Skakels is 'n belangrike kenmerk van Wiki Afrikaans.
Interne skakels bind die ensiklopedie in 'n onderling verbonde geheel. Interwikiskakels verbind die ensiklopedie met susterprojekte soos Wikisource, Wiktionary, en Wikipedia in ander tale. Eksterne skakels verbind Wikipedia met die Wêreldwye Web.
Toepaslike skakels verskaf 'n onmiddellike roete na 'n vollediger begrip van die betrokke onderwerp. Wanneer ookal 'n artikel geskryf of gewysig word, is die belangrik om nie net te oorweeg watter inhoud om in die artikel te plaas nie, maar ook watter skakels om in te sluit om die leser te help om verwante inligting op te spoor, sowel as watter ander bladsye na die artikel moet skakel. Sorg moet geneem word om te verhoed dat te veel of te min skakels ingesluit word.
Hierdie bladsy verskaf riglyne oor skakels gebruik moet word al dan nie, en hoe om skakels te formatteer.
Soos in later in detail verduidelik, kan skakels direk wees (Middelburg, Mpumalanga, wat lei tot Middelburg, Mpumalanga), of 'gepyp' (Middelburg, wat Middelburg in die teks tot gevolg het, maar steeds skakel na die artikel "Middelburg, Mpumalanga") — alhoewel die pyp-truuk 'n makliker manier is om hierdie spesifieke skakel te skep.
Afdelingsopskrifte mag nie self skakels bevat nie; In plaas daarvan moet {{hoofartikel}} of == Sien ook == onmiddellik na die opskrif geplaas word.
Skakels moet nie in die vetgedrukte herhaling van die titel in die openingsparagraaf geplaas word nie.
Wees konserwatief as u binne aanhalings skakel; skakel slegs na teikens wat ooreenstem met die betekenis wat duidelik deur die skrywer van die aanhaling bedoel word. Waar moontlik, skakel eerder die teks buite die aanhaling - voor dit of kort daarna. (As u hiperteks aangehaal het, voeg 'n redaksionele noot, [skakel in die oorspronklike] of [skakel bygevoeg], na gelang van die geval.)
Vermy, indien moontlik, skakels langs mekaar sodat hulle soos 'n enkele skakel ('n "see van blou") lyk, soos in [[Suid-Afrika|Suid-Afrikaanse]] [[Nasionale vlag|Nasionale]] [[Weermag]]
. Oorweeg dit om die sin te herformuleer, een van die skakels weg te laat, of eerder 'n enkele, meer spesifieke skakel te gebruik, bv. Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.
Artikels oor tegniese onderwerpe vereis moontlik 'n groter digtheid van skakels as artikels wat van algemene belang is, omdat dit waarskynlik meer tegniese terme bevat wat algemene woordeboeke waarskynlik nie in konteks sal verklaar nie.
Pasop om na 'n artikel te skakel sonder om eers te bevestig dat dit in konteks nuttig is; die feit dat die titel daarvan ooreenstem met die konsep waarna u wil skakel, waarborg nie dat dit hoegenaamd oor die gewenste onderwerp handel nie. Dit is bv. onwaarskynlik dat 'n bouer wat oor skure praat, dit eerder na Skuur wil skakel in plaas van Skuur (gebou), en enige leser wat op so 'n skakel hoef te klik, sal sukkel om sin te maak van wat die stelsel bied.
Moenie skakels na gebruikers-, WikiProjek-, opstel- of konsepbladsye in artikels skep nie, behalwe in artikels oor Wikipedia self.
Voorkom dat lesers skakels moet najaag: as 'n baie tegniese term eenvoudig met baie min woorde verklaar kan word, doen dit. Gebruik 'n skakel waar nodig, maar moet die leser sover moontlik nie dwing om 'n skakel op te soek om die sin te verstaan nie. Die teks moet sinvol wees vir lesers wat nie skakels kan volg nie. Gebruikers kan artikels uitdruk of aflyn lees, en Wikipedia-inhoud kan in gepubliseerde vorm voorkom, dikwels sonder skakels.
Vermy die gebruik van gekleurde skakels wat die gebruiker se vermoë belemmer om skakels van gewone teks of kleurskakels te onderskei vir suiwer estetiese redes.
