geselshoekie/Argief2014

'n Voorspoedige 2014 aan die Wiki gemeenskap! Oesjaar (kontak) 22:32, 31 Desember 2013 (UTC)

Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.

Welkom in 2014

Hoofpyn-poeiers

Daar blyk werklik min artikels te wees oor wat die uitwerking is van Grandpa Pynpoeiers en alkohol gebruik in kombinasie met mekaar. Ook wat die langtermyn uitwerking op jou liggaam is en hoe gemaak as iemand verslaaf is aan hierdie medikasie. Wat is die "side effect" van Grandpa's?

    Grandpa-poeier is verslawend en uiters giftig! As iemand te veel hiervan neem (met of sonder alkohol) verkeer die persoon in lewensgevaar en moet mediese hulp dringend opgesoek word. Groete. Frank (kontak) 15:21, 4 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
      Nee beste Frank, ek stem nie saam met jou antwoord nie. "Grandpa" is NIE verslawend nie, dis waarom mens dit by 'n kafee mag koop. Die persoon mag 'n hipersensitiwiteit vir een of meer bestanddele hê, dis hoekom mens altyd die uiterse voorsorg moet tref met die gebruik/bewaring van enige medisyne. Wat wel waar is, is dat ALLE medisyne, hoe gering ookal, 'n mate van toksisiteit besit, aangesien hulle chemiese stowwe is wat op die menslike liggaam inwerk. Wat geneeshere en aptekers daagliks probeer bereik is om middels voor te skryf wat toksies-veilig is, m.a.w. die geneeskundige (farmakologiese) voordele oortref die moontlike nadelige effekte by verre (in die algemene bevolking). Aliwal2012 (kontak) 21:04, 8 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
      Om die persoon hierbo beter te antwoord: Ja, Grandpa se langtermyn-gebruik is nie wenslik nie, aangesien die oormaat aspirien, kafeïen en parasetamol daarin letterlik 'n gat in jou maag en niere kan brand (dit klink erg né!). Die persoon wat onder verdenking is het heel waarskynlik 'n fisiese afhanklikheid vir Grandpa (word gebruik uit "gewoonte" vir moontlike pyn); nie 'n psigiese afhanklikheid (soos in "hooked on drugs" nie)! Sover my kennis strek, is daar geen psigiese afhanklikheidsvormende (verslawende) bestanddeel in Grandpa-poeiers nie. U moet liefs 'n organisasie soos SANCA (SA National Council on Addiction) raadpleeg indien u enige verslawing/wangedrag vermoed. Lekker aand, u Apteker Aliwal2012 (kontak) 21:18, 8 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

Boodskap van Oesjaar!

Die Wiki-gemeenskap. Vandag 5 jaar gelede het ek geregistreer as 'n Wiki-gebruiker. Nou vyf jaar, 40,000plus wysigings en 3,000plus artikels later - wat kan ek sê? Vyf jaar gelede was die getal artikels net oor die 17,000 en Wiki het nie 'n ware Afrikaanse geur gehad nie. Hoe het dinge verander die afgelope vyf jaar! Alle groot dorpe en nedersettings is geskep, damme, riviere, berge, visse, voëls, katte, sterre-dinge, bome (wel amper), ons nasionale paaie, meer vir die Anglo-Boereoorloë en nog vele meer! Dankie aan al die hulp van ander gebruikers, Frank, Winston, JCIV, JMK, Aliwal en almal wat se name ek nou nie kan onthou nie! Kom ons kry nou die 30,000 ding agter die rug... Oesjaar (kontak) 05:27, 6 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

    Dis altyd goed om terug te kyk en te reflekteer op wat vermag is. Jou bydrae was inderdaad groot, so ook die bydraes van 'n klomp ander gebruikers. Maar daar is nog baie werk wat voorlê. Dis belangrik om die aantal artikels uit te brei, maar ons moet ook daai klein saadjies liefde en water gee, sodat hulle ook kan groei. Wens net ek het meer tyd gehad... Kan ons nie dalk 'n fonds stig en studente betaal vir artikels nie? As 'n paar mense R100/maand bydrae, sal dit 'n groot verskil kan maak. Groete. Frank (kontak) 19:15, 6 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
    Geluk aan almal met uitstekende werk. Alhoewel ek vir baie lank glad nie aktief was nie, het ek deurlopend vordering dopgehou. Oesjaar, jou indrukke klink baie soos myne van 2004 en 'n paar jaar later (behalwe dat wat ons nou het, nog veel meer soos 'n ensiklopedie lyk). Ek hoop ons sal weer oor vier jaar kan terugkyk en van groot verbetering praat. --Alias (kontak) 07:07, 7 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
            Meer tyd ... ja wel. Geluk aan almal en dankie vir jul bydraes. Wie van julle ken afrikaanse onderwysers of dosente? Hulle kan baie maklik vir hulle studente take gee: Vertaal artikel X oor in Afrikaans of "Kies 'n titel en skryf 'n artikel" of "brei 'n saadjie uit" vir af.wikipedia.org. Dit kan dalk dan ook deelmaak van studente se betrokkenheid by die gemeenskap (alhoewel hierdie een aanlyn is). Dit kan jaarliks heelwat artikels die lig laat sien. Sterkte vir 2014! Arno (kontak) 14:51, 9 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

Nuwe statistiek vir Nov 2013 is beskikbaar

Frank, nuwe stats is beskikbaar. Oesjaar (kontak) 08:21, 3 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

Hoeveel Afrikaanse Wikipediane gaan vanjaar in Londen wees?

