wikimania 2014

Ek wil graag my hartlike dank en waardering uitspreek teenoor Wiki Duitsland vir die toekenning van 'n reisbeurs wat my in staat sal stel om vanjaar se Wikimania-konferensie in Londen by te woon.

wikimania 2014

Dankbetuiging

Dit is beslis 'n wonderlike voorreg om Wikipediane van dwarsoor die wêreld te ontmoet, my ervarings met hulle te deel en oor die toekoms van ons projek te gesels. Dit is Wiki Duitsland se uitdruklike wens dat beurshouers hul ervarings en indrukke met die gemeenskap deel.



Voyageur

Wiki Duitsland

wikimania 2014 
Die kantoorgebou in Tempelhofer Ufer 23. Die WMDE-hoofkwartier is op die 1ste verdieping geleë
wikimania 2014 
Kom kuier by Wiki Duitsland se Five Pillows!
wikimania 2014 
Kennis in die bloed... en in die rakke!
wikimania 2014 
'n Byeenkoms van Wikipediane
wikimania 2014 
Baie moeite word gedoen om kongresgangers en besoekers aan die lewe te hou

Wiki is 'n wêreldwye beweging ter bevordering van die idee van vrye kennis. Die aanlyn-ensiklopedie Wikipedia en sy susterprojekte word bedryf deur die Wiki Foundation in San Francisco, Kalifornië. Daar is 40 onafhanklike nasionale organisasies wat Wikimedia-projekte ondersteun, soos byvoorbeeld Wiki Suid-Afrika.

Wiki Deutschland (WMDE) is die oudste en grootste van dié verenigings met 10 170 lede in 2014 (waarvan 1 750 aktiewe en 8 420 ondersteunende lede). Wiki Duitsland is 'n liggaam met regspersoonlikheid. Die hoogste beleidmakende liggaam is die ledevergadering (Mitgliederversammlung) wat twee keer per jaar vergader om besluite oor algemene sake te neem soos byvoorbeeld die vereniging se jaarlikse beplanning en om die beheerraad te verkies.

Wiki Duitsland se beheerraad (Präsidium) word vir 'n ampstermyn van een jaar deur die ledevergadering verkies om die vereniging se operasionele strategieë te formuleer. Die bestuurraad moniteer en hou toesig oor die werksaamhede van die voltydse bestuurders (Vorstand). In 2013 het Wiki Duitsland donasies ter waarde van 8 miljoen € (115,6 miljoen ZAR) ingesamel. Die totale inkomste het 11,6 miljoen € (167,4 miljoen ZAR) beloop.

In November 2013 het die medewerkers van Wiki Duitsland in hul nuwe kantoorruimtes in die Berlynse stadsdeel Kreuzberg ingetrek. Die straatadres (Tempelhofer Ufer 23) word as afkorting (TU23) gebruik om na die hoofkantoor te verwys wat in 'n historiese kantoorgebou gevestig is. Dié gebou het vroeër die hoofkwartier van die Berlynse ingenieursonderneming Orenstein & Koppel gevestig, 'n bekende vervaardiger van lokomotiewe en ander vervoertoerusting.

Die hoofkantoor beskik oor ruimtes en geriewe vir vergaderings, werkswinkels en ander byeenkomste. In Wiki Duitsland se programmeerders-saal word nuwe sagteware vir die Wikimedia-projekte ontwikkel.

Tydens kantoorure staan Wiki Duitsland se hoofkwartier oop vir besoekers. Lesers en gebruikers van die Afrikaanse Wikipedia, wat 'n besoek aan die Duitse hoofstad bring, is welkom om daar 'n draai te maak. Vrye draadlose internet-toegang word aan gaste verskaf.

Daar is vier afdelings:

  • Die Gemeenskapsspan (Team Communitys) ondersteun bydraers wat artikels skryf of uitbrei, foto's vir Wiki Commons neem en oplaai of reisberigte vir Wikivoyage skryf met raad en daad, ken beurse toe of betaal vir bydraers se reis- en verblyfkoste, stel tegniese toerusting vir beeld-, video- en klankopnames op leenbasis beskikbaar en koördineer en organiseer byeenkomste van gemeenskapslede. Hulle dien ook as skakelliggaam tussen vrywillige bydraers in projekte en Wikimedia-organisasies.
  • Opleiding en kennis (Bildung und Wissen) ontwikkel nuwe onderrigmetodes en modelle om kennis aan die breë publiek oor te dra. Hulle tree in kontak met persoonlikhede uit die wetenskapsbedryf en die onderwyssektor. Nasionale en internasionale projekte het ten doel om die konsep van vrye kennis in die onderwyssektor te vestig.
  • Politiek en samelewing (Politik und Gesellschaft) hou hulle besig met die maatskaplike raamwerk waarin vrye kennis oorgedra kan word. Hulle bevorder die ontwikkeling van moderne kopieregwetgewing en skakel daaroor met beleidmakers. Hulle tree intussen ook in kontak met besluitnemers op Europese vlak en berig oor politieke ontwikkelinge in Brussel. In samewerking met vrywilligers uit die verskillende projekte gee hulle ook advies aan kulturele instellings en stigtings wat hul digitale skatte toeganklik wil maak vir die breë publiek.
  • Sagteware-ontwikkeling (Software-Entwicklung) ontwikkel en verbeter sagteware volgens die behoeftes van die gemeenskap. Een van hulle grootste projekte is Wikidata, 'n databank vir Wikipedia-projekte wat gegewens soos inwonertalle of geboortedatums versamel en struktureer sodat hulle maklik deur bydraers in artikels gebruik kan word. Word byvoorbeeld die inwonertal van Berlyn in Wikidata hersien en gewysig, word hierdie wysiging op een slag in alle Wikipedia-projekte, so ook in die Afrikaanse Wikipedia, sigbaar. Sodoende word die gehalte van ons ensiklopedie verbeter en die bewerking van artikels vergemaklik. Gebruikers mag gegewens in Wikidata self opdateer.

