse October. Weet iemand dalk wat dit kan veroorsaak? Kyk byvoorbeeld MeerKAT. Winston (kontak) 19:23, 12 Julie 2018 (UTC)
Oesjaar het my weer 'n gat in die kop gepraat en ek is besig om Wikispesies te lokaliseer. Ek het reeds 'n tuisblad geskep, maar benodig asb. hulp met die biologieterme. Groete. Frank (kontak) 21:10, 14 Julie 2018 (UTC)
Die tuisbladartikel was 'n rooi skakel. Ek het dit opgevul met 'n artikel uit 2015. Vervang asb indien daar 'n beter een is. Jcwf (kontak) 01:13, 16 Julie 2018 (UTC)
Baie dankie julle! Ek het my eerste rondte deur die binnestad gedoen en oorwegend veilig gevoel. Verskeie strate binne die sakedistrik rondom Strandstraat, tot by Media24, die Kasteel en terug hotel toe. Mens kry 'n goeie gevoel, waar jy veilig is en waar dit gevaarlik raak. Groete. -- SpesBona 15:33, 16 Julie 2018 (UTC)
Waar is ons lys van al die geboue in Kaapstad sonder prente? As ons dit nou nie bewerk nie... Ek sit hier aan die ou Kasteel en sien Tafelberg. Ongelooflik! Dis 'n bietjie hartseer vir my! Groete uit Kaapstad. -- SpesBona 14:32, 16 Julie 2018 (UTC)
Gemeenskap: die enigste gaatjie wat ek kon kry vir 'n kennismakingbyeenkoms vir al die Afrikaanssprekende gebruikers en ondersteuners is Vrydagaand om 21:30 in die Hongkong vertrek hier in die Southern Sun, 53 Strandstraat. Sien julle daar! Groete! Oesjaar (kontak) 20:01, 17 Julie 2018 (UTC)
Daar is nog 'n "File" i.p.v. "Lêer". Weet nie hoe om dit self reg te stel nie. JMK (kontak) 08:05, 18 Julie 2018 (UTC)
Gemeenskap, laat ek julle net op hoogte bring van die situasie met Maroela Media. Maroela Media ('n digitale koerant) het so 2/3 jaar terug toestemming gekry om onder andere Kennis ('n ou tydskrif wat verskyn het toe ek nog op skool was) asook Wêreldspektrum woord-vir-woord op ons Wiki te skep. Ek self het nog nooit die goedkeuring of toestemming op skrif gesien nie. Ek het op 'n manier betrokke geraak met Maroela Media en het my hulp aangebied. Ek was 'n paar keer in hulle kantore waar ek eenvoudige opleiding/raad gegee het. Ek het ook kennis gemaak met Susan Lombaard, die redakteur by Maroela Media. Sy (en daarmee bedoel ek Maroela Media want sy is immers die grootbaas daar) het ook die Wiki visie verstaan en ondersteun om alle inligting in Afrikaans geskep te kry. Maroela Media is steeds die enigste organisasie wat openlik die Afrikaanse Wikipedia ondersteun. Maroela Media het ook leiding geneem en opleidingsvideos gemaak gemik op beginners. Miskien moet ons dit ook hier op ons Wiki beskikbaar maak en gebruik.
Maroela Media het ook die besluit geneem om 'n paar mense te vergoed om artikels te skep met die genoemde tydskrifte as bron(ne). Tegnies is dit teen die Wikipedia-beleid maar ek persoonlik dink, in die groter prentjie met Afrikaans onder druk in ons land, het ek nie 'n probleem daarmee nie mits dit korrek gedoen word. Neutraliteit/objektiwiteit is natuurlik belangrik en moet gehandhaaf word.
Maroela Media het die visie gehad om optiese karakter-herkennings (optical character recognition) tegnieke te gebruik om dinge te bespoedig. Dit werk maar het ook sy uitdagings! Woorde met kappies, deeltekens ens maak dit moeilik, ook waar bv chemiese formules gebruik is in die artikels! Dit is belangrik dat die skepper van die artikel dit deeglik proeflees alvorens dit geplaas word.
Maroela Media gebruikers in 2017 was Keren van den Berg, Esta Grobler, Pieter en nog een of twee, kannie al die name onthou nie, ouderdom....
Tans (nie huidiglik nie) is dit Gebruiker:Elana Barker. Ek het Elana ook besoek en 'n bietjie gehelp daar in Maroela Media se kantore. Elana is 'n onderwyseres. Maroela Media probeer veral om te fokus op artikels vir kinders in laerskole. Een van die probleme hier is dat ons jonger geslag in laerskole meer gemaklik is met artikels in verhalende vorm terwyl ons skryf in ensiklopediese formaat: koud, feitlik, op die man af... Die vraag wat Susan my gevra het: hoekom begin ons nie 'n Wikipedia Junior nie... Interessante vraag, voorwaar. Maar dit is vir later.
Groete! Oesjaar (kontak) ~09:31, 18 Julie 2018 (UTC)
Probleme met Maroela Media (my eie persoonlik visie) se projek:
Daar is ook ander kleiner probleme, maar is kom ons laat dit daar vir nou eers. Hierdie skrywe is bedoel om oplossings te vind om Maroela Media se energie in die regte rigting te fokus, te help en ook die erkenning te gee wat hulle verdien. Ek wag vir julle kommentaar en gedagtes....
Skelm geskryf hier in 'n lokaal tydens die Hackathon....
Groete! Oesjaar (kontak) 10:17, 18 Julie 2018 (UTC)
Jy kan sonder probleme Wikikids.nl of de.vikidia.org of fr.vikidia.org besoek - hulle is susterprojekte. Ek is mal oor die Nederlandse uitleg - dit lyk sommer vrolik met die helder kleure.
Wees net gewaarsku! Die hoeveelheid wysigings word geweldig afgeskaal. Jy weet hoe bedrywig die Nederlandse "Recente wijzigingen" is. Vergelyk dit hiermee.
Ek dink egter Oesjaar het eerder 'n paar vrae, lees my plasing hieronder: Ope Brief: Het Wikimania dan nou mal geword?
Ek is nie nou in 'n goeie bui nie. Suidpunt (kontak) 16:29, 18 Julie 2018 (UTC)
Gemeenskap, my gedagte om ons Wiki te bemark: Ons moet 'n klompie artikels skryf (one-pager) wat Wiki en die agt suster projekte (Wikicommons, Wikiwoordeboek ens) beskryf, hoe dit in mekaar pas, wat elk se doel is ens en dit dan aan die media te bied wat hulle as 'n reeks artikels kan plaas. Die artikels moet lank genoeg wees om dit mooi te beskryf, kort genoeg sodat die media dit kan gebruik om spasie vol te maak. Julle gedagtes hieroor asb! Groete! Oesjaar (kontak) 11:11, 18 Julie 2018 (UTC)
Vir 'n tyd lank het ek vertaling vir die Wikimaniablad gedoen. Ek het besluit om op te hou.
Want ek wil my liefs nie daarmee vereenselwig nie, want die projek wil hom beslis nie met my vereenselwig nie.
Ek het ook gesien die een vergadering is 25 minute lank. Eie aan my doeltreffendheid kan ek dit miskien vir julle tot 30 sekondes verminder, dan kan julle gaan koffie drink en 'n sigaar opsteek in die rokersone.
Wat presies gaan daar by Wikimania aan?
Want soos ek na die program kyk lyk dit eerder of 'n ellelange toespraak gemaak word oor Apartheid as oor oplossings? Ek haal aan:
Gegewe hoe van die Europese nasionale tale en streeksstale op Sitemaps én volgensw3techs nou nie juis die minderheidstale van Europa laat floreer nie, terwyl die Indonesiese taal, vir 'n derdewêreldland destyds onder beheer van Holland, besonder skitter, laat dit my inderdaad wonder of ALLES aan kolonialisme én Apartheid toegeskryf kan word. Wat met Nederduits en Sorbies aangaan - is nie eens noemenswaardig nie.
TAALDISKRIMINASIE FLOREER SOOS ONKRUID
Die grootste klug van die hele Wikimania-aangeleentheid is juis die diversiteit wat skaamteloos ignoreer word - juis waarvoor die organisasie hulself op die skouer klop. Gestel jy wil 'n aansoek doen om 'n beurs, word jy outomaties van die rol geskrap oor die volgende puntjie:
Vraiment? Sérieusement, tu te moques de moi?
Ongeag of jy met ‘n televisieuitsending, YouTubevideo’s, radio-uitsendings, tydskrifonderhoude, by skole en universiteite omgaan en soebat en smeek in ‘n Franstalige Afrikaland… 3 miljoen mense by Wikipedia betrokke gekry het of nie. Nee – jy is persona non grata en klaar. Bloot omdat jy nie Engels ken nie. In die Middeleeue sou ek nog begrip hê as jy afgekeur word omdat jy nie Latyn (dié lingua mundi) kon baasraak nie. Maar skattebol, ons is darem nou al in die jaar 2018! Probeer my nou oortuig DIT is nie taaldiskriminasie nie.