Jy kan finansiële ondersteuning kry om Wikimania 2014 in London by te woon! Sien https://wikimania2014.wikimedia.org/wiki/Scholarships --Slashme (kontak) 09:47, 12 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

Skeur in baarmoeder?

Goeie dag. Ek het 10 jaar terug geboorte gegee aan my laaste kind. Intussen het ek 3 miskrame gehad. Die vorige dokter het gesê dis omdat ek 'n skeur in my baarmoeder het. Ek wil weet is daar iemand daar buite wat ondervinding het met die geval? Wat is daar wat ek kan doen sonder om 'n operasie te ondergaan? Asb enige iemand met inligting, ek sal dit baie waardeer. [email protected]

Request for comment on Commons: Should Wiki support MP4 video?

I apologize for this message being only in English. Please translate it if needed to help your community.

The Wiki Foundation's multimedia team seeks community guidance on a proposal to support the MP4 video format. This digital video standard is used widely around the world to record, edit and watch videos on mobile phones, desktop computers and home video devices. It is also known as H.264/MPEG-4 or AVC.

Supporting the MP4 format would make it much easier for our users to view and contribute video on Wikipedia and Wiki projects -- and video files could be offered in dual formats on our sites, so we could continue to support current open formats (WebM and Ogg Theora).

However, MP4 is a patent-encumbered format, and using a proprietary format would be a departure from our current practice of only supporting open formats on our sites -- even though the licenses appear to have acceptable legal terms, with only a small fee required.

We would appreciate your guidance on whether or not to support MP4. Our Request for Comments presents views both in favor and against MP4 support, based on opinions we’ve heard in our discussions with community and team members.

Please join this RfC -- and share your advice.

All users are welcome to participate, whether you are active on Commons, Wikipedia, other Wiki project -- or any site that uses content from our free media repository.

You are also welcome to join tomorrow's Office hours chat on IRC, this Thursday, January 16, at 19:00 UTC, if you would like to discuss this project with our team and other community members.

We look forward to a constructive discussion with you, so we can make a more informed decision together on this important topic. Keegan (WMF) (talk) 06:46, 16 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

Onderwerpe vir nuwe artikels

Middag, dink julle ek kan skaapvleis, varkvleis, beesvleis, beestong, maalvleis en biefstuk skep? Of sal mens dit slegs onder skaap en bees noem?

Die ingelse wiki het sulke artikels, en ons kort nog 'n hele paar (180) as ons 30 000 wil haal! Laat weet my gou! Aliwal2012 (kontak) 13:56, 19 Januarie 2014

    Maak so! Oesjaar (kontak) 14:07, 19 Januarie 2014
      Moenie terughou nie! As die inhoud eers beskikbaar is kan ons later besluit of dit verder uitgebrei of met ander artikels versmelt moet word. Groete. Frank (kontak) 14:56, 19 Januarie 2014

geselshoekie/Argief2014  Uitgevoer Aliwal2012 (kontak) 29 Januarie 2014‎

30 000+ artikels op Afr-wiki

Baie geluk aan almal! Ons het sopas die 30 000+ artikels op die Afrikaanse Wikipedia bereik. Die 30 000ste artikel NG gemeente Vanderbijlpark-Suid‎ is deur Morne geskryf.

                Baie geluk aan ons! :) Ek stel voor, ons begin nou 'n uitbreiding van klein artikels en probeer ook om 300 voorbladartikels te kry. Daarvoor ontbreek net 11 artikels. Hier is 10 daarvan:
                1. Bremen met 'n bietjie meer geskiedenis oor die laaste 4 eeue sal dit klaar wees.
                2. Chili ná 'n groot uitbreiding soos by Meksiko deur my.
                3. Eerste Wêreldoorlog met 'n uitbreiding van die verloop sal dit klaar wees. Jammer, dis my werk, maar die 100 jaar is my motivering.
                4. Jagluiperd ná voltooiing van die vertaling.
                5. Londen met 'n bietjie meer geskiedenis en kultuur.
                6. Meksiko met demografie, politiek en kultuur deur my.
                7. Nieu-Seeland met toevoeging van kultuur en die moderne geskiedenis.
                8. Skerryvore net ná 'n proeflees.
                9. Tierluislang ná voltooiing van die vertaling.
                10. Wolf ná voltooiing van die vertaling.
                11. Miskien nog die Eerste of Tweede Vryheidsoorlog ná 'n uitbreiding. By tyd sal ek ook die vlag van Nieu-Seeland uitbrei.
                Ja, ek weet, ek senu daarmee, maar dit is my grootste aansoek vir ons mooi wiki. Laat ons 2014 die beste jaar vir ons Wikipedia maak. Ons kan dit kry. Beste groete aan almal van 'n koue Berlyn! :) -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 19:30, 25 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
                      Baie dankie vooraf en sterkte hiervoor, ek sien uit daarna. :) In die laaste dae voltooi ek die vertaling van die vlag van Nieu-Seeland en dit sal net ná 'n proeflees my eerste voorbladster word! Daarna sal 'n artikel-rondreis deur Latyns-Amerika volg met 'n groot uitbreiding van Chili en die afsluiting van Meksiko, maar net sonder die groen kassies, wat nie meer nodig is nie. In die sommer is natuurlik die Eerste Wêreldoorlog van groot belang. Tussen in sal ek nog die eerste 18 Sokker-Wêreldbekers uitbrei. Ja, dit is my planne vir die jaar 2014. :) Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 20:00, 2 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Het ons so min om te wys dat ons dit nodig vind om datums te wikilink? Dié praktyk is al langal (seker lankal?) outyds, maar as Oesjaar dit nodig het om 'useful' te voel, be my guest (idioot weet seker nie hoe om dit in Afrikaans te stel nie). Rui Gabriel Correia (kontak) 13:02, 29 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