'n Artikel het te min skakels indien woorde wat na artikels kan lei wat begrip van die artikel kan verbeter, nie geskakel is nie. In die algemeen moet skakels geskep word vir:
Indien u voel dat 'n skakel nie in die lyf van die artikel behoort nie, oorweeg om dit na die "Sien ook"-afdeling te skuif.
'n Artikel het te veel skakels wanneer dit so baie skakels bevat dat dit moeilik is vir 'n gebruiker om die skakels te identifiseer wat sy of haar begrip van die artikel sal verbeter. 'n Studie in 2015 van boekstaafdata het gevind dat "in die Engelse Wikipedia, van die 800 000 skakels wat in Februarie 2015 bygevoeg is, die meeste (66%) nie eens een keer in Maart 2015 gevolg is nie, en van die skakels wat wel gevolg is, daar net enkele kere op hulle geklik is," en dat "om eenvoudig meer skakels by te voeg nie die totale aantal skakels in die artikel waarop geklik word, verhoog nie. Skakels kompeteer eerder met mekaar vir gebruikeraandag."
'n Goeie vraag om uself te vra is of die lees van die artikel waarna u van plan is om te skakel 'n leser se begrip van die artikel waarvandaan u skakel, sal verbeter. Tensy 'n begrip spesifiek relevant is tot die konteks van die artikel, word die volgende gewoonlik nie geskakel nie:
Oor die algemeen moet 'n skakel slegs een keer in 'n artikel verskyn, maar as dit nuttig is vir lesers, kan 'n skakel herhaal word in inligtingskassies, tabelle, onderskrifte, voetnota's, hoednota's en by die eerste keer ná die inleiding. Verwysings staan alleen in die gebruik daarvan, en daar is geen probleem daarmee om dieselfde skakel in baie aanhalings in 'n artikel te herhaal nie; bv. |werk=[[Rapport]]
.
Te veel skakels mag die leesbaarheid van die inleiding verlaag. In tegniese artikels wat ongewone terminologie gebruik, mag 'n hoër digtheid van skakels as gewoonlik in die inleiding toepaslik wees. Probeer om in sulke gevalle 'n informele verduideliking in die inleiding te verskaf en stel die gebruik van meer tegniese terminologie tot later in die artikel uit—sien Wikipedia:Maak tegniese artikels verstaanbaar en Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie.
As voorbeeld, sien die artikel oor die Chapman-Kolmogorov-vergelyking:
Die artikel wat geskakel word, moet sover moontlik, ooreenstem met die term wat as die skakel vertoon word. Die skakeldoel en die skakeletiket hoef nie met mekaar ooreen te stem nie, maar die skakel moet so intuïtief as moontlik wees.
Skakel altyd na die artikel met die mees spesifieke onderwerp wat geskik is vir die konteks waaruit u skakel: dit sal oor die algemeen meer gefokusde inligting bevat, sowel as skakels na meer algemene onderwerpe.
As 'n bestaande artikel 'n afdeling het wat spesifiek oor die onderwerp handel, kan u dit direk herlei of daaraan koppel deur die artikelnaam met 'n hutsmerk (#) op te volg en dan die naam van die onderafdeling.
'n Probleem kan ontstaan as die titel van die afdeling om die een of ander rede verander het, aangesien hierdie aksie enige inkomende onderafdeling-skakels sal verbreek (indien dit voorkom, sal inkomende skakels standaard aan die bokant van die gekoppelde artikel verskyn). Die aanbevole manier om hierdie breuk te voorkom, is om 'n "Anchor"-vorm te gebruik wat die voornaam van die afdeling spesifiseer.
Gestel jy moet poedel koppel, en daar is nog nie so 'n artikel nie. U wil dalk 'n AANSTUUR van "poedel" na "hond" soos volg skep: skakel soos gewoonlik: Sy het 'n [[poedel]] besit
. As u dit stoor of voorskou, sal u sien: Sy het 'n poedel besit. Kliek op die rooi skakel, en u word uitgenooi om 'n nuwe bladsy vir poedel te skep; voer dan #AANSTUUR:[[Hond]]
in, sodat lesers wat op poedel kliek, direk na die honde-artikel geneem word. Die aanstuur is beter as 'n direkte skakel soos [[hond|poedel]]
, want wanneer 'n werklike poedel-artikel uiteindelik geskep word (vervanging van die aanstuur), sal lesers wat op poedel klik, outomaties daarheen geneem word sonder dat iemand na al die hond-skakels hoef te gaan kyk om te besluit watter moet eintlik poedel toe gaan nie.