Toevallig [of is dit ironies?] het die Franssprekendes verlede jaar nié die aangehaalde paragraaf in Frans vertaal nie. Wikimania 2017 was in Montréal, Kanada, die hartland, die sanctum sanctorum van die Franse taal, gehou. Bogenoemde reël (oor Engels) het gegeld ook by verlede jaar se samekoms. Dis darem heiligskennis, dink jy nie? Ek sou darem 'n Fransman (of dame met dystewels) genader het om my werk te vertaal en op die agtergrond in Frans op die projektor te vertoon. Of as gewillige "tolk" op te tree wat die vertaling kon voorlees, dubbelmedium de luxe. Die Quebecane sou vreeslik dankbaar gewees het. Jy wéét immers hoe sensitief en streng die taalbeleid in Quebec is! Waarom dan nie eerder die Engelssprekende Toronto as lokaal kies nie? Dis mos ‘n doelbewuste kultuuroorlog wat jy wil ontketen.
Daar is nêrens énige aanduiding om meertaligheid by hierdie byeenkomste te bevorder nie. En wat vir my die opvallendste is: die grootste klakouse [diegene wat verontreg voel] is diegene van voormalige Britse kolonies, wat dikwels self in Londen bly, hul eie taal en -kultuur kwyt is, maar self nie 'n vinger verroer om hul eie taal en kultuur te laat herleef nie. Of in Afrika, Indië, waar ook al, te gaan soek nie. Dis net te veel moeite. Pleks daarvan is dit eerder ‘n geween en gewroeg van vroeg tot laat oor hul 'verlore kennis' wat by die gewildste medium [naamlik die Engelse Wikipedia] ontbreek. Jy't reg geraai - die onderwerpe handel alles oor die dekolonisering van Wiki Afrikaans. Niks oor die relevansie vir skoolkinders nie.
GAAN DIT WERKLIK OM DIE AFRIKAANSE WIKIPEDIA? OF IS DIT NET KLEINLIKE POLITIEK OP DIE GROTER WIKIPEDIAS?
Asseblief, lees eers rustig hierdie deel deur, oor 'n ander nieregeringsorganisasie wat ook daardie dag soos 'n aasvoël by die lokaal gaan rondhang: https://whoseknowledge.org/decolonizing-the-internet-conference/ Hulle maak dit sommer baie duidelik dat hulle nie eintlik 'n “blanke man”, dis nou soos ek op my staatsvorm moet invul, daar wil hê nie.
Kom ons kyk gou - omrede die meeste skrywers van die internet glo blanke mans uit die Eerste Wêreld is...
Dink jy ek oordryf? Onder Issues:
So jy wil dus vir my sê:
Buitendien, ek dag dan Wikipedia verwelkom almal met wawyd ope arms? Is dit ongebreidelde rassehaat, provinsialisme, sosiale media-aangevuurde neotribalisme en seksisme wat ek hierbo opmerk? Waarom dan hierdie mense nooi vir 'n praatjie? Ek dag dan mens doen navorsing oor die onderwerp waarvan jy hou en bydra? 'n Leemte is mos 'n GELEENTHEID, nie ONDERDRUKKING nie? Of is my uitkyk nou te Westers? Ek wou juis uitvind wat die Russe met 'n uiters neutrale taal soos Latyn post-1990 gemaak het, maar nou ja...
Mét al die koppe wat bymekaar gesit word in hierdie “uitgelese groepie” – hoeveel sal dit wees? 50? 150? 1.500? – aan verstand kan hulle nie eens één rasionele mansmens, dis nou Suidpunt s’n, ewenaar nie. [En daar slaat my INTJ-arrogansie vir 'n tweede maal nou sterk deur].
Want as jy dan presies weet hoe die internet daar uitsien, in elke liewe taal, in elke liewe onderwerp geskryf onder die son - en wie boonop die skrywers is agter die I.P.-adresse – dan moet jy een of ander soort god wees. Dan is ek, sterweling, jou teenwoordigheid en aanskyn nie waardig nie. Nie eers Google weet alles nie. Maar duidelik weet hierdie "uitgelese groepie" absoluut ALLES. Deur middel van steekproewe. Of, sal ek sê: AANNAMES?
Want as hulle nog nie weet van Sjina se internetsensuur... toemaar wat. Dis klaar 'n agtste van die wêreldbevolking (1,42 miljard?) kwyt wat nie kan bydra nie. Maar nietemin - hierdie mense moet REGTIG alwetend wees: want as iemand in Spaans skryf, sal ek nie weet of hy 'n Mexikaan (waarskynlik in ‘n kleurskema van nie-blank tot half-blank tot blank, Globale Suide) of Spanjaard (weer: van blank, tot half-blank, tot nie-blank, Globale Noorde) is nie. Mexiko het die Taalmekka van Spaans geword. As iets in Portugees is, is dit heel waarskynlik geskryf uit Brasilië (Suid), nie Portugal (Noord) nie. En weer weet ek nie of hy blank, nie-blank of halfblank, of swart, half-swart, of nie-swart is nie. Kyk mens ook hierna ( https://w3techs.com/technologies/overview/content_language/all ), weerspieël elke taal maar net die rekenaars, bevolkingstal, tegnologie, taaltrots, wetgewing en vernuf wat hy het. Hoe op aarde jy dit ongedaan wil maak deur al die skuld op die Blanke Man alleen te wil pak wie se bronne almal gebruik... En terloops - as die Spaanssprekendes verkies om uit Engels te vertaal, omrede hulle dit so verkies - wie gaan hulle keer? Die Indonesiërs, soos jy op w3techs.com sal sien, sal ook die “uitgelese groepie” beslis skeef aankyk.
Beteken dit nou Aliwal2012 (ZA), Voyageur (GB, DE), Jcwf (VSA), SpesBona (DE) en daardie Duitsers, moet onmiddellik al hul bedrywighede op die Afrikawiki's (ook die Swahili een) staak? Dis nou stank vir dank, hoor. Vir projekkies waar daar sweet blou boggerol aangaan, sou ek sê mens kan nie te kieskeurig wees nie. Ek dink regtig nie jy kan hulp weier nie. Maar gegewe wat hierdie "uitgelese groepie" verlang - ek weet nie eintlik waarom SpesBona soveel moeite gedoen het om ooit Kaap toe te kom nie, want sonder omhaal van woorde is hy duidelik oorbodig, onwelkom en ongewens!
Sê eerder baie dankie vir die mooi voorbeeld wat hierdie mense met hul ywer gestel het, moenie die rasse-, geslag- en sekskaart gebruik om stemme te werf nie. Dit skep wragtig 'n swak indruk van die Wikimedia-Stigting. Dis ook nie asof Wiki kan kus en keur wie die bydraers moet wees nie, want op die Engelse Wikipedia begin die aantal aktiewe bydraers soos 'n baksteen te val. Vra jouself af hoekom.
Van die gemarginaliseerdes sê dit ook niks goeds nie: Want as mens darem nou al so ver moet gaan om hierdie Uno-kaarte te gebruik om mense aan te spoor om oor hulle eie stories te skryf - dan is dit werklik laat in die dag. Dit laat mens ook tereg wonder of die stories dan werklik enige meriete het: want dit sê my slagspreuke soos “laat hierdie inligting vir jou kinders na!”, “maak die wêreld makliker vir ons kinders!”, “spaar ander mense tyd, geld en lyding met jou kennis, sodat dieselfde foute nie weer gemaak word nie!” kon hierdie mense eenvoudig net nie aanspoor nie. Maar rassehaat kan.
Hoe strook dit met “Ubuntu”, die einste tema van Wikimania 2018?
EIETYDSE GENDERPOLITIEK KAN NIE DIE GESKIEDENIS VERANDER NIE
En terwyl ons nou oor die genderprobleem praat, waarvoor hierdie "uitgelese groepie" hulle ook voor beywer.
Het dit miskien ooit by iemand opgekom dat in die geskiedenis vroue 'n mindere aansien geniet het [buiten om soos veldrotte troonopvolgers te baar] en eers onlangs werklik gedokumenteer is? Om nou 6.000 tot 10.000 jaar se geskiedenis te versin om artikels oor sekere vroue en mans, dis nou wat artikelgetal betref, gelykop [ 50%-50%-persentasie te verdeel], net om die statistiek volgens 'n ideologie te maak pas [wat alles behalwe inklusiwiteit behels, eerder chauvinisme], gaan nogal heelwat duimsuiery kos en strook nie met die werklikheid nie. Of, gaan ons 'n doelbewuste weglating van artikels oor knap navorsers sien, wat heel “toevallig” mans is? Of gaan ek nou gefusilleer word as ek 'n Amerikaanse pornoster, wat heel toevallig vroulik is, skrap as irrelevant vir die Afrikaanse Wikipedia?