        Boodskap is van 'n gebruiker op die Engelse Wiki wat nie ordentlik Afrikaans kan skryf nie. Lyk of hy hulle werkswyse hier wil kom afdruk. En dan is hy nog boonop ongeskik ook. Nee wat, ignoreer hom asseblief! Groete. Frank (kontak) 13:35, 29 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
  • Frank, nie almal wat hier werk of probeer help is Afrikaans of Afikaanssprekend nie, net soos dit die geval is met JCIV. Ek is nie Afrikaanssprekend nie maar is trots op die feit dat ek sonder om 'n woord van Afrikaans te praat met 'n BA en 'n BA-Honeurs van Potchefstroom weggestap het. Verder, dit is nie nodig om die taal te ken om sekere verwysings te maak nie. Ons is in 2014 - ek het regtig gedink die anti-Engelse gevoelens was al lankal iets van die verlede.
  • Oesjaar en Frank, "Grond reels" was 'n glips maar 'n deelteken het ek beslis nie op my rekenaar nie, en ek sou een gaan soek het as dit vir 'n wysiging op 'n artikel was en nie vir 'n bespreking nie.
  • Frank, Ek het niks kom afdruk nie - ek werk of 10 Wikis, meestal op die Engelse en Portugese, en het gesien dat daar stelelmatig van skakels na datums weggebreek word. Ek het aangeneem dat dit iets was wat van toepassing was op alle wikis. Ek was nie daarvan bewus dat dit inderdaad nie die geval hier is nie -as dit wel die geval is: ek sien baie bladsye met bydraes van die 'top' lede van die projek waar daar nie skakels op die geboortedatums is nie . Maar nou weet ek.
  • Dit verstom my dat Oesjaar kan sê hy weet nie waarvan ek praat as ek na die opsomming verwys nie. Dit staan op elke bladsy, om ingevul te word na elke wysiging - soos ek gedoen het en hy nie.
  • Aan Almal, as my boodskaap hier ongeskik was, vra ek om verskoning. Ek het my 'cool' verloor toe ek sien Oesjaar aanhou om geen verduidelikink (opsommingsruimte te voltooi) aan te bied nie na ek twee keer daarvoor gevra het. As dit is hoe 'julle' (julle aangesien ek "'n gebruiker op die Engelse Wiki" is) te werk gaan, 'faain' met my, ignoreer my. Groete Rui Gabriel Correia (kontak) 14:47, 29 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
          Dit is waar dat die ensiklopedie en die almanak twee verskillende dinge is, alhoewel hulle die artikelruimte met mekaar deel. Skakels na datums is eintlik oorbodig, en ons kan wél oorweeg om dié praktyk te staak. --Voyageur (kontak) 15:21, 29 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
            Hi Voyageur en RGC.
  • Ek verskil van die feit dat datumskakels oorbodig is. Ek vind dit uiters nuttig om soms gebeure in konteks te plaas deur te sien watter gebeure op dieselfde datums of naby mekaar plaasgevind het. Skakels is tog gereedskap om makliker tussen bladsye rond te kan beweeg. En as daar nut is om bladsye oor datums te onderhou is daar nut om skakels na die datums te gebruik. - Indien datumskakels uitgefaseer wil word stel ek eerder voor dat 'n commons projek gedoen word om bladsye outomaties aan datums te koppel. Dit kan elke artikel ondersoek wanneer dit aangevra word deur 'n leser en 'n outomatiese lys van datumskakels aan die kantbalk te plaas, soortgelyk aan die taalskakel projek.
  • RGC - dankie vir die verskoning. Dalk moet mens eers al die inligting kry oor mense se bedoeling en werkswyse voor jy kritiseer. Oesjaar is by verre ons mees produktiewe bydraer. Hy het al duisende artikels aan gewerk. Dalk is sy werkswyse effens anders as wat jy gewoond aan is, maar ons gemeenskap hier is gelukkig met sy werkswyse. Wees versigtig dat jy nie groot bydraers "alienate" deur reëls blindelings toe te wil pas nie. By groter wikis is orde belangriker as by kleiner wikis soos hier. Gee bietjie ruimte sodat die entosiastiese bydraers kan bydra. As jy dan voel dat sekere "details" nog moet bygesit word ... sit dit gerus self by. Ek stel wel voor dat as jy graag 'n tendens wat by ander wikis plaasvind onder ons aandag wil bring, doen dit gerus as 'n voorstel sonder om sekere persone te probeer uitwys. Ons waardeer wel enige bydraes so ons hoop dat ons jou ook meer gereeld hier sal sien. Arno (kontak) 08:09, 30 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
              Ander projekte beperk datumskakels tot die inleidende sin in biografiese artikels, dus: Merwie van der Merwe (* 1 April 1899, † 31 Desember 1998) was 'n professionele Suid-Afrikaanse datumskakelaar... Die bedoeling is om blou skakels tot 'n minimum te beperk. Jaargetalle kan maklik in die soekkassie ingetik word - dit is nie wenslik om tientalle blou skakels in artikels oor persone, lande, nedersettings, ens. te plaas nie. Daardie almanak-inligting is nie werklik relevant vir die oorgrote meerderheid gebruikers nie. Daar is byvoorbeeld hoegenaamd geen datumskakels in die aanlyn-weergawe van Encyclopædia Britannica nie. --Voyageur (kontak) 08:57, 30 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
    Die een probleem wat Ensiklopedies in boekvorm het is dat hulle net soveel bladsye groot kan wees m.a.w. daar is fisiese beperking. Die ander probleem is dat daar 'n wesenlike tydgaping tussen die verskyning van nuwe weergawes is. Wikipedia het nie die probleem - meer bedienders word bygevoeg as daar meer artikels geskep word en ons kan bykans oombliklik enige verandering of bywerking aanbring - wat ons 'n ongelooflike voordeel gee teenoor inligting in enige boekvorm. My visie: gee die gebruikers (lees kinders in my boek) elke moontlike geleentheid om te surf, wat onbelangrik lyk vir ons is belangrik vir die volgende kind om die draai. Kinders is nuuskierig van aard en blou skakels is nou maar net eenmaal 'n versoeking vir hulle - dus gebruik dit in ons voordeel! Daarom moet ons hulle alles moontlik gee om te kan rond spring - dit kos ons niks nie al lyk dit altyd mooi nie. Ek stem saam dat party datums nie werklik nodig is om blou te wees nie.
    Terwyl ons daaroor praat: na 'n paar maande se gesloeg op dag en jaartalle - die jaartalle is nou so versorg (duplikaat skakels, spelling, formaat ens) as wat ek hulle kan kry en kort nog baie inligting. Die dagtalle het baie verjaarsdae/sterftes van persone wat ek dink ons nooit, ooit artikels oor sal hê nie en dit lyk sleg as jy op die dagtal kliek en daar spring so 'n ry rooi, nuttelose inligting uit! Dink daar oor! Oesjaar (kontak) 09:15, 30 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
      Skakels is belangrik, maar dit kan oordoen word. Artikels behoort nie soos kersbome versier te word nie. As 'n skakel nie 'n doel dien in die konteks waarin dit gebruik word nie, moet dit liefs uitgelaat word. As voorbeeld: 'n artikel oor 'n veldslag behoort na die plekke en persone betrokke te skakel, maar as mens nou na elke eeu, jaartal en metrieke eenheid skakel doen dit eintlik afbreek aan die artikel, want die belangrike feite staan nie meer uit nie. Groete. Frank (kontak) 08:24, 23 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

