Whakatane

Whakatane (uitgespreek as ɸakaˈtaːne in Māori; fɒkəˈtɑːni of /hwɒkəˈtɑːni/ in Engels) is 'n nedersetting in die ooste van die Nieu-Seelandse administratiewe gewes Bay of Plenty op die Noordeiland.

Whakatane dien as die setel van die Gewestelike Raad van Bay of Plenty. Die dorp is in die suide van die Bay of Plenty geleë, 90 kilometer oos van Tauranga en 89 kilometer noordoos van Rotorua aan die monding van die gelyknamige rivier.

Whakatane
Whakatāne
Whakatane
Whakatane
Ligging
Kaart van Nieu-Seeland
Kaart van Nieu-Seeland
Kaart van Nieu-Seeland se Noordeiland wat die ligging van Whakatane aandui
Kaart van Nieu-Seeland se Noordeiland wat die ligging van Whakatane aandui
Basiese gegewens
Māori-nedersetting: Omstreeks 1200
Stigting van distrik: 1976
Bevolking: 34 400 (30 Junie 2009)
Oppervlakte: 4 442,07 km²
Bevolkingsdigtheid: 7,7 inwoners/km²
Geografiese ligging: 37°59′S 177°00′O / 37.983°S 177.000°O / -37.983; 177.000
Tydsone: NSST (UTC+12)
Somertyd: UTC+13
Internet: www.whakatane.govt.nz
Administratiewe verdeling
Staat: Nieu-Seeland
Administratiewe gewes: Bay of Plenty
Burgemeester: Colin Holmes

Whakatane het 'n bevolking van sowat 18 700 in die dorpsgebied en 'n bykomende 15 700 in die groter Whakatane-distrik. Van die totale bevolking van 34 400 is sowat 40 persent van Māori-afkoms.

Whakatane speel 'n belangrike rol in Māori-oorlewerings: hier het die eerste Polinesiese ontdekkers voet aan wal gesit, en ook die Māori se soetpatat kumara is vanuit hierdie streek oor die hele land versprei. Die huidige dorp se ekonomie baseer op houtverwerking, tuna-visvangs en toerisme. Die aktiewe White Island-vulkaan, wat sowat 50 kilometer van die kus af geleë is, is 'n toeristetrekpleister.

Verwysings

Tags:

EngelsNieu-SeelandNoordeiland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Marga van RooyDissipel vir wie Jesus baie lief wasEngelsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989PoesHorlosiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHottentot (vis)EkologieMenslike skeletWoordeboek van die Afrikaanse TaalMondAfrikaanse Hoër SeunskoolInternetDermpoliepBloedvergiftigingCarles PuigdemontGordelroosPeach van PletzenSteve HofmeyrLys van Afrikaanse rolprenteJesus van NasaretReënspinnekopGalblaasDepressie (gemoedstoestand)SonsverduisteringIntensiewe vormOntsteking (geneeskunde)LeeuGewone drolpeerDuitse perdebyRacheltjie de BeerBreinLuiperdVier temperamenteStaat PalestinaTarentaleEthiopiëJo BlackAfrikaanse woordelys en spelreëlsChristeneSaharaNiersteenAppendiksGeelsugTobie CronjéRepubliek ArtsachDigvormLys van Joodse feeste en herdenkingsGeorgiese nasionale rugbyspanHennie MaasVleesbaaiSenuweestelselMiddeloorontstekingGoogle MapsVulkaanNoord-KaapWillie Esterhuizen2024 Australiese Grand PrixGrasBrasiliëLiewe HeksieDemensieGrasfamilieDemi Lee MooreGerrie PretoriusVlag van BangladesjDroomNic de JagerElandréLetterlike en figuurlike taalgebruikKrokus Stadsaal-aanvalSarah Rose KarrBlourokke🡆 More