Of is daar 'n rede waarom daar selektief, spesifiek op die jare 1800 tot 2018 gefokus word?
Indien ek verkeerd verstaan het, help my asseblief reg.
Maar Wikimedia, Wikimania en Wikipedia, vrye ensiklopedie wat jy WAS, as julle wil hê ek moet loop... sê dit dan reguit.
Ek sal dit vir julle soveel vergemaklik om julle mikpunt te behaal. Ek kan my talente en tyd definitief elders benut. Suidpunt (kontak) 16:30, 18 Julie 2018 (UTC)
Jcwf (kontak) 16:59, 18 Julie 2018 (UTC)
As julle probleme met die inhoudsvertaling van Nederlands na Afrikaans optel, dan moet julle asb. dit op GitHub meld by https://github.com/apertium/apertium-afr-nld. Sien bv. https://github.com/apertium/apertium-afr-nld/issues/4. K175 (bespreking | bydraes) 20:26, 18 Julie 2018 (UTC)
Die {{Inligtingskas Kunsgalery}} werk tans nie reg nie, sien byvoorbeeld Ou Dorpshuis. Dieselfde geld vir {{Inligtingskas Teaters}}, sien On Broadway. Groete. -- SpesBona 15:31, 19 Julie 2018 (UTC)
As ek die HAT goed begryp is dit "kelvin" met kleinletter, maar "Celsius" met hoofletter en ek vind dit taamlik snaaks. Kan iemand dit verbeter? Jcwf (kontak) 17:34, 19 Julie 2018 (UTC)
Gebruik i.p.v. kassie skep. Sien Mocassin vir voorbeeld. Regs bo verklarings is 'n potlood wat na item op Wikidata lei. Klik daarop om wysigings op Wikidata aan te bring. K175 (bespreking | bydraes) 09:03, 20 Julie 2018 (UTC)
Een van die Arabiese Wikipedia se suksesverhale is die skep van saadjies m.b.v. robotvertaling om tyd te bespaar. Dit laat gebruikers toe om te fokus op inhoud en nie op dinge soos kategorieë en infobokse nie. Kyk asb. na die bydraes van Gebruiker:KabouterBot. Dit het enkele artikels oor sponsdiere geskep deur die ooreenstemmende saadjies op die Nederlandse Wikipedia outomaties te vertaal. Kan ek voortgaan en ons artikelaantal opstoot na so 75,000 deur nog dergelike artikels so te vertaal? K175 (bespreking | bydraes) 15:08, 20 Julie 2018 (UTC)
Dit lyk asof die Wikimania-konferensie vanjaar 'n heel rustige byeenkoms gaan wees. Seker was dit nie "propvol drama en verassings" nie soos 'n ander konferensie waaroor Die Son sy verslag in Desember gepubliseer het: ANC-konferensie eindig met verassingsdrama -LOL!
Ander voorlopige voorstelle van superstreng proeflesers (hier praat ons vroue):
Voyageur (kontak) 20:37, 21 Julie 2018 (UTC)
Gemeenskap: wat is die beste vertaling vir Yellow sash fusilier? Groete! Oesjaar (kontak) 09:07, 22 Julie 2018 (UTC)
Hi there!
Account creation on the Afrikaans Wikipedia seems to be blocked, the new users that we are training this weekend now in Cape Town cannot log in to your Wiki Afrikaans. Is there a special reason for this or does it need to be reported in phabricator? Ciell (kontak) 09:16, 22 Julie 2018 (UTC)
Ongelukkig die Suid-Afrikaanse wetgewing oor prentjies van kunswerke, geboue ens. taamlik ongunstig. Dit is dalk nuttig om dit te besef. Jcwf (kontak) 19:12, 25 Julie 2018 (UTC)
Hallo almal! Ek het 'n artikel oor Frans Hals geskep. Ek weet persone is veronderstel om 'n sjabloon te hê. Ek het probeer maar kom nie reg nie. Daar is wel 'n prent by van sy kuns. Kan iemand my dalk help? Elana Barker (kontak) 10:54, 27 Julie 2018 (UTC)
Dagsê, kan iemand asseblief help met die kolpunte in die inligtingskassie van die artikel "Bongani Mayosi" wat ek met CXT uit die Engels vertaal het. Daar is ook fout met die kategorieë. By voorbaat baie dankie, --Petterual (kontak) 17:02, 31 Julie 2018 (UTC)
Volgens die geskiedenisboeke is talle Suid-Afrikaanse strande vanaf 1987 oopgestel vir alle rasse. Dit was bes moontlik hoofsaaklik plaaslike besoekers. 'n Mens wonder net oor die beperkte toerisme-infrastruktuur vir swart Suid-Afrikaners in die tyd van die ou bedeling. Daar was enkele hotelle wat deur goed opgeleide swartes bestuur is en sekerlik kon meeding met hul blanke eweknieë. Maar toerisme is klaarblyklik as 'n hoofsaaklik blanke domein waargeneem. Sien iemand kans om swart Suid-Afrikaners (leerders byvoorbeeld?) uit te nooi om artikels in Afrikaans (of Engels, met die oog op vertaling) oor onderwerpe soos die bogenoemde te skryf? Voyageur (kontak) 17:58, 31 Julie 2018 (UTC)
Gebruiker:Dumbassman is m.i. besig met vandalisme deur edits aan te hou terugrol. Sy verskoning oor hoekom hy dit doen, is belaglik. Winston (kontak) 19:16, 2 Augustus 2018 (UTC)
Ek stem saam dat eenvormigheid belangrik is en dink 'n robot moet die riglyn regoor die ensiklopedie toepas. Dankie Dumbassman (kontak) 19:10, 3 Augustus 2018 (UTC)
Dit is hoog tyd dat ons digitaal ontslape bydraers êrens hier hul laaste digitale rusplek kry, saam met die nodige ruimte vir hul eindtydprofesieë en knoppies vir hul outomatiese heropstanding en wederkoms. Voyageur (kontak) 12:15, 5 Augustus 2018 (UTC)
Winstonza het moontlik reg - die situasie is heel moontlik verkeerd hanteer. Daar moenie herhaaldelik aan mekaar se wysigings teruggerol word nie. Die Engelse het 'n reël genaamd 3RR - 3 Revert Rule - wat voorkom dat terugrol handuit ruk. Terwyl ons wil hê dat nuwelinge moet vry voel en hul gang gaan, wil ons gesoute gebruikers ook gerusstel dat enige onkonstruktiewe wysigings teruggerol kan word omdat die volledige wysigingsgeskiedenis altyd gestoor word. Die kwessie oor die apostroof moes waarskynlik net op die besprekingsbladsy van die betrokke artikel bespreek word in plaas daarvan dat 'n wysigingsoorlog gehou word. Net my 2 sent. K175 (bespreking | bydraes) 21:07, 8 Augustus 2018 (UTC)
Wil iemand monitor of 'n vertaling van Nederlands na Afrikaans met Google translate redelik goed is? Die resultaat is op Gebruiker: Rwbest/notepad. Rwbest (kontak) 17:12, 5 Augustus 2018 (UTC)
Is daar enige iemand wat nog my 'n pad vorentoe wil stap op hierdie Wiki? Dit was seker maar net 'n kwessie van tyd alvorens die Afrikanersiekte na vore kom. Groete! Oesjaar (kontak) 17:41, 5 Augustus 2018 (UTC)
Noudat al die Japannese sokkerspelers hul kassies het, gaan ek nou die vlag van Duitsland en aansluitend die vlag van Israel, met hulp van my Afrikaansonderwyser in Berlyn wat ook Hebreeus praat, tot voorbladartikels uitbrei. Miskien gaan dit nuwe motivasie vir Gebruiker:Puvircho skep. Ek mis sy vlagartikels! Daarbenewens sal dit graag wees, indien ou kandidate soos Alabama, Bremen, Goud, Londen, Plinius die jongere, Tacitus en Wolf ook hul kanse kan kry. Kom ons stap vorentoe! Groete. -- SpesBona 19:56, 16 Augustus 2018 (UTC)
Wiki gemeenskap, hier is ons eerste projek vir die jaar, iets wat van waarde vir die breër publiek kan wees. Ons moet die Lys van hospitale in Suid-Afrika so verbeter dat dit in tabelvorm verskyn, met elke hospitaal se naam, adres, tel nommer en koördinate daarin! Wie gaan werk en wie gaan kyk....? Groete! Oesjaar (kontak) 19:35, 6 Augustus 2018 (UTC)
Wil iemand die artikel op Gebruiker:Rwbest/notepad proeflees en verbeter? Dit is vertaal uit Nederlands met behulp van Google Translate en bevat beslis taalfoute. Dankie by voorbaat. Rwbest (kontak) 14:01, 7 Augustus 2018 (UTC)
Gemeenskap: help asb met Afrikaanse naam? Groete! Oesjaar (kontak) 20:03, 9 Augustus 2018 (UTC)
Naand meneer. Hoop dit gaan goed. Ek wil graag jou mening hoor. All die C-paaie in Namibië is grondpaaie en al die B-paaie is teerpad. Dus moet dit seker nie C11-hoofweg wees nie, maar C11-grondpad, en ook nie onder snelpaaie kategorie nie. Wat sê jy? Groete Dumbassman (kontak) 18:27, 13 Augustus 2018 (UTC)
WAG, dit raak erger. 1975 WAT, vir die ou dae [ek weet nie of dit die destydse Suidwes ook sou geraak het nie]:
Initial phase: Juveniles; Terminal phase: males ...