"Collapsible" tabelle

Hallo almal (veral admins en tegniese bydraers) - weet enige iemand hoekom die "collapsible" tabelle nie meer blyk te werk op ons wiki nie? Sien Engelse sandput teenoor Afrikaanse sandput. Is daar onlangs aan die afrikaanse wiki te konfigurasie verander? Arno (kontak) 08:19, 30 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

Meeste skakels...

Is daar 'n metode wat kan bepaal watter artikels het die meeste skakels bv die top 20? Groete! Oesjaar (kontak) 18:23, 30 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

        'n Ander interessante een is Spesiaal:GesoekdeBladsye (ek is seker GesoekteBladsye sou meer van pas wees). Elke geval, blaai verby die eerste bladsy van pouse vir artikels wat dringend geskep moet word. Groete. Frank (kontak) 09:40, 31 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]
          Let wel ... hierdie lys is gerangskik volgens die hoeveelheid ROOI skakels in huidige artikels. Indien ons artikels skep met skakels na bladsye wat nog nie bestaan nie dan voeg dit meer skakels by in hierdie lys. Die benaming "Gesoekte" is dus misleidend. Dit moet dalk gelees word as "Bladsye wat nog nie bestaan nie maar skakels vanaf ander bladsye het". Die bladsye wat wel deur GEBRUIKERS gesoek word, deur die "soek" funksionaliteit van afrikaanse wiki te gebruik, word gegee by Wiki: Statistiek#Soektog_statistiek_van_laaste_7_dae. Ek probeer dit weekliks opdateer. Arno (kontak) 08:43, 17 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Sjabloon

Kan 'n administrateur dalk "MediaWiki:Common.css" fieks sodat {{Stamboom2}} sal werk soos in Nederlands, asb. Dankie Winston (kontak) 18:54, 30 Januarie 2014 (UTC)[antwoord]

Beelde laai

Weet iemand dalk wat het geword van die sjabloon wat altyd outomaties opgekom het wanneer 'n mens beelde laai met plek vir besonderhede soos die beskrywing, datum en bron? Morne (kontak) 16:03, 1 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Aliwal2012 se 400ste artikel

Hallo medewerkers! Vannag my 400ste artikel in Afrikaans geskep! Dit handel oor die Simiaanse immuniteitsgebreksvirus, wat geleerdes meen die oorsprong van VIGS is.

