Die Westelike bottelneus (Mormyrus lacerda) is 'n skadelose varswatervis wat in die noordwestelike dele van Suider-Afrika voorkom.
In Engels staan die vis bekend as Western bottlenose.
Westelike bottelneus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | Osteoglossomorpha |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. lacerda |
Binomiale naam | |
Mormyrus lacerda Castelnau, 1816 |
Die Westelike bottelneus het 'n ietwat verlengde liggaam met afgeplatte sye.
Soos ander spesies in die genus Mormyrus is die Westelike bottelneus se snoet verleng, wat tot die naam "bottelneus" gelei het. Die snoet neem tot ongeveer 'n derde van die kop se lengte in beslag en is afgespits met 'n klein bek. Die bek is gevul met tweepuntige tande: 7 tot 8 in die bokaak en 8 tot 10 in die onderkaak. Die kieusplete word op die vis se sye aangetref. Sy kop en voorlyf is egalig na onder geboë.
Die rugvin is lank, die helfte van die totale vislengte. Die vetvin is afwesig. Die stertvin is gevurk en goed ontwikkel. Die anale vin is kort, vierkantig, en goed ontwikkel. Die buikvin is ver voor geplaas en die borsvin is goed ontwikkel. Sy skubbe is fyn en met slym bedek.
Die vis se bokant is grys tot olyfbruin, terwyl die onderkant ligter is; dofwit of liggrys, dikwels met 'n gelerige skynsel. 'n Volwasse Westelike bottelneus kan 'n totale lengte van 500 mm bereik en het 'n gemiddelde massa van 2 kg.
Die Westelike bottelneus word in die Kunene-, Okavango- en die bolope van die Zambezi- en Kafuerivier-stelsels aangetref. Die vis verkies die stil dele van rivierkanale, diep kuile en vloedvlaktevleie met waterplante. Soms word die vis ook in klein skole aangetref.
Die Westelike bottelneus se dieet bestaan hoofsaaklik uit inseklarwes, krewels, slakkies, vissies en waterplante.
Groot wyfies kan telkens tot 7 000 eiers op 'n slag dra. Die vis skiet kuit (viseiers) in die reënerige periodes van die somerseisoen.
Dit is 'n gewilde hengelvis en word ook deur bestaansvissers gevang. 'n Klein hoekie met 'n wurm, in 'n diep poel, veral gedurende die nag, is die antwoord.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Westelike bottelneus, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.