Dit is snert soos hierdie wat my soms laat wonder of ons nie Netwerk24 as bron heeltemal moet verwerp nie. In die aangehaalde twiets kan 'n mens ook deurkyk na watter bollie die redakteurs by Naspers kwytraak. K175 07:48, 15 Augustus 2018 (UTC)
Gemeenskap, wat sal bogenoemde in Afrikaans wees? Hierdie eiland is geleë in die suidelik ingang van die Beringstraat. Groete! Oesjaar (kontak) 12:31, 20 Augustus 2018 (UTC)
(Help met die vertaal na uw taal)
Hi all,
as announced previously, permission handling for CSS/JS pages has changed: only members of the interface-admin
(Koppelvlakadministrateurs) group, and a few highly privileged global groups such as stewards, can edit CSS/JS pages that they do not own (that is, any page ending with .css or .js that is either in the MediaWiki: namespace or is another user's user subpage). This is done to improve the security of readers and editors of Wiki projects. More information is available at Creation of separate user group for editing sitewide CSS/JS. If you encounter any unexpected problems, please contact me or file a bug.
Thanks!
Tgr (talk) 12:39, 27 Augustus 2018 (UTC) (via global message delivery)
Wat is/was die probleem om 'n aanstuur te skep wanneer 'n titel verander word? Ek het nou pas 'n skakel hierheen gesien (weens 'n ou gesprek om dit uit te vee) en moes toe aanneem dat dit wel uitgevee is. Kos dit enigiemand enigiets om 'n aanstuur in plek te los sodat mense makliker dinge kan kry? Die koste is wel duidelik. By Henning Pieterse is daar 'n rooi skakel (dalk al vir maande). Kan ons groot asb. as verstekreël aansture in plek hou wanneer ons sulke klein veranderinge maak aan titels? Dit verhoog die bruikbaarheid van die ensiklopedie en help ons ook by soekenjins (insluitend die interne een) as mense vir tik-/spelfoute soek. --Alias (kontak) 10:35, 28 Augustus 2018 (UTC)
[6] Dit is nie 'n goed genoeg rede nie. Die lys van gesoekte bladsye is juis daar om 'n indruk te gee van watter rooi skakels die meeste voorkom en geskep moet word. Om rooi skakels te skrap omdat dit te hoog op in die lys is, kanselleer die hele nut van die lys. Dan kan ons netsowel alle rooi skakels in die ensiklopedie skrap‼️ – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 19:51, 27 Augustus 2018 (UTC)
I hate Wiki loves monuments.
Wat sou gebeur indien dit in Frans uitgesaai sou word pleks van Engels? Op en.wikipedia byvoorbeeld? Jcwf (kontak) 13:02, 1 September 2018 (UTC)
Naandsê gemeenskap!
Ek het nou dadelik hulp nodig met 'n Afr. naam vir trench coat. Ek oorweeg "loopgraafjas" of "slootjas" (google vertaal), maar dit klink maar rof! Help tog gou asb!
Dankie en groete, --Aliwal2012 15:56, 1 September 2018 (UTC)
Ek weet dat daar 2 tipes witgat bome bestaan in die bosveld. Die inheemse name is matoppi en mapippi.. ek is nie seker van die spelling nie. Ek kon nie onder wikipedia iets daavan vind nie . Is daar iemand wat lig op die onderwerp kan plaas. Gebruiker:Nico du Plessis
Read this message in another language • Help met die vertaal na uw taal
The Wiki Foundation will be testing its secondary data centre. This will make sure that Wikipedia and the other Wiki wikis can stay online even after a disaster. To make sure everything is working, the Wiki Technology department needs to do a planned test. This test will show if they can reliably switch from one data centre to the other. It requires many teams to prepare for the test and to be available to fix any unexpected problems.
They will switch all traffic to the secondary data center on Wednesday, 12 September 2018. On Wednesday, 10 October 2018, they will switch back to the primary data center.
Unfortunately, because of some limitations in MediaWiki, all editing must stop when we switch. We apologize for this disruption, and we are working to minimize it in the future.
You will be able to read, but not edit, all wikis for a short period of time.
Other effects:
This project may be postponed if necessary. You can read the schedule at wikitech.wikimedia.org. Any changes will be announced in the schedule. There will be more notifications about this. Please share this information with your community. /User:Johan(WMF) (talk)
13:32, 6 September 2018 (UTC)
Naand mense,
Ek benodig hulp om die woorde "telemarketing" en "stand-up comic" te vertaal.
Dankie by voorbaat. Dumbassman (kontak) 17:34, 8 September 2018 (UTC)
Vier fees saam met my! Nico Mansvelt is my 5 000ste artikel, die 2de persoon na Winston wat dit vermag het! Na amper tien jaar! Voel ongelooflik! Groete! Oesjaar (kontak) 12:39, 9 September 2018 (UTC)
Gebruiker:KabouterBot was onlangs bedrywig vir diegende wat opgelet het. Is daar sover enige terugvoer? Tussen hakies, nou-dat die robot aan die gang is, sal dit maklik wees om takies soos bv. die vervanging van 'n met ’n regoor die ensiklopedie uit te voer. Wat dink die gemeenskap van hierdie spesifieke taak? – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 22:44, 10 September 2018 (UTC)
Tydens my stap deur ons Wikipedia sien ek weereens stukkende inligtingskassies, waar die inligting linkerhand skuif, sien byvoorbeeld Lucy. Ek sien dit tans by {{Inligtingskas fossiel}} en {{Inligtingskas Museum}}. Dis dieselfde probleem soos eens by {{Inligtingskas Teaters}}. Dalk is een sjabloon wat al drie kassies gebruik verander. Groete. -- SpesBona 21:15, 11 September 2018 (UTC)
Raleigh gaan Donderdag deur die orkaan Florence getref word en dit kan wees dat die ligte en die drinkwater gaan uitval hier. Verwag dus geen bydraes van my kant nie. Hoe lank dit gaan duur weet ek nie. Moontlik die naweek of langer. Jcwf (kontak) 00:20, 12 September 2018 (UTC)
Ek sê baie dankie vir die begenadiging van die Wikipedia-gemeenskap vir die aanvaarding van die voorbladartikel.
Ek hoop nie Gebruiker:K175 gee om nie, maar ek voel ek moet dit deel. Ook aan hom wil ek dankie sê vir die aanstuur van die skakel. K175 het aan my die volgende skakel gestuur: https://www.reddit.com/r/afrikaans/comments/9gfpql/hierdie_week_se_voorbladartikel_op_wikipedia/
Iemand op Reddit vra: hoe het die Afrikaanse Wikipedia betrekking op Afrikaans? [met verwysing na die voorbladartikel]
|
Afgesien van die grammatikafout ["vir dit" moet "daarvoor"] wees, is die grootste fout die bovermelde parogialisme en provinsialisme waarmee ons in die Afrikaanse leefwêreld te kampe het. As ek byvoorbeeld "fr:Installations de première classe du Titanic" (dis nou die "Inrigting van die eerste klas op die Titanic") sou vertaal het, sou niemand 'n woord gesê het nie. Nie omdat hulle nie Frans kan lees nie, maar omdat almal mos bekend is met die Titanic, of eerder, Kate Winslet se borste (ook nou al van die hangende soort, dis 21 jaar ['n volle mondigwording!] later). Hoewel daar geen Suid-Afrikaners aan boord (nie op die filmstel of die een 'n paar 1000 meter onder seevlak) was nie, en eintlik niks met ons te doene het nie).
Ek sou netsowel 'n stuk oor hiërogliewe, Yslands, Deense grammatika (wat ook swaar steun op Nederduitse begrippe) en Japannees kon skryf, en ons sou presies dieselfde resultaat op Reddit kry. Dink net watter genot ek daaruit gaan put om oor die Origines Antwerpianae (Latyn is immers so bo julle vuurmaakplek) te skryf, seker dié voorganger van die Vergelykende Taalkunde [die ou het geglo Vlaams is die taal wat in die Tuin van Eden gepraat is]. Ondanks die paar foute wat hy gemaak het, tel Becanus steeds onder die vaders van die vergelykende taalkunde.