Groete aan almal op wiki wat so hard werk! Aliwal2012 (kontak) 23:25, 3 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Farewell/ behaviour of some editors

Dear Colleagues I am writing in English, so I won’t have any idiots calling me an idiot as Naudefj (Frank) did here. That in itself in other Wikis would be reason to be blocked for at least a week. Obviously here things work differently as Frank already pointed out “Lyk of hy hulle werkswyse hier wil kom afdruk”. Secondly, it is against all WP principles, rules, guidelines to redact ANY text in a discussion – even redacting your own comments, even worse redacting someone else’s as Naudefj (Frank) did above, which is blatant vandalism and interference with the normal discourse and free dialogue, AND creating the impression that it is part of the original post.

But that is not what brought me here now. I was going to let bygones be bygones, especially after input from other editors who displayed decent behaviour, but Frank’s latest revert of an edit of mine cannot be swept away. I call on the other editors to evaluate the logic of the edit. To my knowledge, ships do not harm people – unless one rams against you! If it is a question of not repeating “bemanning” in the same sentence, I am sure there are ways of doing it, other than reverting a valid edit.

I will not work in the same space as someone who in a very few words has displayed the fact that he is stuck in the old weermag and verkrampte mentality of the old South Africa and who things he owns the place, as can be inferred from this: “Dis genoeg om enige Boer rooi te laat sien” and “Ons gaan NIE toelaat dat jy so met hom praat nie. Nie hier nie!” and “Hoop ons verstaan mekaar mooi” this. Ja korporaal! Nee korporaal!

Finally, I also believe it is wrong to have taken the discussion to another platform without informing me about that. Not only would it have been common courtesy to do so, seeing that I initiated it, but it is in fact WP policy that involved editors be informed when a discussion affecting them is taking place.

And with that, I bit farewell to the Afrikaans WP. I could merely have chosen another patch, as the WP is wide and deep. There are people in the group that I have interacted with in the past few days that I can see I can work with, as I worked with many others in many contributions when I worked as an IP (prior to the universal login, as it was a real hassle having to login/ logout to switch languages). But why risk an early heart attack just to give someone the chance to exercise his puerile need to stomp around to prove I know not what. I care not how many edits an editor has to his or her name, the WP is not built only on article counts. On the long run, people of this ilk do more damage as they drive away other editors. I have seen this in the Portuguese WP, I've seen it in the English WP. In the end, we all lose.

Regards, Rui Gabriel Correia (kontak) 16:16, 5 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

    Jy het nog nooit regtig hier bygedra nie (jy is tog meeste van die tyd maar op die Engelse wiki doenig). Toe skielik uit die bloute daag jy hier op en begin jy jou streke op Oesjaar uithaal, en nou is ek volgende. Miskien het ek oorreageer, daarvoor vra ek verskoning. Oor die res van jou versinsels sal ek nie uitbrei nie, wat dit sal in elke geval op niks goeds uitloop nie. Soos ek vantevore gesê het, jy is welkom hier, maar los daar maniertjies maar waarvandaan jy kom. Groete. Frank (kontak) 16:29, 5 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Voorbladartikel week 7

Ek het goedgedink om die artikel Vlag van Nieu-Seeland te benoem as Voorbladartikel vir week 7 2014. Ek het dit klaar ingeskakel op ons web, kan iemand dit nagaan asb? Aliwal2012 (kontak) 13:25, 7 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

      Jammer, maar dit is nie reg nie. 'n Kandidatuur loop oor vier weke en dit geld ook vir my eie artikel. Ek het dit vir week 10 beplan, saam met 'n andere wapen, wat reeds 'n spogbeeld op Commons is. Ek sien uit daarna, om my eie artikel self op ons tuisblad te bring, maar eers op 2 Maart 2014. Colorado en Proteas is nie voorbladsters nie en dus niks vir ons voorblad nie. Die Wikipedia-bladsye moet weer geskrap word. Wat sou Anrie sê? Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 18:54, 7 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Wiki en die drukkers media.

Ek het so pas weer met Marga Ley by Beeld gepraat om asb tog 'n artikel te plaas oor ons Wiki. Ek het pertinent die 6,000 besoeke per uur aan haar genoem wat haar aandag getrek het. Sy het onderneem om met haar redakteur daar oor te praat. Kom ons hou duim vas! Groete! Oesjaar (kontak) 13:06, 17 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

    NS - Werk aan daardie rooi skakels....

Tuberkulose

Hi almal, Eerste keer dat ek op die gesels hoekie skryf. My kleinseun het tuberkulose by sy privaatskool opgetel. Nou het dit die kliere in sy nek aangetas en dit is besig om te verkalk. Ek wil net graag weet of dit weer volkome sal herstel. Hy is nou op die nodige behandeling. En of daar enige newe effekte is as gevolg van die behandeling. Wil baie graag meer weet van die siekte. Groete Susan

    Vroeë diagnose en effektiewe behandeling verseker dat TB-pasiënte vandag in die algemeen 'n goeie prognose het. Jy hoef dus niks te vrees nie. Maar slegs dokters en ander mediese personeel ken al die simptome in konteks en weet watter spesiale behandeling nodig is. Vra hulle gerus waarmee jy behulpsaam kan wees. Groete, --Voyageur (kontak) 16:22, 18 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Universal Language Selector will be enabled by default again on this wiki by 21 February 2014

On January 21 2014 the MediaWiki extension Universal Language Selector (ULS) was disabled on this wiki. A new preference was added for logged-in users to turn on ULS. This was done to prevent slow loading of pages due to ULS webfonts, a behaviour that had been observed by the Wiki Technical Operations team on some wikis.