Gebruik hierdie voorbeeld om 'n skakel na 'n aanstuurbladsy sonder om die onderliggende aanwysing te volg: {{geen herleiding|poedel}}
.
Hou die pypskakels so intuïtief as moontlik. Maak seker dat die leser volgens die beginsel van die minste verbasing weet wat om te verwag as hy op 'n skakel klik. U moet u bladsystruktuur en skakels beplan sodat alles redelik en sinvol lyk. As 'n skakel lesers na 'n ander plek neem as waar hulle gedink het dit sou wees, moet dit hulle ten minste êrens heen neem wat sin maak. Moet byvoorbeeld nie skryf:
Richard Feynman was ook bekend vir sy werk in [[Parton (deeltjiefisika)|deeltjiefisika]]
nie.
Hier sou lesers die skakel sien as deeltjiefisika, nie die verskuilde verwysing na die bladsy Parton (deeltjiefisika) nie, tensy hulle op die skakel klik of hul muis daaroor hou. As 'n fisiese kopie van die artikel gedruk is, sal die verwysing na die partonmodel verlore gaan. Sulke skakels word soms "paaseier"- of "duikboot"-skakels genoem.
Wiki bevat kategorieë soos [[Kategorie:Rugby]]
; as u dit onderaan 'n artikel voeg, word dit in daardie kategorie geplaas. U kan 'n kategorie skakel deur 'n dubbelpunt vooraan te sit.
Oor die algemeen verskaf te veel skakels 'n ongewensde effek vir leesbaarheid. Maar indien te veel blou skakels die aandag aftrek, is rooi skakels nog erger. Die mees neutrale tekskleur, waarskynlik swart, is gewoonlik die mees produktiewe.
Indien dit wil voorkom asof die vlak van rooi skakeling oordadig is in teksgedeeltes, moet u onthou dat daar bevind is dat rooi skakels 'n dryfkrag is wat bydraes aanmoedig, Gebruik dan die feit om die waargenome stilistiese kwessies van "oorskakeling" te balanseer met die rooi skakels. Alle wettige rooi skakels is titels vir die onvervulde dekking van onderwerpe wat nie in stryd is met Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie nie.
Dit is maklik om 'n foutiewe skakel te skep sonder om dit agter te kom. Wanneer 'n nuwe blou skakel geskep word in 'n artikel, is dit raadsaam om die "Wys voorskou"
-knoppie te druk, en op die blou/rooi skakels te klik, om te kontroleer of die skakel wel verbind is aan die teikenartikel wat u bedoel het. Indien u na 'n dubbelsinnigheidsbladsy
herlei word, is dit natuurlik beter om daar-en-dan werk te maak daarvan om na die korrekte blad te skakel.
Deur naamgewingskonvensies te volg, sal 'n interne skakel baie meer waarskynlik lei tot 'n bestaande artikel. As daar nog nie 'n artikel oor die onderwerp bestaan nie, sal 'n goeie skakel dit makliker maak om later 'n korrekte naam te skep.
Maand-en-dag-artikels (bv. 24 Februarie en 10 Julie) en jaarartikels (bv. 1955) moet nie gekoppel word nie, tensy die gekoppelde datum of jaar 'n beduidende verband hou met die onderwerp van die skakelartikel, verder as dié van die datum op sigself, sodat die koppeling die leser se begrip van die onderwerp verhoog. Byvoorbeeld:
[[Tydlyn van die Tweede Wêreldoorlog (1942)|1942]]
is moontlik gekoppel aan 'n ander artikel oor die Tweede Wêreldoorlog.[[1787 in die wetenskap|1787]]
kan moontlik gekoppel wees aan 'n gedeelte waarin 'n spesifieke ontwikkeling in die metrieke stelsel wat in daardie jaar plaasgevind het, bespreek is.Daar behoort nie na maateenhede geskakel te word indien hulle in die algemene dag-tot-dag gebruik vir lesers verstaanbaar is nie. Blou skakels na bv. km (kilometer), gram of hoogte bo seevlak is onnodig.