Heelwat later sou 'n Franse Jesuïetsendeling Gaston-Laurent Cœurdoux in 1767 aan die Institut français skryf daar bestaan 'n groot ooreenkoms tussen Sanskrit en Latyn. Ook die Engelsman Sir William Jones skryf in 1796:
Die groot aanvang begin juis in die 1800's. Uiteindelik sou hierdie beweging aanleiding gee tot die Junggrammatiker, met sy eerste hoogtepunt in 1880, met sy hoofsetel in Leipzig. Aangevuur deur die Romantiek het daar groot belangstelling geheers in die ooreenkoms tussen Goties, Oudnoors, Oudengels, Oudnederlands, Ouddeens, Oudsweeds, Fries en die hele Pan/Oergermaanse taalkunde en hoe dit met onder meer Romaanse tale, Keltiese tale, Grieks, Sanskrit, Slawiese tale en dies meer verwant is.
Ek wil my verstout deur te sê hierdie mense het meer gedoen as die strukturaliste wat hulle opgevolg het. Onder die blinde waan dat daar betekenis in klank steek, het die Junggrammatiker meer woordeboeke geskryf wat nog nie vantevore bestaan het nie. Koffers is gepak, die seile is gespan, en per skip is na die eindhoeke van Europa en Asië gereis.
De Groot (1964:389) skryf:
Helaas het De Saussure bevind die verskil tussen klank (uitspreek), spelling, skryfvorm (die betekenaar) en betekenis (die betekende) het niks met mekaar te make nie - 'n lewende taal loop sy loop en kies sy eie kant. As mens "seekoei" al sedert Van Riebeeck se dae wil gebruik pleks van "Nijlpaard" of waterperd (Wasser-Pferd), of rivierperd (Fluss-Pferd), dan kan jy niks daaromtrent doen nie. En daarmee is die wind finaal uit die Junggrammatiker se seile geneem.
En dit bring ons voor die huidige tydperk. 'n Mens sou dink in die huidige globaliserende wêreld, met internet en al, sou die Afrikaanssprekendes die geleentheid aangryp om juis meer oor ander kulture te leer [en daardeur die afhanklikheid van Engels as bemiddelingstaal te verminder]. Jy weet - woordeboeke, handboeke, vervoegingsboekies. Om interessante feite te wete te kom wat selfs die alwetende Hollanders beslis nie kon geweet het nie. Om die Afrikaans-Portugese woordeboek te hersien [as jy sou wonder wat in Brasilië en dalk-dalk in Mosambiek/Angola aangaan].
Maar nee. Selfs in Nederland [die land waar seuntjies wat universiteit toe wou gaan tot 1969 doodgegooi is met Frans, Duits, Engels, Grieks en Latyn, benewens hul moedertaal - sweerlik het jy dit geweet, sweerlik het jy gewonder hoekom die onderskeie departemente aan Stellenbosch hoofsaaklik deur Hollanders begin is? Sweerlik kan jy 'n verband tussen kundigheid en veeltaligheid insien?] het 'n Sanskritgrammatikaboek deur Maaike Mulder eers in die 2000's verskyn, en ook waarskynlik maar net omdat daar nogal 'n baie groot markverwante vraag was in die Oosterse filosofie teen die eeuwending.
En tog, die geleenthede wag op ons. Daar is derduisende platforms waar jy jou kennis kan deel. In Afrikaans. 'n Mens weet nooit wanneer iemand jou werk dalk eendag nodig kry nie.
Maar wat.
Asof die einste erudiete [ja, julle by Reddit] 'n steentjie bygedra het om 'n voorbladartikel tot stand te bring! Die vermetelheid! Want géén Wikipediaan sal so iets skryf nie - hulle weet hoeveel werk daarin sit. Wat jy nie op die voorblad of Wikipedia sien nie, is jou eie skuld.
In elk geval. As jy nog nie die ooreenkoms tussen Afrikaans en Nederduits opgemerk het nie [laat staan nog die etimologiese verwantskap!], kan ek my voorstel jy het nie die vaagste benul wat die taalpolitiek betref op Stellenbosch of enige Suid-Afrikaanse universiteit nie. Met sulke oogklappe deur die lewe is dit verbasend as jy ooit matriek geslaag het, of nog MOET slaag.
'n Lang vergete taal is weer nuwe lewe ingeblaas, hoewel die sprekers self verantwoordelik was vir die agteruitgang en verwaarlosing daarvan. Net soos met die vorming van Afrikaans (met taalwette wat uitgeroep is), moes nuwe strukture opgerig word, die taal moes gestandaardiseer word, handboeke moes van voor af geskryf word [waaraan ons nou nog 'n tekort het!], literatuur moes iets aan gedoen word, onderwysers moes opgelei word waaraan daar nou 'n tekort was [in hierdie geval sou mens kon insien die tekort aan onderwysers in department Latyn - omdat Hollandse onderwysers nie meer na Suid-Afrika ingevoer kon word om hierdie vak in Afrikaans aan te bied nie; op soortgelyke wyse moet daar nou onderwysers - afgetrede koprukkende fossiele - uit die ouetehuis van Noord-Duitsland gehaal word om jongmense in hierdie vakgebied op te lei].
Dieselfde argumente wat jy hier sien [en téén Nederduits gerig is], kry jy ook in Chris Brink se No lesser place (2004), wat handel oor Afrikaans op Stellenbosch [hoewel Brink verkies om Gods water oor Gods akker te laat loop]. Die raakpunte hoef ek nie uit te wys nie - enigiemand met 'n normale IK kan self die kolletjies verbind met Afrikaans hoort by Nederlands en Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden - Gegen Ersteres und für Letzteres.
Eweneens, as jy bietjie Duitse parlementnuus luister, sal jy ook weet dat Platduits téén Standaardduits ingespan kan word. Die AfD wou hê Standaardduits moet in die grondwet veranker word, omdat Europese universiteite [wêreldreisiger en belese mens wat jy is - ek glo jy is bewus daarvan?] ook besig is om te verengels - hierdie keer om buitelandse studente te lok. Laat staan nog Hollandse en Skandinawiese universiteite! 'n Verteenwoordiger van die SPD het die spot gedryf met die AfD en gesê: "Wel, ek praat Platdduits, niemand verstaan my nie, so - wat de hel - Duitsland verwelkom taaldiversiteit, iemand wat onkundig is vir ander tale kweek angs, en angs vir wat anders is bly maar net kenmerkend van die nasionaliste [met ander woorde, Nazi's]".
Dit laat vrae ontstaan waarom juis 'n sosialistiese party soveel aandag gee aan Platduits, en nie soseer 'n boer in Beiere wat van Duitsland wil afskei omdat Beiere die uitnemendste deelstaat is wat net geld in ander deelstate (juis dié wat deur die SPD regeer word) moet inpomp nie (uit die boer se perspektief).
Jy sal eweveel die struwelinge tussen die Kaapse dialek en die Standaardafrikaans kon insien - dis nou, as jy enigsins bewus was van die taalpolitiek in die Afrikaanse Taaldepartement.
As jy dit nog nie snap nie: wat in Suid-Afrika gebeur, gebeur elders toevallig ook. Al bestaan die spreekwoord "ex Africa semper aliquid novi" [google dit self], is daar "niks nuuts onder die son" nie. Suidpunt (kontak) 07:09, 18 September 2018 (UTC)
Wat die voorbladartikels betref is die vlag van Duitsland op pad en volgende is die vlag van Israel. Met al die raamwerk kan ons ook al die Nobelpryse as voorbladartikels benoem. Ons kan maar ook iets van krieket as voorbladster aanstel. Ek verstaan tot vandag nie die probleem hoekom Krieketwêreldbeker 2015 nie 'n voorbladartikel kan wees nie, kyk maar na voorbladartikels soos Rugbywêreldbeker 2007 en Rugbywêreldbeker 2011. Wat botwerk betref: miskien kan die bot al die Suid-Afrikaanse politici met net een sinnetjie met kassies, geboortedatum- en dorp, en al die poste wat die mens beklee het, versorg. Ek het dit gister vir Nhlanhla Nene gedoen. Groete. -- SpesBona 09:30, 10 Oktober 2018 (UTC)
Gemeenskap, ek het met ons Nederlandse vriende gepraat oor bogenoemde: https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/nl/Wiki:De_kroeg/Archief/20180918 Ek verstaan egter nie presies wat hulle sê nie. Kan julle help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 15:24, 18 September 2018 (UTC)
This has been posted here because your wiki allows local file uploads. Help met die vertaal na uw taal.
Commons will no longer allow uploads of photos, paintings, drawings, audio and video that use the GFDL license and no other license. This starts after 14 October. Textbooks, manuals and logos, diagrams and screenshots from GFDL software manuals that only use the GFDL license are still allowed. Files licensed with both GFDL and an accepted license like Creative Commons BY-SA are still allowed.
There is no time limit to move files from other projects to Commons. The licensing date is all that counts. It doesn't matter when the file was uploaded or created. Every wiki that allows local uploads should check if bots, scripts and templates that are used to move files to Commons need to be updated. Also update your local policy documentation if needed.
