Wheatstonebrug

'n Wheatstonebrug is 'n elektriese stroombaan wat gebruik word om 'n onbekende weerstand te meet deur twee bene van 'n brugstroombaan te balanseer, waarvan die een been die onbekende komponent bevat.

Die grootste voordeel van hierdie stroombaan is die vermoë om baie akkurate metings te verkry (teenoor 'n eenvoudige spanningsverdeler). Sy werking is soortgelyk aan die oorspronklike potensiometer.

Wheatstonebrug
Die Wheatstonebrug se stroomdiagram.

Die Wheatstonebrug was ontwerp deur Samuel Hunter Christie in 1833 en verbeter en gepopulariseer deur Sir Charles Wheatstone in 1843

Werking

In die figuur, is Wheatstonebrug  die onbekende weerstand wat gemeet word; Wheatstonebrug  Wheatstonebrug  en Wheatstonebrug  is weerstande met bekende waardes en die weerstand van Wheatstonebrug  is verstelbaar. Die weerstand Wheatstonebrug  word verstel totdat die brug "gebalanseerd" is en geen stroom vloei deur die galvanometer Wheatstonebrug . By hierdie punt is die elektriese spanning tussen die twee middelpunte B en D nul. Dus is die verhouding van die weerstande in die bekende been Wheatstonebrug Wheatstonebrug . Wanneer die brug ongebalanseerd is, dui die rigting van die stroom in die galvanometer aan of die weerstand Wheatstonebrug  te hoog om te laag is.

By die punt waar die stroombaan gebalanseerd is:

    Wheatstonebrug 

Die nulstroom kan met baie hoë akkuraatheid met die galvanometer gemeet word. Daarom, as Wheatstonebrug  Wheatstonebrug  en Wheatstonebrug  met hoë akkuraatheid bekend is, kan Wheatstonebrug  met hoë akkuraatheid bepaal word. Baie klein veranderings in Wheatstonebrug  kan die balans versteur en dadelik opgetel word.

Alternatiewelik, as Wheatstonebrug  Wheatstonebrug  en Wheatstonebrug  bekend is maar Wheatstonebrug  is nie verstelbaar nie, kan die spanningsverskil of die stroomvloei deur die meter gebruik word om die waarde van Wheatstonebrug . Hierdie opstelling word gereeld gebruik in weerstandmetings soos in resistiewe termometers aangesien dit vinniger is om 'n spanningswaarde te meet as om 'n weerstand te verstel totdat die spanning nul is.

Afleiding

Wheatstonebrug 
Wheatstonebrug met strome aangedui. Stroomrigtings word arbitrêr toegeken.

Die toepasssing van Kirchoff se Stroomwet by die nodes B en D lewer:

    Wheatstonebrug 

Die toepassing van Kirchoff se Spanningswet, vir die lusse ABD en BCD lewer:

    Wheatstonebrug 

Wanneer die brug gebalanseerd is, is IG = 0, daarom kan die tweede stel vergelykings herskryf word as:

    Wheatstonebrug 

Deur die twee vergelykings te deel en te herskryf, gee:

    Wheatstonebrug 

Vanaf die eerste twee vergelykings is I3 = Ix en I1 = I2. Deur dit in te vervamg en te vereenvoudig, kan Rx dan bepaal word as:

    Wheatstonebrug 

Indien al vier die weerstandwaardes en die bronspanningVS bekend is, en die weerstand van die galvanometer is hoog genoeg sodat IG weglaatbaar is, kan die spanning oor die brug VG bereken word deur die spanning van elke spanningsverdeler te bereken en dan die verskil van hierdie spannings te bereken. Die vergelyking hiervoor is:

    Wheatstonebrug 

Belangrikheid

Die Wheatstonebrug illustreer die konsep van 'n verskilmeting, wat baie akkuraat kan wees. Variasies op die Wheatstonebrug kan gebruik word om kapasitansie, induktansie, impedansie en ander hoeveelhede, soos die hoeveelheid vlambare gasse in 'n monster soos met 'n eksplosimeter, te meet. Die Kelvinbrug was spesiaal aangepas vanaf die Wheatstonebrug om baie lae weerstande te meet. In baie gevalle is die onbekende weerstand wat gemeet word verwant aan 'n fisiese verskynsel, soos temperatuur of druk, en die Wheatstonebrug word dus indirek gebruik om daardie hoeveelhede te meet.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Wheatstonebrug WerkingWheatstonebrug AfleidingWheatstonebrug BelangrikheidWheatstonebrug VerwysingsWheatstonebrug Eksterne skakelsWheatstonebrugSpanningsverdelerWeerstand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraSwartrenosterOlimpiese SomerspeleBateHandbalLys van Kaapstad se voorstedeAfkortingTuisbladBraaiSkaakInfeksieSeptimius AwardsKlimaatveranderingPinksterAfro-AmerikanersKunsmatige intelligensieNarsistiese persoonlikheidsteuringSeksVergelykings (taalkunde)EkonomieVigsMaagsweerKonflik (proses)Erektiele disfunksieToestand van materieAarde se atmosfeerThys die BosveldklongToutrekVolstruisEkologieBeaufortskaalManie LibbokLiesbreukGloeilampPad na jou hartLys van politieke partye in Suid-AfrikaSelfstandige naamwoordOntdekking van goud in Suid-AfrikaEmosieVierkantswortelOutismeGroepsdrukSimon PetrusSpinnekopStereotipeHartaanvalWetenskaplike klassifikasieCarike KeuzenkampOmtrek, oppervlakte en volumeVolhoubaarheidErns GrundlingSelfmoordMiddeloorontstekingKaapse florarykMisdaadromanKoerantDigvormPersentasieAntoniemMagnetismeBrendan PeyperGroot vyfAppel (sanger)Nic de JagerUnited Democratic FrontLetterlike en figuurlike taalgebruikNagmaalWaterkringloopGroepsgebiedewetYsterSpringbokkeEmfiseemKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKlinkerSteve Biko🡆 More