West End, Londen

Die West End of London (meestal net West End genoem) is 'n stadsdeel in Sentraal-Londen waar baie van die Britse hoofstad se bekendste toeriste-aantreklikhede, winkels, besighede, regeringsgeboue en vermaaklikheidsplekke geleë is (insluitende West End se teaters).

West End, Londen
Piccadilly Circus – die hart van die West End met sy befaamde neon- en LED-reklame

Die term West End het in die vroeë 19de eeu gebruiklik geword om na gesogte buurte wes van Charing Cross te verwys. In verband met strategiese beplanningsdoeleindes word na die gebied in die sogenaamde London Plan as een van twee "internasionale sentrums" verwys.

Terwyl die City of London of Square Mile die finansiële distrik van Londen is, het die West End tot die sentrale besigheidsdistrik en vermaaklikheidsbuurt ontwikkel. Dit is die grootste sakedistrik in die Verenigde Koninkryk, vergelykbaar met Midtown Manhattan in New York, Tokio se Shibuya-distrik of die 8ste arrondissement in Parys. Wat huurbare kantoorruimte betref, het die West End in Desember 2013 by Tokio verbygesteek om die duurste plek ter wêreld te word.

Ligging

West End, Londen 
Shaftesbury Avenue, soos gesien vanuit Piccadilly Circus, in 1949

Die West End, wat wes van die historiese Romeinse en middeleeuse City of London geleë is, was tradisioneel 'n gesogte woonbuurt vir Londen se welgestelde elites – veral omdat die rook van ongetelde vuurherde en vuurplekke in die City nie in die westelike rigting gewaai het nie. Dit was daarnaas ook naby die koninklike magsentrum in Westminster geleë. Vandag behoort dit administratief grotendeels aan die City of Westminster, een van 32 boroughs of administratiewe distrikte in Londen.

Die gebied is tussen die 17de en 19de eeu ontwikkel en oorspronklik met reekse van paleise, luukse stadswonings, gesogte winkels en vermaaklikheidsplekke bebou. In buurte wat digby die City geleë is, soos Holborn, Seven Dials and Covent Garden, is tradisioneel arm huishoudings gevestig. Hierdie stadsdele is in die 19de eeu gesloop en herontwikkel.

Die naam West End is nie presies gedefinieer nie en kan in verskillende kontekste afwykende betekenisse hê. Dit kan byvoorbeeld na die vermaaklikheidsdistrik rondom Leicester Square en Covent Garden verwys, of na die winkelbuurt rondom Oxford Street, Regent Street en Bond Street; of – in enkele gevalle – ook na die hele stadsdeel van Sentraal-Londen ('n deel van Londen wat ook nie presies afgebaken kan word nie) wat wes van die City of London geleë is.

Verwysings

Tags:

LondenVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van Suid-AfrikaLongontstekingWayde van NiekerkJeugdagBloedvergiftigingMynbouKoppeltekenBloutongsiektePolisieAfrikaanse woordelys en spelreëlsAkroniemE-posChatGPTNierversakingSeksualiteitElon MuskEthiopiëAfrikaanse taalleerSuid-Afrikaanse GrensoorlogRenosterMahatma GandhiSkarlakenkoorsHector PietersonWet op NaturellengrondVulvaNiersteenDieregeluideMeervoudSlawernyRooilipslangNag van die lang messeSonnestelselDawidGawes van die Heilige GeesKernkragSirkusJodeDikdermBrandbergWiki CommonsLuiperdVeerBoerboelPiesangWisselkoersGalblaasMetaalVolstruisEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSlag van BloedrivierGasEweknienetwerkMuskietHaasLeenwoordErfenisdag (Suid-Afrika)HartAfrikanersKarretjiemenseBorstePinksterWet op Bantoe-onderwysKlem-in-die-kaakNasionaal-SosialismeTemperatuurWelwillendheidsdagAB de VilliersGlobaliseringSuid-Afrikaanse InkomstediensAtoomChromatografieVloeistofGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaBrongitisPubliek🡆 More