Binne Wikipedia bepaal die noemenswaardigheid of relevansie van 'n onderwerp of dit 'n eie artikel verdien.
Hierdie "ensiklopediese relevansie" berus nie noodwendig op beroemdheid, belangrikheid of gewildheid nie, alhoewel hierdie dinge gewoonlik bydra tot die ensiklopediese relevansie van 'n artikel, soos onder beskryf.
Die riglyne komplementeer dié in Wat Wikipedia nie is nie, Geen oorspronklike navorsing en Verifieerbaarheid. Hierdie bladsy is nie bedoel om die inhoud van 'n artikel te beperk nie, maar bloot om vas te stel of die onderwerp 'n artikel verdien.
Sodra 'n onderwerp aansienlike dekking in geldige bronne geniet het, waar die bron onafhanklik van die onderwerp is, kan daar aanvaar word dat die onderwerp vir 'n eie artikel kwalifiseer.
Onderwerpe wat slegs gedeeltelik aan hierdie beginsel voldoen, is moontlik gepas vir insluiting by ander artikels.
Let wel: die bewyslas berus by die outeur van die artikel en nie by lesers wat die inhoud/onderwerp bevraagteken nie.
'n Onderwerp kan nie slegs vir 'n kort periode relevant tot die ensiklopedie wees nie: alhoewel aansienlike dekking gevra word, hoef dit geensins voortdurende dekking te wees nie. Dit is egter belangrik om te onthou dat Wikipedia nie 'n nuusbron is nie: dit benodig meer as 'n kort reeks nuusverslae oor 'n gebeurtenis of onderwerp om voldoende bewys vir relevansie te hê, veral vir persone wat vir slegs een gebeurtenis bekend is.
Relevansie kan ook nie voorspel word nie. 'n Onderwerp wat nie vandag ensiklopedies relevant is nie, kan dit wel oor 'n jaar of tien wees. Artikels moet egter ook nie geskep word met die verwagting dat die onderwerp in die toekoms noemenswaardig gaan word nie.
Enige artikel behoort die ensiklopedies relevansie van sy onderwerp te noem en te bewys, maar daar is talle artikels waar dit nie die geval is nie. Artikels oor onderwerpe wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie word gewoonlik verwyder, maar dit is belangrik om nie net te bepaal of 'n artikel wel relevant is nie, maar ook of dit moontlik relevant gemaak kan word. Onthou dat alle Wikipedia-artikels nie voltooi is nie, en dat 'n artikel relevant kan raak sodra bronne bygevoeg word. Daar moet dus bepaal word of sodanige bronne kan bestaan, selfs al is hulle nie op die oomblik by die artikel byvoeg nie. Artikels waarvoor die relevansie onduidelik is, mag slegs as 'n laaste uitweg geskrap word.
Indien 'n artikel versuim om voldoende bronne te verskaf om relevansie te bewys, soek asseblief self na bronne, of:
Indien bogenoemde stappe na 'n redelike periode steeds nie tot 'n oplossing lei nie, kan die inhoud (indien toepaslik) met 'n ander artikel saamgesmelt word. Anders kan die artikel verwyder word:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Ensiklopediese relevansie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.