Nog twee dae...

wikimania 2014 
Oud en nuut in Islington, Londen
wikimania 2014 
Britannia Pub, Islington - 'n tipiese Engelse kroeg
wikimania 2014 
Renaissance, City Road, Islington

Die Hackathon het al begin, die openingsplegtigheid van die Wikimania 2014-konferensie hier in Londen sal egter eers op Donderdagaand in die Barbican Centre plaasvind. Baie Wikipediane word in die Thistle Barbican City Hotel in Islington gehuisves - in 'n wonderlike buurt met ou en nuwe argitektuur naby die middestad, die City of London..

Londen op openingsdag

wikimania 2014 
Uitsig vanaf die Millenniumbrug

Lisa, een van die medewerkers van The Co-operative Food Store Shoreditch in Old Street, laat my dadelik tuisvoel. Ek het toevallig een van die hotelkamers sonder lugreëling gekry waar die hitte verskriklik word. The Co-op hou my met cranberry sparkling spring water aan die lewe - anders sou die Britse Museum 'n kans hê om 'n nuwe mummie by sy versameling te voeg!

Openingsaand

wikimania 2014 
Wikimania 2014--openingsaand in die Barbican Hall, Londen
wikimania 2014 
'n Konsert met tradisionele Britse popmusiek is tydens die openingsaand aangebied

Die Wikimania-konferensie 2014 is geopen met kort toesprake van Edward Saperia, die konferensie-direkteur; Jon Davies, die uitvoerende hoof van Wiki VK; JImmy Wales, die stigter van Wikipedia (wat juis sy verjaardag gevier het); Lila Tretikov, die uitvoerende direkteur van die Amerikaanse Wikimedia-stigting; en Salil Shetty, sekretaris-generaal van Amnesty International. Shetty het veral na die ooreenkomste tussen Wikipedia en Amnesty International verwys - albei internasionale organisasies word deur vrywilligers aan die gang gehou.

Program

'n Verskeidenheid toesprake, referate, werkswinkels, rondetafelgesprekke en diskussies is aangebied, net soos informele byeenkomste van Wikipediane. Wikimania was ook 'n goue geleentheid om vrugbare gesprekke met gebruikers van ander projekte en lede van die Wikimedia-stigting te voer.

Die hooftemas in Londen was:

  • Werkswinkels oor media-opleiding, programontwerp, GLAM-evaluasie, kartografie, nuwe idees en genderkwessies
  • Die kultuur van vrye sagteware
  • Sosiale masjiene en kubergemeenskappe
  • Opleiding en
  • Tegnologie

Tags:

wikimania 2014 Dankbetuigingwikimania 2014 Wiki Duitslandwikimania 2014 Nog twee dae...wikimania 2014 Londen op openingsdagwikimania 2014 Openingsaandwikimania 2014 Programwikimania 2014

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DikdermKolorektale kankerVars waterPomeloOmtrek, oppervlakte en volumeDawidKlimaatsverandering in AfrikaSeekoeiSelfvertroueLongontstekingPenisChemiese elementParkinson se siekteKorrupsieGrondbesoedelingMenstruasieWebblaaierKrugerwildtuinMiddeloorontstekingSwemYstervarkMiskruierLys van Kaapstad se voorstedeStereotipeSkaapMadison IvyBiodiversiteitGroot DepressieMarkenDemi Lee MooreHoofpynCounter-Strike (videospeletjie)RekenaarKameelperdBernice WestChemiese verbindingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BaälLys van musiekinstrumenteSeksNederduitse Gereformeerde KerkLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWaterstofPaasfeesSomerPlantAtlantiese OseaanHerpes simplexMuishondGeografie van Suid-AfrikaKlimaatveranderingKrokodilAfrikaanse TaalmonumentNierversakingVaste stofKaliforniese KanaaleilandeGlobaliseringSikloonSelfstandige naamwoordWalt DisneyLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLikkewaanRassisme in AfrikaNamibiëHartaanvalLys van veltoestandeSkilpadTobie CronjéWatersuiweringKaliforniëLys van Afrikaanse televisiereekseVrees🡆 More