We are now ready to enable ULS again. The temporary preference to enable ULS will be removed. A new checkbox has been added to the Language Panel to enable/disable font delivery. This will be unchecked by default for this wiki, but can be selected at any time by the users to enable webfonts. This is an interim solution while we improve the feature of webfonts delivery.

You can read the announcement and the development plan for more information. Apologies for writing this message only in English. Thank you. Runa

Kopiereg op beelde

Kan iemand vir my verduidelik hoe dit moontlik is dat Amerika se wetgewing oor kopiereg Suid-Afrikaanse wetgewing kan neutraliseer, soos hier gebeur het, en beteken dit alle beelde wat ek opgelaai het wat in Suid-Afrika geskep is en in Suid-Afrika in die openbare domein is, maar nog nie in Amerika nie, moet nou verwyder word? Morne (kontak) 15:48, 19 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

    Dit is omrede die bedieners (servers) van die WikiFoundation in Amerika staan. Jy weet mos, die Yanks oefen hulle mag oor alles uit, maak nie saak waar die foto geneem is nie. Ek lees net verlede week die gereg daar het selfs Daimler (Mercedes-Benz) miljoene beboet omdat hulle kwansuis omkoopgeld aan BBPs in ander lande betaal het om sodoende tenders te verkry. Hoekom? Want die MB-maatskappy is op die New Yorkse aandelebeurs gelys!! Lees artikel hier
    Aliwal2012 (kontak) 16:19, 19 Februarie 2014 (UTC) PS: Onderaan elke bladsy staan daar "Deur op 'Stoor bladsy' te kliek stem u in tot die 'gebruiksvoorwaardes' en gee u onherroeplik toestemming..." ens, ens. What a joke![antwoord]
      Ek sien die reël waarvolgens dit verwyder is, laat 'n skuiwergat vir Suid-Afrikaanse beelde, mits dit net plaaslik bly: Can I transfer a work protected in the US to a local Wiki project? Yes, if the relevant project: has local uploads (some projects don't), has a fair use policy (some projects have fair use policies, most don't), the work falls within the fair use policy. Morne (kontak) 15:59, 19 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]
              Net een opmerking oor Commons. Die idee daaragter is dat alle lêers, wat daar opgelaai word, vry van kopiereg in enige land is. 'n Gebruiker, wat beelde of ander materiaal by een van die artikels binne sy eie projek wil voeg, hoef nie meer daaroor na te dink onder watter lisensie of kopiereg dit val nie - sy of hy mag dit gerus aflaai. Dit beteken dat alle lêers, waarop in sommige lande steeds kopiereg is en opgelaai is deur derde partye, wat nie self die kopiereghouers is nie, verwyder moet word. --Voyageur (kontak) 17:56, 19 Februarie 2014 (UTC)[antwoord]

Benodig inligting.

Goeie middag Hoop daar is iemand wat my dalk kan help en sal dit hoog op prys stel. Die afgelope naweek het my verloofde my voorgestel aan 'n ou tante wat in Bethal woonagtig is, die tante het my items gewys wat ek vermoed kon dalk kanon ammunisie wat gebruik was in oorlog tye in die 1800's. Die vier (noem dit maar balle) is deur die tante se oorlede man opgetel op hul plaas in die omgewing van Davel Mpumalanga presiese area is ek nie seker van nie. Die vier balle is uit harde klip gemaak en verskil van groote 'n kort beskrywing: al vier die balle is perfek rond asof dit van klip gegiet is en die groote is van +- 50mm die kleinste, tot die grootste van omtrent 120mm dalk bietjie groter. Ongelukkig het ek nie 'n kamera byderhand gehad om fotos te neem nie beplan ek om dit te doen so gou as moontlik.

Sal dit waardeer as iemand kan help ek kan verkeerd wees deur te se dat dit dalk as projektiele vir kanonne kon wees. Maar kan wel ook dalk 'n stukkie van ons geskiedenis wees en die tante sal self ook graag meer wil weet.

Groete Gerhard

Wysiging aan die Gebruiksvoorwaardes

    Vertaling deur Aliwal2012 gedoen op 23 Februarie 2014

Tags:

geselshoekie/Argief2014 Welkom in 2014geselshoekie/Argief2014 Hoofpyn-poeiersgeselshoekie/Argief2014 Boodskap van Oesjaar!geselshoekie/Argief2014 Nuwe statistiek vir Nov 2013 is beskikbaargeselshoekie/Argief2014 Hoeveel Afrikaanse Wikipediane gaan vanjaar in Londen wees?geselshoekie/Argief2014 Skeur in baarmoeder?geselshoekie/Argief2014 Request for comment on Commons: Should Wiki support MP4 video?geselshoekie/Argief2014 Onderwerpe vir nuwe artikelsgeselshoekie/Argief2014 30 000+ artikels op Afr-wikigeselshoekie/Argief2014 Wikilinks op datumsgeselshoekie/Argief2014 Collapsible tabellegeselshoekie/Argief2014 Meeste skakels...geselshoekie/Argief2014 Sjabloongeselshoekie/Argief2014 Beelde laaigeselshoekie/Argief2014 Aliwal2012 se 400ste artikelgeselshoekie/Argief2014 Farewell behaviour of some editorsgeselshoekie/Argief2014 Voorbladartikel week 7geselshoekie/Argief2014 Wiki en die drukkers media.geselshoekie/Argief2014 Tuberkulosegeselshoekie/Argief2014 Universal Language Selector will be enabled by default again on this wiki by 21 February 2014geselshoekie/Argief2014 Kopiereg op beeldegeselshoekie/Argief2014 Benodig inligting.geselshoekie/Argief2014 Wysiging aan die Gebruiksvoorwaardesgeselshoekie/Argief2014 Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1geselshoekie/Argief2014 Wikipedia:Gebruikersportaalgeselshoekie/Argief2014 Versindabageselshoekie/Argief2014 Nuwe statistiek jan 2014: 5800 besoeke per uur!geselshoekie/Argief2014 Call for project ideas: funding is available for community experimentsgeselshoekie/Argief2014 Lang artikelsgeselshoekie/Argief2014 Volksspelegeselshoekie/Argief2014 Kankerbossiegeselshoekie/Argief2014 slangegeselshoekie/Argief2014 Proposed optional changes to Terms of Use amendmentgeselshoekie/Argief2014 Aliwal2012 bars deur 500ste artikelgeselshoekie/Argief2014 Catalan Culture Challengegeselshoekie/Argief2014 Boektitels uit ander talegeselshoekie/Argief2014 Rooi skakel vertoon: Seite nicht vorhandengeselshoekie/Argief2014 Dag-en-nag-ewening: interessantheid...geselshoekie/Argief2014 Wikipedia nou gratis op MTNgeselshoekie/Argief2014 Changes to the default site typography coming soongeselshoekie/Argief2014 Eszett word NIE in Afrikaans aanvaar NIE.geselshoekie/Argief2014 Tydvallegeselshoekie/Argief2014 OekraïenseOekraïnsegeselshoekie/Argief2014 Dag- en jaar talle en Uitgesoekte Aandenkingsgeselshoekie/Argief2014 Afrikaans is weer eerste!geselshoekie/Argief2014 Werkgroep Wikimania Londen 2014geselshoekie/Argief2014 31 000geselshoekie/Argief2014 Doebaigeselshoekie/Argief2014 Kategorie:Voormalige koloniesgeselshoekie/Argief2014 Wladimir Poetingeselshoekie/Argief2014 Stemdaggeselshoekie/Argief2014 Lang artikelsgeselshoekie/Argief2014 Oor daardie duiker se galblaas...geselshoekie/Argief2014 Prosageselshoekie/Argief2014 Teenpous Hippolitusgeselshoekie/Argief2014 Noemenswaardige mategeselshoekie/Argief2014 Wanneer presies is n akademikus noemenswaardig op Wikipedia?geselshoekie/Argief2014 No one needs free knowledge in Esperantogeselshoekie/Argief2014 CAS-registernommergeselshoekie/Argief2014 Laeveld of Laëveld?geselshoekie/Argief2014 Engelse naamgeselshoekie/Argief2014 Maart Statistiekgeselshoekie/Argief2014 Stel n vraaggeselshoekie/Argief2014 Doodloopbladsyegeselshoekie/Argief2014 Spesiale bladsye: Bladsye wat nie aan items gekoppel is niegeselshoekie/Argief2014 Spesiale bladsye: Gesoekte bladsyegeselshoekie/Argief2014 Oor Afrikaname (dalk wetenswaardig - het vanoggend daaroor gewonder)geselshoekie/Argief2014 Sentrum of -sentrumgeselshoekie/Argief2014 Media Viewergeselshoekie/Argief2014 Boroughs in Londengeselshoekie/Argief2014 April statistiekgeselshoekie/Argief2014 5 vermiste artikels oor belangrike Suid-Afrikaanse personegeselshoekie/Argief2014 Watter boeke is daar in my biblioteek beskikbaar???geselshoekie/Argief2014 Laai dadelik af...geselshoekie/Argief2014 Kantelberggeselshoekie/Argief2014 Sjabloon:Tabel weergemiddeldengeselshoekie/Argief2014 Wiki-Indaba in Johannesburg Wikimania in Londengeselshoekie/Argief2014 skildkliergeselshoekie/Argief2014 Fly-by-wiregeselshoekie/Argief2014 Media Viewer is now live on this wikigeselshoekie/Argief2014 Anne Frankgeselshoekie/Argief2014 Please mergegeselshoekie/Argief2014 Hoera!geselshoekie/Argief2014 Soekblokkie op dubbelsinnigheidsblaaiegeselshoekie/Argief2014 Proosgeselshoekie/Argief2014 60 000 gebruikers!geselshoekie/Argief2014 Bamberggeselshoekie/Argief2014 Article request: South African Airways Flight 201 (1950s plane