White Star Line

Die Oceanic Steam Navigation Company of White Star Line of Boston Packets, algemeen bekend onder die naam van sy handelsmerk White Star Line, was een van die voorste Britse skeepvaartmaatskappye wat in 1868 gestig en op op 6 September 1869 deur die reder Thomas Ismay amptelik geregistreer is.

Die nuwe redery het sy hoofkwartier in Liverpool gehad - met die finansier Gustav Schwabe as vennoot en aandeelhouer. Edward J Harland en Gustav Wolff het as aandeelhouers tot die redery toegetree toe die opdrag gegee is om die eerste skip te bou.

White Star Line
White Star Line
Tipe Vroeëre dogtermaatskappy van Cunard Line
Gestig 1845; as Oceanic Steam Navigation Company gestig in Liverpool, Verenigde Koninkryk in 1868
Hoofkantoor Londen,, Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
SleutelpersonePeter Shanks (voorsitter van Cunard Line)
Thomas Henry Ismay
William Imrie
J. Bruce Ismay
Gebied bedienPlesierbootvaarte en vervoer van emigrante op die Atlantiese roete
IndustrieSkeepvaartlyne
MoedermaatskappyCarnival Corporation & plc
WebwerfCunard.co.uk

Die redery se geskiedenis strek terug tot sy beskeie begin as Pilkington & Wilson Shipbrokers - 'n skeepsmakelaarsonderneming wat in 1845 in Liverpool se North John Street gevestig is.

White Star Line staan tans veral bekend vir sy baanbrekende luukse passasierskip RMS Oceanic wat in 1870 van stapel geloop het, asook die RMS Titanic en sy noodlottige nooiensvaart, en die Titanic se susterskip, HMHS Britannic, wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog op 'n seemyn geloop en gesink het.

In 1901 het Ismay ingestem om sy redery in die Amerikaanse Morgan-trust te integreer wat sentraal gestaan het in die bankier en spoorwegmagnaat John Pierpoint Morgan (1837−1913) se pogings om 'n monopolie op spoor- en skeepsvervoer te skep. Sy hoofdoelwit was om die Amerikaanse spoorwegnetwerk deur die oorname van belangrike rederye op die Noord-Atlantiese roete tussen Europa en Noord-Amerika met die winsgewende vervoer van passasiers op hierdie roete te verbind.

In 1934 het die redery met sy grootste mededinger, Cunard Line, saamgesmelt wat tot en met 2005 as enkelmaatskappy bedryf is en tans deel uitmaak van Carnival Corporation & plc. Tans gebruik Cunard Line se passasierskepe as 'n blywende herinnering aan die White Star Line die term White Star Service om na die hoë vlak van klantesorg te verwys wat van hulle verwag word.

Tags:

Edward HarlandLiverpoolRederyVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardverwarmingGrammatika van Lingua Franca NovaTweede VryheidsoorlogPeperboomVigsSeksualiteitVerenigde KoninkrykTurksvy1200Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidMorfologie (taalkunde)GrondKindersiektesWaterkringloopNamakwalandAdolf HitlerBobby AngelBoelieryBywoordLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Anale seksAlbert EinsteinHemelvaartsdagDinosourusWiskundige terminologieJohannesburgLys van visseGeografie van Suid-AfrikaPortugeesSeksueel oordraagbare infeksiePaasfeesQuebecTexasTweede WêreldoorlogRosa ParksRutenium(VIII)oksiedOorkruipersKrokodilErfenisdag (Suid-Afrika)HoofpynDiarreeVir die voëlsDeon CoetzeeSpysverteringstelselHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalRocco SiffrediSeksVerkoueVeelrassige pornografieBloeddrukNoFapPriemgetalTienie HollowayWaarheid-en-versoeningskommissieFrankrykElandréDepressie (gemoedstoestand)PankreasMetaalKopieregInfeksieOlifantMikro-ekonomieSmegmaVK (sosiale netwerk)NagadderEreksieBloedsomloopstelselAngssteuringWaterpokkiesDemi Lee MooreAtletiekWetenskapSuiderkruis🡆 More