voorbladartikel Week 53 2015

Die sekretarisvoël (Sagittarius serpentarius) is 'n groot, grondlewende roofvoël wat endemies aan Afrika is.

'n Sekretarisvoël by Eagle Heights Wildlife Park, Kent, Engeland.

Hierdie voëls word aan hulle unieke voorkoms gekenmerk: lang, kaal bene, met 'n statige houding en kuifvere met 'n swart punt. Gewoonlik word hierdie voëls in die oop grasvlaktes en savannes van Afrika suid van die Sahara gevind, waar hulle bedags aktief op jag is na prooi.

Die oorsprong van die naam "sekretarisvoël" is moontlik afkomstig van die kuifvere, wat die voëls soos outydse sekretarisse laat lyk, met penvere agter die ore. Daar is egter voorgestel dat "sekretaris" afkomstig is van die Arabiese saqr et-tair ("jagvoël"), wat by hierdie voël se eetgewoontes pas.

Die wetenskaplike naam is Sagittarius serpentarius (Latyns): Sagittarius beteken "boogskutter" en die spesienaam serpentarius beteken "betrekking hê op slange". Die "boogskutter" verwys moontlik na die kuifvere, wat herinner aan pyle wat bo 'n koker uitsteek, terwyl "serpentarius" waarskynlik na die slange in die voël se dieet verwys.

Tags:

AfrikaAfrika suid van die SaharaEndemies (ekologie)RoofvoëlSekretarisvoël

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BiljoenIndustriële RevolusieAfrikaanse WikipediaN.P. van Wyk LouwVolkekundeDulcie van den BerghLeeuSuid-Afrikaanse PolisiediensLetterkundeTuisbladJaco du PlessisWynand du ToitSiembambaSuurstofLys van ingelyfde NG gemeentesKolitisSteve BikoGewone luislangLys van bekende Suid-AfrikanersWikipediaFritz WepperHomoniemGordelroosNarkoseDaggaSuiwelprodukNelson MandelaIngrid JonkerAsynBeesKoöperasiestoriesSelfmoordSuid-Afrikaanse randBreingewasHerfsJan van RiebeeckMisdaadBrasiliaanse nasionale rugbyspanKoolhidraatAalwynInfeksieVarkPenisRolprentAarde se atmosfeerAleksei NawalniLionel MessiGrysstofLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKunsKleinkolmuskeljaatkatBatmanTuberkuloseOrganometaalchemieKrieketAntarktikaWikiquoteDie BylErnst Otto FischerLys van Suid-Afrikaanse musikanteTrappe van vergelykingHerpes simplexSleurkragBloeddrukFritz HaberAuschwitz-konsentrasiekampPampoentjiesAfrikaansSeekoeiMoslem🡆 More