crash)geselshoekie/Argief2014 Dokumentasiegeselshoekie/Argief2014 Paulus van Tarsusgeselshoekie/Argief2014 Mei 2014 statistiekgeselshoekie/Argief2014 6,675 km2geselshoekie/Argief2014 Fotosgeselshoekie/Argief2014 Julie: Gesoekte bladsyegeselshoekie/Argief2014 Wiki-Indaba in Johannesburggeselshoekie/Argief2014 Wat moet ons doen broeders?geselshoekie/Argief2014 Oor boekartikelsgeselshoekie/Argief2014 Malaysia Airlines-vlug 17geselshoekie/Argief2014 Junie statistiekgeselshoekie/Argief2014 Ons Wikimania-afgevaardigde is in Londen ;)geselshoekie/Argief2014 Litnet artikelgeselshoekie/Argief2014 prettytablegeselshoekie/Argief2014 Noordwes-Universiteit se morfologiegeselshoekie/Argief2014 Onthul: Akademiese belangstelling in Afrikaans in die VSA powergeselshoekie/Argief2014 Bedreigde spesie vs. Kwesbare spesiegeselshoekie/Argief2014 Help for translategeselshoekie/Argief2014 Artikel(s) nie op Wikidata geregistreer en onsigbaar op Googlegeselshoekie/Argief2014 Gesoekte bladsyegeselshoekie/Argief2014 Oor die kindersielkunde...geselshoekie/Argief2014 Article requests: Bunny chow (the food) and Bunny chow (the movie)geselshoekie/Argief2014 Wikitrends.infogeselshoekie/Argief2014 Letter petitioning WMF to reverse recent decisionsgeselshoekie/Argief2014 Proses idees vir die ontwikkeling van Wiki-sagtewaregeselshoekie/Argief2014 Gesoekte bladsye 2geselshoekie/Argief2014 Kolewa vs Tendergeselshoekie/Argief2014 Wikisource sjabloongeselshoekie/Argief2014 Fotogeselshoekie/Argief2014 Verdagte bedrywighede van Rotlinkgeselshoekie/Argief2014 Grants to improve your projectgeselshoekie/Argief2014 Lokomotiewegeselshoekie/Argief2014 Julie statistiekgeselshoekie/Argief2014 Spesiaal:boekbronnegeselshoekie/Argief2014 Ten years of Wikipedia in Asturian languagegeselshoekie/Argief2014 Change in renaming processgeselshoekie/Argief2014 Palestynse Bevrydingsbeweging vs Palestynse Bevrydingsorganisasiegeselshoekie/Argief2014 VisualEditor available on Internet Explorer 11geselshoekie/Argief2014 Hoera!geselshoekie/Argief2014 Amilton of Christgeselshoekie/Argief2014 Markup languagegeselshoekie/Argief2014 Projektegeselshoekie/Argief2014 Voorblad rooiskakelsgeselshoekie/Argief2014 Gesoekte bladsye #3geselshoekie/Argief2014 Enkellyn artikelsgeselshoekie/Argief2014 Sjabloon:Ill (Inter-language link)geselshoekie/Argief2014 Laai lêers op, foto wizard?geselshoekie/Argief2014 Running boardgeselshoekie/Argief2014 Augustus Statistiekgeselshoekie/Argief2014 UTC±00:00‏‎ en UTC+00:00‏‎geselshoekie/Argief2014 Die weergeselshoekie/Argief2014 Vertalinggeselshoekie/Argief2014 Afrikaanse universiteitegeselshoekie/Argief2014 2015 Inskrywinggeselshoekie/Argief2014 Pedantic in Afrikaans?geselshoekie/Argief2014 Besoekstatistiekegeselshoekie/Argief2014 6 vermiste artikels oor belangrike Suid-Afrikaanse personegeselshoekie/Argief2014 Sjabloon:jaarboksgeselshoekie/Argief2014 Wiki Suid Afrika - Algemene Jaarvergaderinggeselshoekie/Argief2014 Wiki Loves Monuments Toekenningsaandgeselshoekie/Argief2014 Ons wil van jou hoorgeselshoekie/Argief2014 Wiki Suid Afrika Jaarverslaggeselshoekie/Argief2014 Anglo-American Corporation vs Anglo American Corporationgeselshoekie/Argief2014 Is dit net ek, of...geselshoekie/Argief2014 Meta RfCs on two new global groupsgeselshoekie/Argief2014 Périgueuxgeselshoekie/Argief2014 Kommunikasiekanalegeselshoekie/Argief2014 Groetnis My epilooggeselshoekie/Argief2014 Languages in censusesgeselshoekie/Argief2014 Maandelikse opsommimggeselshoekie/Argief2014 New Wikipedia Library Accounts Now Available (November 2014)geselshoekie/Argief2014 Spoorvervoer in historiese Suid-Afrikageselshoekie/Argief2014 Jaarvergaderinggeselshoekie/Argief2014 Biersaalputsch & Kristallnachtgeselshoekie/Argief2014 Gesoekte bladsye - eintlik rooi skakelsgeselshoekie/Argief2014 Wat is die verskil tussen n township, lokasie en HOP-behuisingskemas?geselshoekie/Argief2014 Global AbuseFiltergeselshoekie/Argief2014 Afrikaanse voëlnamegeselshoekie/Argief2014 Request for translation evaluation for Content Translationgeselshoekie/Argief2014 Wiki Loves Africa Kompetisiegeselshoekie/Argief2014 First Thursdaysgeselshoekie/Argief2014 Guarriekogeselshoekie/Argief2014 Oktober Statsgeselshoekie/Argief2014 Seehondgeselshoekie/Argief2014 Ethical Co-opgeselshoekie/Argief2014 Liberty Islandgeselshoekie/Argief2014 Bronne en verwysingsgeselshoekie/Argief2014 New Wikipedia Library Accounts Now Available (December 2014)geselshoekie/Argief2014 Geseënde Kersfeesgeselshoekie/Argief2014