The decision to allow files that only have a GFDL license, or not allow them, is a decision all wikis can make for themselves. Your wiki can decide to continue allowing the files that Commons will no longer allow after 14 October. If your wiki decides to continue to allow files after 14 October that Commons will no longer allow those files should not be moved to Commons. — Alexis Jazz, distributed by Johan using MassMessage
18:10, 20 September 2018 (UTC)
Op die nl.wiki word soms 'n skryfwedstryd of skryfweek ingestel, waar mense genooi word oor 'n onderwerp wat anders effens verwaarloos word in 'n week so veel moontlik te skryf. Die onderwerp kan 'n bepaalde land wees byvoorbeeld. Kan ons dit ook doen hier?
My voorstel sou Suidoos-Asië wees. Ek het effens Indonesië gedoen en daar is nog baie eilandjies of tempels of ander goeters wat 'n bladsy verdien en die Khmer-goeters het ook gewys watter moontlikhede daar lê. Jcwf (kontak) 17:51, 18 September 2018 (UTC)
Dankie almal vir die steun. Ek dink K175 het reg: dit kan 'n gereelde ding word, maar dit moet nie te gereeld word nie. Een keer in twee(?) maande of so? Almal wil hier natuurlik sy eie goeters doen en dit is ook reg so. Maar die Nederlandse spreekwoord sê: verandering van spijs doet eten: 'n keer wat anders doen kan motiverend werk. Wat vind @Oesjaar:, @Suidpunt:, @SpesBona:, @Burgert Behr:, @Morne:? Ander? Wanneer kan ons begin? Gaan iemand met WikimediaZA praat? Jcwf (kontak) 20:37, 19 September 2018 (UTC)
Skryfweekartikel |
---|
Outeur: Iemand |
Week: 24 Sept '18 |
Moenie bewerk nie, asseblief |
Alle gebruikers word genooi om asb. te gaan stem vir onderwerpe vir ons eerste skryfweek. Ons kan teen Sondagaand die onderwerp met die meeste stemme kies en dan 'n skryfweek volgende week oor daardie onderwerp hou. Op die oomblik is die voorlopers Bhoetan en Europese Unie. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 20:13, 21 September 2018 (UTC)
Almal word genooi om hierdie week soveel as moontlik oor Bhoetan te skryf! – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 21:56, 23 September 2018 (UTC)
Hallo, is daar van julle wat belangstel om WikiIndaba 2019 by te woon?
Ek dink dit is belangrik om soveel mense as moontlik betrokke te kry. Dankie Dumbassman (kontak) 11:35, 24 September 2018 (UTC)
Dagsê. Ek is besig om leestekens by te werk onder 'punktuasie' en het gesien daar is 'n ander blad met inligting oor 'n klomp leestekens, so onder mekaar gerangskik. Ek wil nou 'n klomp leestekens op die 'punktuasie'-blad lys en dit dan een-een dan na daardie bestaande blad laat skakel, maar ek sien nêrens instruksies oor hoe om dit reg te kry nie. Enige raad?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur PetronelFourie (Bespreking • Bydraes) gelewer.
'n '''Dubbelpunt''' is 'n [[leesteken]]
. Die [[ ]] rondom die woord leesteken is 'n skakel na die bladsy Leesteken. Jy kan hierdie voorbeeld volg in die artikels wat jy skep om na die bladsy leesteken te skakel. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 22:02, 1 Oktober 2018 (UTC)Kom Sien ook voor bronne en verwysings of voor eksterne skakels? Ek kan eintlik nêrens 'n riglyn hiervoor opspoor nie? – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 09:33, 28 September 2018 (UTC)
Hi almal!
Om moeite en kopkrap te spaar kan gebruikers nou enige {{cite web}} in 'n artikel opruim deur dit net te vervang met {{sl:webaanhaling}} en al die probleme met "coauthors" en "first/last", "archiveurl" ens. sal outomaties reg vertoon as jy dit stoor.
Groete! --Aliwal2012 ("Die perd se bek") 15:06, 30 September 2018 (UTC)
Is die nuwe artikels oor leestekens soos die komma en aandagstreep nie kopieregskending nie? Die inligting kom uit die AWS. Burgert (kontak) 21:08, 2 Oktober 2018 (UTC)
Die Wikimedia-stigting toets tans sy sekondêre datasentrum. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia-wikis aanlyn kan funksioneer, selfs na 'n ramp.
Die span het alle verkeer op 12 September 2018 na die sekondêre datasentrum oorgeskakel.
Op Woensdag, 10 Oktober 2018, sal hulle dit terug verander na die primêre datasentrum.
As gevolg van sommige beperkings in MediaWiki, sal alle redigeerwerk ongelukkig tot stilstand moet kom wanneer ons verander.
U sal vir 'n kort rukkie alle wikis kan lees, maar nie redigeer nie.
Op Woensdag 10 Oktober sal u vir 'n uur lank nie mag redigeer nie. Die toets sal net na 14:00 UTC begin. As u gedurende hierdie tyd probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap ontvang.
Hierdie projek kan uitgestel word indien dit nodig is. Jy kan die skedule by wikitech.wikimedia.org gaan lees. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word.
Deel asseblief hierdie inligting met u gemeenskap. User:Johan(WMF) (talk) 12:03, 4 Oktober 2018 (UTC)
Elipsteken vs Ellipsteken, seer sekerlik net een kan reg wees.... Help asb! Groete! Oesjaar (kontak) 08:30, 11 Oktober 2018 (UTC)
Naand almal
Ek het die Engelse artikel "self-concept" na Afrikaans vertaal, hoofsaaklik met my eie vertaling omdat daar nie outomatiese vertaling beskikbaar was wat ek net kon redigeer nie. Die Engelse artikel bevat baie verwysing in die teks met die bronne onderaan en ek het daardie voetnote so behou. In die gepubliseerde Afrikaanse artikel is daar egter nou 'n hele lys wat op verwysingsfoute dui - hoe kan ek dit regstel sonder om die verwysings te verwyder? Selfkonsep– Hierdie ongetekende kommentaar is deur PetronelFourie (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Kan iemand asb help met https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/af/Kategorie:Vliegtuigenjins Dit vertoon nie goed nie! Groete! Oesjaar (kontak) 07:25, 14 Oktober 2018 (UTC)
Goeienaand, Ek probeer om die artikel "First aid" te vertaal, maar nadat ek die outomatiese vertaling gedoen het, kan ek nie in daardie blok redigeer nie - die merker wil nie in die teks verskyn sodat ek kan tik of uitvee nie. Is dit 'n tegniese fout of instandhouding?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur PetronelFourie (Bespreking • Bydraes) gelewer.
As ek probeer 'n nuwe bladsy soos Jacques Delors aan wikidata te koppel kry ek:
Die bladsy wat u gekies het is reeds aan 'n item in ons sentrale data-resevoir gekoppel. Bevestig dat die onderstaande bladsye inderdaad die bladsye is waaraan u hierdie bladsy wil skakel. |
en die koppeling misluk. Is daar 'n probleem met wikidata? Jcwf (kontak) 18:49, 25 Oktober 2018 (UTC)
Mense, ek is amper klaar met Javaanse tier - nog net so drie subhofies en die bronne. Ek wil solank kyk na Волколак wat vir my maar effens "wees" lyk op die Russiese Wiki Afrikaans. Ek wil my hand bietjie waag met die taal [al beteken dit dat ek elke liewe woord se agtervoegsel moet leer ken].
Die naam is egter 'n turksvy. Ek dink veral Burgert en Jcwf kan my hiermee help.
Tegnies gesproke dink ek behoort hierdie naam volgens die Woordelys en Spelreëls korrek getranslitereer te wees (ek hoop darem so). Maar nou sit ons met 'n probleem of twee.
Afgesien van die laasgenoemde probleem, is die groot probleem met die fonetiese skryfwyse weer die oorsprong wat die probleem is. In Russies is dit vry algemeen om Geert Wilders te skryf as "Герт Вилдерс", selfs al weet ons dit moet eintlik Херт wees. Die ou gebruik was wel om alles te "Gh". Neem nou maar (Frédéric-César) de La Harpe wat eenvoudig Лагарп (Lagharp) word. Dit kos nogal bietjie rondblaai om uiteindelik agter te kom: O, DIS HY! Iewers in my taalboeke staan daar in Engels skryf jy uit Russies altyd lettertjie vir lettertjie oor, selfs al verskil die uitspraak in Russies. Klaarblyklik is dit ook die geval met Nederlands en Duits.
Dit klink goed, aangesien dit amper al die ander Slawiese name insluit en almal na dieselfde gedierte verwys. So, wat's nou weer die probleem? Wel - is dit 'n WEERWOLF soos ons dit ken? Soos ek kan aflei, is dit (dikwels) bloot 'n wolf met 'n menseverstand; dus, hy staan nie altyd op twee bene nie. Hy is ook nie altyd so wreed, woes en bloeddorstig nie, maar dikwels vriendelik en saggeaard teenoor sy eie mense. Soos De Groot skryf:
En dan - wat van Kikimora en Baba Jaga? Of moet ons dan van laasgenoemde praat as "Russiese heks" of "Slawiese heks"? Dit voel ek weer is onnodig, want ek het as kind die woord "Baba Jaga" so leer ken in die kinderboeke.
