voorbladartikel Week 51 2010

Uraan is ‘n silwerwit metaalagtige chemiese element in die aktiniede reeks van die periodieke tabel, met ‘n atoomgetal van 92.

Uraan

Die chemiese simbool U word aan uraan voorgeskryf. ‘n Uraan-atoom het 92 protone en 92 elektrone. 6 van die elektrone is valenselektrone. Die uraankern bevat tussen 141 en 146 neutrone, wat die 6 isotope van uraan bevestig, die algemeenste hiervan is uraan-238 (146 neutrone) en uraan-235 (143 neutrone). Al hierdie isotope is onstabiel en uraan se radioaktiwiteit is redelik swak. Uraan het die tweede hoogste atoomgetal van elemente wat natuurlik voorkom, naas plutonium-244. Uraan se digtheid is omtrent 71% hoër as dié van lood, maar nie so dig soos goud of wolfram nie. In die natuur kom dit in lae konsentrasies voor (min deeltjies per miljoen) in grond, rotse en water, en word kommersieel ontgin uit uraandraende minerale soos uraniniet.

In die natuur kom uraan voor as uraan-238 (99,284%), uraan-235 (0,711%),%), en baie klein hoeveelhede uraan-234 (0,0058%). Uraan verval stadig deur die uitstraling van ‘n alfadeeltjie. Die halfleeftyd van uraan-238 is omtrent 4,47 miljard jaar en vir uraan-235 is dit 704 miljoen jaar, wat dit nuttig maak vir die datering van die Aarde se ouderdom.

Tags:

AktiniedAtoomgetalChemiese elementChemiese simboolDigtheidElektronGoudIsotoopLoodMetaalMineraalNeutronPeriodieke tabelProtonRadioaktiewe vervalUraanUraninietValenselektronWolfram

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Seksuele opwekkingGroot TrekVleesbaaiOnse VaderMangelHoofstadLys van Suid-Afrikaanse skrywersSkaakBosluisSenuweestelselDerrickBybelvertalingDepressie (gemoedstoestand)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameAdolf HitlerKopieregSiberiëWikiquoteAppelblaarGodLys van kleureKommunikasieOntbinding van die SowjetunieJesus van NasaretVaginale kankerWikipediaGodsdiensSamestellingOutismeNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweTonnels van Củ ChiKinderregteVigsWes-KaapHeupMeervoudSelfmoordKalenderSemenMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaKwaZulu-NatalAfrikaanse taalleerAkira ToriyamaKarakteriseringDikdermBrasiliaanse nasionale rugbyspanIdioomGeslagBysteekBywoordGuillain-Barré-sindroomPaasfeesMusiekAfkortingWerwelkolomKuberkrakerWayde van NiekerkNamibiëLugbesoedelingTarentaleHartGeelslangBaardskeerder-spinnekopEkonomieGoogleSeksueel oordraagbare infeksieKlem-in-die-kaakTweede VryheidsoorlogVrouEmfiseemOssewaDanie du ToitAarde se atmosfeer🡆 More