Wian Du Preez

Wian du Preez (gebore 30 Oktober 1982, Bloemfontein) is ’n oud-Springbokrugbyspeler.

Wian du Preez Rugbyportaal
Volle naam Wian Hunter du Preez
Geboortedatum 30 Oktober 1982 (1982-10-30) (41 jaar oud)
Geboorteplek Bloemfontein, Suid-Afrika
Lengte 185 cm
Massa 117 kg
Skool Grey-kollege
Universiteit Universiteit van die Vrystaat
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Loskopstut
Springbokno. 792
Jeugspanne
Jare Span
2002 Vrystaat
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2009–2010
2010–2013
2014–2015
Munster (leen)
Munster
Lyon
6
81
22
(0)
(5)
(5)
korrek soos op 31 Mei 2016.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2003–2010
2013
Vrystaat
Vrystaat
74
5
(30)
(0)
korrek soos op 31 Mei 2016.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2005
2006–2010
Sharks
Cheetahs
1
59
(0)
(0)
korrek soos op 31 Mei 2016.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2009 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1 (0)
korrek soos op 31 Mei 2016.

Klub-/provinsiale loopbaan

Du Preez het die Vrystaat in 2002 in die o/21-Curriebekerkopmetisie verteenwoordig. Hy het van 2003 tot 2010 in 74 wedstryde vir die Vrystaat uitgedraf. In 2009 is hy as leenspeler na Munster in Ierland om die beseerde Marcus Horan te vervang. In die kort tyd wat hy daar was het hy die afrigters beïndruk en in Mei 2010 is aangekondig dat Du Preez na Munster sou terugkeer nadat hy ’n kontrak geteken het om vir twee jaar vir die klub te speel. Hy was ’n integrale deel van die span sedert sy terugkeer in 2010. Op 14 Januarie 2012 het hy sy eerste drie vir Munster gedruk in die vyfde ronde van die Heinekenbeker in Munster se wedstryd teen Castres Olympique.

In Februarie 2012 het Du Preez sy kontrak by Munster met ’n jaar verleng. Du Preez was twee keer saam met Munster aan die ontvangkant van die Magnersliga.

Op 14 Mei 2013 is aangekondig dat Du Preez Munster sou verlaat om na Suid-Afrika terug te keer. Op 13 Oktober 2013 het Du Preez ’n kontrak met Lyon onderteken voor die aanvang van die 2014–2015 Top 14-seisoen.

Internasionale loopbaan

In 2009 is Du Preez ingesluit by die Opkomende Springbokke wat teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het. Hy is ook in 2009 by die Springbokgroep ingesluit vir hul toets teen Italië in November. Du Preez het net een toets vir die Springbokke gespeel.

In Mei 2016 het Du Preez sy uittrede uit rugby aangekondig en laat blyk dat hy hom as rugbyafrigter wil bekwaam.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Wian Du Preez Klub-provinsiale loopbaanWian Du Preez Internasionale loopbaanWian Du Preez VerwysingsWian Du Preez Eksterne skakelsWian Du Preez198230 OktoberBloemfonteinRugbySpringbok

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NatuurbewaringGemeenskapPrimêre sektor van die ekonomieMangelAkuutHibernasieTweede VryheidsoorlogInentingSelakantTrekarbeidKappie (skryfteken)MeeueHomoniemGalblaasJuraOu Apostoliese KerkVioolNasionalismeLugbesoedelingPrivaat maatskappyPersoonlikheidSiya KolisiAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidDirekte en Indirekte redeInflasieHeks van HexrivierLenteSeksposisieFiksieHoenderTydReg tot ‘n gesonde omgewingWikiquoteMIV/vigs in Suid-AfrikaBevolkingAkademiaVlekvrye staalRasionale getalNoag se arkRooikatLeierWaterkringloopSebraInternetInvloed van vigs op die ekonomieLuiperdMuskietOutismeFamilie (verwantskap)GrondsoorteWoordMondNierSmaakSuid-AfrikaTweede WêreldoorlogFrankrykGemeenskapsorganisasieBiodiversiteitSuid-Afrika-WetHeupvervangingSoogdierWhatsAppCounter-Strike 2EngelsVergelykings (taalkunde)ViëtnamoorlogMigrasie van diereRefentse MorakeMassaInsekLieweheersbesieWolkGeloftedag🡆 More