Enige voorstelle?
Suidpunt (kontak) 08:51, 26 Oktober 2018 (UTC)
'n Volledige bron vir hospitale en gesondheidsklinieke is te vinde by:
https://github.com/codebridge-za/seeking-shelter/blob/master/curated_data/points/clinics.csv
as iemand daaraan wil werk.
(oorspronklik deur Dumbassman aan Oesjaar verskaf)
Dagsê almal,
Die Gemeenskapswenslysmeningsopname is die proses waarmee Wikimediagemeenskappe besluit presies waaraan die Wikimediastigting se "Community Tech" moet werk in die komende jaar.
Die "Community Tech"-span fokus op gebruiksgereedskap vir ervare Wikimediaredigeerders. Jy kan jou voorstelle van nou tot en met 11 November pos. Die gemeenskappe sal oor die voorstelle stem tussen 16 en 30 November. Lees meer op die wenslysmeningsopnamebladsy.
/User:Johan (WMF)11:05, 30 Oktober 2018 (UTC)
Gemeenskap, daar is tans net 65 van bogenoemde foute oor. Sien https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/index.php?lang=af&q=Spesiaal:Skakels_hierheen/Hulp:AS1_errors&from=102307&back=0 Baie van hulle se probleem kan ek nie sien nie, dit word nie aangedui nie. Daar is klmpie wat URL en Link probleme het. Ken iemand daarna kyk asb? Ek het die meeste van die date, accessdate en coauthors reggemaak. Hierdie fout was so 2 maande terug nog oor die 1000! Groete! Oesjaar (kontak) 08:17, 2 November 2018 (UTC)antwoord]
@Oesjaar en Burgert Behr:
--Sb008 (kontak) 16:36, 4 November 2018 (UTC)antwoord]
Read this in another language • Subscription list for this multilingual newsletter
Did you know?
Since the last newsletter, the Editing Team has wrapped up most of their work on the 2017 wikitext editor and the visual diff tool. The team has begun investigating the needs of editors who use mobile devices. Their work board is available in Phabricator. Their current priorities are fixing bugs and improving mobile editing.
14:16, 2 November 2018 (UTC)
Since I can't write in Afrikaans (reading I manage) I do this in English.
On WikiProject Check Wiki you can find all kind of lists of pages with syntax errors. Based on those lists you can correct the pages mentioned and, if done, mark them as "done" in the lists.
I don't know who is doing it, but 1 or more people are constantly marking pages as "done" without solving the problem. Only in the last few days I noticed a few dozen pages marked as solved without anything done and the syntax error still present.
Who ever is doing this, please stop doing this. It's counter productive!!!!
--Sb008 (kontak) 11:24, 4 November 2018 (UTC)
Hallo almal
Ek het pas die nuwe inhoudvertaler probeer. Eerste indrukke is redelik goed. Die eindresultaat is hier. Ek het die sigbare foute hier gerapporteer. Dit lyk my of daar ook 'n probleem met die vertaling/omskakeling van sjablone is. Weet iemand wat nodig is sodat hierdie outomaties korrek omgeskakel kan word? As die inhoudvertaler goed werk, sal dit 'n groot hulpmiddel wees. Ek het heelwat mense al blootgestel aan die vorige (tegnies gesproke huidige) inhoudvertaler, en daar is maar beperkinge. --Alias (kontak) 13:19, 5 November 2018 (UTC)
Afrikaanse Wikipedia so terloops op Radio Pretoria vermeld deur Dr Francois Durand. Vanaf 38:20 [8], Afrikaans in die klaskamer (1), Ek wil weet. JMK (kontak) 20:26, 5 November 2018 (UTC)
Wees die verandering wat u in die wêreld wil sien. — Mohandas Gandhi |
Het enigiemand die Wêreldspektrum van 1982? Ek sal graag 'n e-possie wil stuur met 'n paar dinge om op te soek. --Alias (kontak) 13:26, 7 November 2018 (UTC)
Wiki is nie 'n politiese webwerf nie. Hoekom kan Voyageur die Tuisblad misbruik vir sy politiese propaganda en fake news oor Italië. Dat hy -en ander Britse imperialiste- die Europese Unie kapot wil maak is duidelik, maar kan hy Wikipedia daarvoor misbruik? Jcwf (kontak) 14:51, 9 November 2018 (UTC)
Change coming to how certain templates will appear on the mobile web
Help met die vertaal na uw taal
Hello,
In a few weeks the Readers web team will be changing how some templates look on the mobile web site. We will make these templates more noticeable when viewing the article. We ask for your help in updating any templates that don't look correct.
What kind of templates? Specifically templates that notify readers and contributors about issues with the content of an article – the text and information in the article. Examples like Template:Unreferenced or Template:More citations needed. Right now these notifications are hidden behind a link under the title of an article. We will format templates like these (mostly those that use Template:Ambox or message box templates in general) to show a short summary under the page title. You can tap on the "Learn more" link to get more information.
For template editors we have some recommendations on how to make templates that are mobile-friendly and also further documentation on our work so far.
If you have questions about formatting templates for mobile, please leave a note on the project talk page or file a task in Phabricator and we will help you.
Baie dankie!
Hoe ek vandag by Maroela Media uitgekom het, is 'n lang storie. Ek skakel [wat ek amper nooit doen nie!] my selfoon in op ons enigste streeksradio, en luister Môregloed [en ek dag net RSG het radiodramas]. By nadere ondersoek sien ek dit is 'n projek wat deur Virseker befonds word (R450k vir 24 weke se aflewerings) via Maroela Media. En daar, aan die regterkant, sien ek toe 'n meningspeiling.
MAAK JY GEBRUIK VAN WIKIPEDIA?
Let wel: nêrens word enige melding van AFRIKAANSE Wikipedia spesifiek gemaak nie, hoewel party dit so mag interpreteer, ander weer nie. Ook weet ons iemand met twee rekenaars kan dalk twee keer stem, en/of enige tegnologie is feilbaar. Nou dat ek skryf 17:37 SAST, 14 November 2018 après J.-C., lyk die syfers so:
Hallo almal,
Ek wil graag 'n kompetisie aankondig om saadjies te verminder, soortgelyk aan The Africa Destubathon. Ek het vir pryse gereël in die vorm van Amazon gift vouchers vir 1ste (USD80), 2de (USD40) en 3de (USD20) plek vanaf WikimediaZA. Die kompetisie gaan gebeur vanaf 15 Desember 2018 tot 15 Januarie 2019. Ek hoop dit is 'n sukses, sodat ons hierdie kompetisie jaarliks kan doen.
Dankie en groete Dumbassman (kontak) 15:55, 15 November 2018 (UTC)
Gemeenskap, ek het bogenoemde artikel geskep en is besig om dit te voltooi. Vertaalwerk van die Engels bly maar altyd 'n tameletjie! ...en somtyds will die woorde nou maar net nie kom nie! Daai senior oomblikke waaroor ek so praat! ...en soms ondervind! Ek sukkel met amour-piercing, is ammunisie van 30mm nog 'n koeël?, depleted uranium ens. Lees asb die artikel deur wanneer julle kan, dit sal beslis help. Wat 'n vliegtuig! Groete! Oesjaar (kontak) 08:37, 16 November 2018 (UTC)
Hallo mense! Ek vra om verskoning vir die 20+ saadjies van SA riviere, ek werk nog daaraan.
My laptop, tablet en beursie is deur lang vingers uit my slaapkamer gesteel tydens Sondag se etenstyd. Ek sal weldra weer al die werkies opvang. Liefde --Aliwal2012 (kontak) 19:52, 19 November 2018 (UTC)
The Community Wishlist Survey. Help met die vertaal na uw taal.
Hey everyone,
The Community Wishlist Survey is the process when the Wiki communities decide what the Wiki Foundation Community Tech should work on over the next year.
The Community Tech team is focused on tools for experienced Wiki editors. The communities have now posted a long list of technical proposals. You can vote on the proposals from now until 30 November. You can read more on the wishlist survey page.
/User:Johan (WMF)18:13, 22 November 2018 (UTC)
Gemeenskap: uit die artikel Castle Bravo: ...die kragtigste kernwapen wat die VSA afgesit het. Is afgesit die korrekte term? Moet dit nie laat ontplof wees nie? Groete! Oesjaar (kontak) 06:21, 30 November 2018 (UTC)
Gemeenskap, ek het Solidariteit gevries omrede myns insiens die afgelope weke se wysigings blantante bemarking begin raak. Wiki is neutraal. Julle insette asb. Groete! Oesjaar (kontak) 08:31, 30 November 2018 (UTC)
Sê jou sê. Groete. -- SpesBona 10:40, 30 November 2018 (UTC)
Gemeenskap: bogenoemde artikel se bron is Wêreldspektrum wat in 1982 gepubliseer is, dus is dit 36 jaar oud. Sedertdien was daar 'n klomp navorsing gedoen oor visse en hulle taksonomie. Dit is veral DNS toetsing wat hier 'n groot invloed het. Maroela se personeel kopieer net die artikels met 'n OCR (Optiese Karakter-herkennings), as ek dit direk mag vertaal, en dra dan die artikel uit Wêreldspektrum net so oor na ons Wiki Afrikaans. In wese 'n goeie idee, maar...