Wiki is nie 'n versameling van "Eksterne skakels" nie, en 'n artikel wat slegs uit eksterne skakels bestaan is nie aanvaarbaar volgens die "wat Wikipedia nie is nie" beleid.
Die sintaksis vir die verwysing na 'n URL is eenvoudig. Omsluit dit net in hakies met 'n spasie tussen die URL en die teks wat vertoon moet word wanneer die bladsy voorbeskou of gestoor word:
[https://www.restaurant.org Maandag se spyskaart]
Die URL moet begin met http://
of https://
, of enige ander protokol, soos ftp://
of news://
.
U behoort nie 'n beskrywende titel by 'n ingebedde HTML-skakel binne 'n artikel te voeg nie. As u 'n ingebedde skakel as bron in 'n artikel gee, moet u die URL in vierkantige hakies omsluit, soos volg: [https://www.guardian.co.uk/usa/story/0,12271,1650417,00.html]
→ [1]. U moet egter 'n beskrywende titel byvoeg wanneer 'n eksterne skakel aangebied word in die afdeling Verwysings, Verdere lees of Eksterne skakels. Dit word gedoen deur beskrywende teks na die URL te verskaf, geskei deur 'n spasie en dit alles in vierkantige hakies omsluit.
Sonder die opsionele teks verskyn eksterne verwysings as outomaties genommerde skakels:
[https://en.wikipedia.org/]
Wanneer 'n ingebedde HTML-skakel gebruik word om 'n inlynbron in 'n artikel te verskaf, moet 'n genommerde skakel na die leestekens, soos hierdie,[3] gebruik word, met 'n volledige verwysing in die afdeling Verwysings. Hierdie verwysingstyl word nie aanbeveel nie, omdat sulke skakels vatbaar is vir skakelvrot. Raadpleeg Wikipedia:Verwysingsbronne en Wikipedia:Verifieerbaarheid vir meer inligting.
Geïntegreerde skakels wat inligting in 'n artikel ondersteun, word op dieselfde manier geposisioneer as enige ander verwysing in die artikel, volgens die gewone standaarde vir verwysings na leestekens. Skakels wat nie as bronne gebruik word nie, kan soos volg in die afdeling Eksterne skakels gelys word:
==Eksterne skakels==
* [https://...]
* [http://...]
Soos met ander opskrifte op die boonste vlak, moet twee gelykaantekens gebruik word om die opskrif vir eksterne skakels te merk.Eksterne skakels moet altyd die laaste afdeling in 'n artikel wees. Dit word voor kategorieë en navigasiesjablone geplaas.
Behalwe Afrikaanse en Engelse webwerwe, behoort vreemde tale as bronne vermy te word om verwarring te verhoed.
As die skakel nie na 'n HTML- of PDF-lêer is nie (laasgenoemde word outomaties geïdentifiseer deur die sagteware met 'n ikoon soos volg: [4], identifiseer die lêertipe. As u 'n blaaier-inprop benodig om die lêer te sien, noem dit ook. As 'n skakel na 'n PDF-lêer is, maar nie met .pdf eindig nie, kan u 'n #.pdf
aan die einde plaas om dit as 'n PDF aan te dui
Interwiki-skakels kan as volg gekryf word:
[[wiktionary:artikel]]
wat weergegee word as: wiktionary:artikelDie pypsimbool onderdruk die prefix:
[[wiktionary:artikel|]]
→ artikelTeks bygevoeg na die pypsimbool lewer 'n ander beskrywing:
[[wiktionary:artikel|Springbokke]]
→ SpringbokkeDrywende kassies vir skakels na artikels in ander Wiki Stigting-projekte soos Wiktionary en Wikiquote, kan met spesiale skakelvorms gedoen word.
Skakeling en voortdurende wysiging is die belangrikste kenmerke van Wiki Afrikaans. Deurlopende verandering maak die skakel egter kwesbaar vir verworwe tegniese foute en die latere verskaffing van ander inligting as wat oorspronklik bedoel was. Dit geld vir beide "uitgaande" skakels (vanaf 'n artikel) en "inkomende" skakels (na 'n artikel).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Skakels, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.