Die westelike halfrond is die gedeelte van die wêreld wat wes van die nulmeridiaan en oos van die 180-grade meridiaan lê.
Tussen hierdie twee meridiane word die oos-wesposisie op die aardbol in westerlengte aangedui. Daarteenoor word posisie in die oostelike halfrond in die aantal grade oosterlengte gemeet.
Veronderstel dat die Aarde in die helfte gesny word vanaf die Noordpool deur Engeland tot by die Suidpool. Die westelike halfrond is die helfte aan die westekant. Die ander kant is die oostelike halfrond.
Hoewel die meeste Europese lande tot die westerse wêreld gereken word, lê die grootste deel van hierdie kontinent in die oostelike halfrond.
Wiki Commons bevat media in verband met Maps of Earth's hemispheres. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Westelike Halfrond, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.