Ek haal die volgende teks aan uit die artikel: Die tiervis (Hydrocynus vittatus), die imberi (Afestes imberi,) die streep-rower (Alestes lateralis) en die Okavango-rower (Rhabdaletes maunnensis) word onder meer by die familie ingesluit. Die Hepsetidae of Afrikaanse greepvisse word deur net een spesie verteenwoordig, die Hepsetus ordoe, terwyl die Distichodontidae familie deur twee spesies, die bekende nkupe (Distichodus mossambicus) en die chessa (Distichodus schenga) verteenwoordig word.
Die familie Citharinidae is nou verwant aan die vorige familie, en die dwergsitarien (Hemigrammocharax machadoi) en die breëbalk-sitarien (Nannocharax macropterus) word hierby ingesluit.
Ek het elke feit in die twee paragrawe met ons eie artikels wat hoofsaaklik A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton, 2001 gebruik en ook met FishBase, sien https://www.fishbase.de/search.php vergelyk. Elke feit in die twee paragrawe is verkeerd want die taksonomie het verander! Tragies!
Dit laat 'n mens nou wonder oor die res van die artikel, hoe akkuraat is dit? Ek het 'n paar skakels in gesit sodat julle dit kan nagaan. Hoe waar kan die volgende stelling nou wees: Die grootste familie onder die karperagtiges, plaaslik asook wêreldwyd, is die Cyprinidae,...?
Hoe gaan ons die saak hanteer? Ek het in vorige artikels ook 'n paar foute van die aard raakgeloop. Enige fauna/flora artikel uit Wêreldspektrum moet eers nagegaan word alvorens dit geplaas kan word. Ek glo nie daar sal fout wees met artikels oor persone nie.
Ons kan tog nie halwe waarhede aan die gemeenskap verkwansel as ware feite nie. Praat van integriteit!
Groete! Oesjaar (kontak) 08:25, 5 Desember 2018 (UTC)
Die Wikimediastigting se sekuriteitspan is besig om 'n nuwe wagwoordbeleid en vereistes in te stel. Leer meer oor die projek by MediaWiki.org.
Hierdie vereistes geld vir nuwe rekeninge sowel as bevoorregte rekeninge. Nuwe rekening sal 'n nuwe wagwoord met 'n minimumlengte van 8 karakters moet kies. Bevoorregte rekeninghouers sal gevra word om hul wagwoorde op te dateer na een met ten minste 10 karakters in lengte.
Bg. veranderinge word beplan vir die 13de Desember. Indien jy van mening is dat dit jou werk of gereedskap nadelig gaan beïnvloed, stel ons aldus in kennis op ons kletsbladsy.
Baie dankie!
Ai, my Telkom lyn is nou al sedert laas Don uit! Ek sit nou by 'n Mugg & Beam met hulle verniet Wi-Fi net om e-mails op te vang! Groete! Oesjaar (kontak) 10:00, 10 Desember 2018 (UTC)
Heelwat verwysings na die verskillende taalweergawes van wikipedia in die bronnelys van hierdie boek, insluitend Afrikaanse wikipedia.[9] JMK (kontak) 08:12, 14 Desember 2018 (UTC)
Waar is al die ontkiemers? :) Burgert (kontak) 15:15, 16 Desember 2018 (UTC)
Van die vlagartikels geniet min ondersteuning tydens hul nominasie. Dalk kan ander artikels soos Alabama, Bremen, Goud, Londen, Plinius die jongere, Tacitus en Wolf ook hul beurt kry? In 2018 het 22 artikels nuwe artikels op ons voorblad verskyn, vergelyk met 2017 se 12, 2016 se 8, 2015 se 18, 2014 se 25, 2013 se 31, 2012 se 20, 2011 se 38 en 2010 se 21. Wat is julle wense vir nuwe voorbladartikels? Groete. -- SpesBona 22:30, 16 Desember 2018 (UTC)
Barrel roll: vaatjie rol? Ai... Groete! Oesjaar (kontak) 17:44, 17 Desember 2018 (UTC)
Dit was nou werklik interessant om bogenoemde te vertaal, uitdagend om die minste te sê! Wat sal ram-air-turbine en thermal batteries se korrekte Afrikaanse vertaling wees? Groete!
Gelukkige Solstice! Rwbest (kontak) 15:40, 21 Desember 2018 (UTC)
Gemeenskap, wat is stealth in ons taal? Groete! Oesjaar (kontak) 06:54, 22 Desember 2018 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde is die drie klassifikasies vir straler motors (hoekom nie enjins nie?); is die korrekte Afrikaanse vertaling vir bogenoemde: turbostraal, turbowaaier en turboskroef? Ek wil net saadjies skep wat ek (of iemand) later kan verbeter vanaf die Engelse Wiki. Die saadjies sal verseker dat die vliegtuig artikels konsekwent is met die gebruik van stralermotors (enjins?)? Groete! Oesjaar (kontak) 13:48, 24 Desember 2018 (UTC)
'n Geseënde Kersfees aan die Wikipedia gemeenskap! Groete! Oesjaar (kontak) 02:54, 25 Desember 2018 (UTC)
Kan iemand kennisvol asb. 'n artikel skep oor die bloedsirkulasiestelsel?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur ReichVD (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Help met die vertaal na uw taal
Love is an important subject for humanity and it is expressed in different cultures and regions in different ways across the world through different gestures, ceremonies, festivals and to document expression of this rich and beautiful emotion, we need your help so we can share and spread the depth of cultures that each region has, the best of how people of that region, celebrate love.
Wiki Loves Love (WLL) is an international photography competition of Wiki Commons with the subject love testimonials happening in the month of February.
The primary goal of the competition is to document love testimonials through human cultural diversity such as monuments, ceremonies, snapshot of tender gesture, and miscellaneous objects used as symbol of love; to illustrate articles in the worldwide free encyclopedia Wikipedia, and other Wiki Foundation (WMF) projects.
The theme of 2019 iteration is Celebrations, Festivals, Ceremonies and rituals of love.
Sign up your affiliate or individually at Participants page.
To know more about the contest, check out our Commons Page and FAQs
There are several prizes to grab. Hope to see you spreading love this February with Wiki Loves Love!
Kind regards,
Imagine... the sum of all love!
--MediaWiki message delivery (kontak) 10:12, 27 Desember 2018 (UTC)
Hallo gemeenskap, om outomatiese webaanhalingsjablone van Maroela Media te genereer, maak 'n boekmerk in jou webblaaier en plak die volgende JavaScript-kode in die URL-veld:
javascript:(function (){ if (window.location.href.substring(0, 27) === "https://maroelamedia.co.za/") { const titel = document.getElementsByClassName("entry-title single-title")[0].innerText; const url = window.location.href; const m = document.getElementsByTagName("meta"); var datum; var stuff = document.getElementsByClassName('byline ')[0].innerHTML; var naam = stuff.match(/ \n.*<\/a>/, '')[0]; naam = naam.replace(/ \n]*>/, '').replace('', ''); for (let i = 0; i < m.length; i++) { if (m[i].getAttribute("property") === "article:published_time") { datum = m[i].getAttribute("content").substring(0, 10); } } var maande = ['Januarie', 'Februarie', 'Maart', 'April', 'Mei', 'Junie', 'Julie', 'Augustus', 'September', 'Oktober', 'November', 'Desember']; datum = datum.substring(8, 10) + ' ' + maande[Number(datum.substring(5, 7)-1)] + ' ' + datum.substring(0, 4); var vandag = new Date(); var dd = vandag.getDate(); var mm = vandag.getMonth() - 1; var jjjj = vandag.getFullYear(); if (dd<10) { dd = '0' + dd; } maand = maande[mm]; vandag = dd + ' ' + maand + ' ' + jjjj; const webaanhaling = '{{webaanhaling|url=' + url + '|titel=' + titel + '|werk=[[Maroela Media]]' + '|outeur=' + naam + '|datum=' + datum + '|toegangsdatum=' + vandag + '}}'; alert(webaanhaling); } })();
Watter ander webwerwe gebruik julle as bronne? Ek kan dalk kyk of ek hulle ook in die boekmerkie kan akkommodeer.
Geseënde Kersfees! – K175 (trap my uit | bydraes) 20:12, 27 Desember 2018 (UTC)
Naja, van my kant af! Suidpunt (kontak) 22:09, 31 Desember 2018 (UTC)
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Argief2018, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.