Wesselsbron

Wesselsbron is 'n landboudorp in die noorde van die Vrystaat, in Suid-Afrika.

Die dorp is 75 km suid van Bothaville en is tussen Hoopstad en Odendaalsrus geleë.

Wesselsbron
Wesselsbron is in Vrystaat
Wesselsbron
Wesselsbron
Wesselsbron Wesselsbron se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°51′0″S 26°22′0″O / 27.85000°S 26.36667°O / -27.85000; 26.36667 26°22′0″O / 27.85000°S 26.36667°O / -27.85000; 26.36667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikLejweleputswa
MunisipaliteitNala
Stigting1920
Oppervlak
 • Totaal14,1 km2 (5,4 vk. myl)
Hoogte
1 315 m (4 314 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal26 807
 • Digtheid1 901/km2 (4 920/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense4.1%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense0.5%
 • Swart mense94.8%
 • Ander0.1%
Taal (2011)
 • Sotho 75.4%
 • Xhosa 8.9%
 • Afrikaans 6.0%
 • Tswana 4.2%
 • Ander 5.5%
Poskode (strate)
9680
Poskode (posbusse)
9680
Skakelkode051
Webwerfhttp://wesselsbron.co.za

Geskiedenis

Wesselsbron is in 1920 gestig en is vernoem na kommandant Cornelis J Wessels wat in bevel was van die Boere se Beleg van Kimberley van 13 Oktober 1899 tot 12 Februarie 1900. Die dorp het in 1936 munisipale status verwerf.

Distrik

Die distrik is 1 750 km2 groot. Een van die belangrikste produkte is mielies en die dorp spog met van die grootste graansilo's in die suidelike halfrond. Ander gewasse wat verbou word is koring en grondbone terwyl bees- en skaapboerdery ook belangrik is. Daar is ook baie panne in die distrik.

Onderwys

Slegs basiese onderwys word in Wesselsbron en Monyakeng (die township van Wesselsbron) aangebied.

    Hoërskole

Hoërskool Sandveld (beide 'n primêre en hoërskool), Hoërskool Iphateleng, Hoërskool Monyakeng.

    Laerskole

Laerskool Katoloso, Laerskool Letsibolo, Laerskool Mmabana en Laerskool Tataiso.

Sien ook

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.

Tags:

Wesselsbron GeskiedenisWesselsbron DistrikWesselsbron OnderwysWesselsbron Sien ookWesselsbron BronneWesselsbronBothavilleDorpHoopstadLandbouOdendaalsrusSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsmaAfrikaanse woordelys en spelreëlsEekhoringBorskankerKewerByeboerderyVingerseksLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsSuid-Afrikaanse InkomstediensSelfmoordTrigeminale neuralgieWet op NaturellengrondNatuurlike satelliete van kleinplaneteGrasfamilieNierversakingLys van Griekse mitologiese figureKoekie (rekenaarwetenskap)GeelslangOnderwys (geskiedenis)OrganometaalchemieGoogle TranslateGeurmiddelVerenigde KoninkrykRugbywêreldbeker 2023WiskundeAGNU-lisensie vir vrye dokumentasieOogproblemeKangaroeKoos du PlessisOpgestopte speelgoedIerse nasionale rugbyspanMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaSuid-KoreaLandbouStaat PalestinaLys van Suid-Afrikaanse musikanteAnale kankerRynhesseSeksuele opwekkingKarakteriseringAgter Elke ManDuitslandPaasfeesKruisigingLiefdeWaldimar PelserLongLikkewaanPersoonlikheidKnopiespinnekopDiarreeTaalMarita NapierLys van Afrikaanse skrywersNierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989BelgiëEngelsDundermJada FireVermaakDulcie van den BerghPenisverlengingLys van veltoestandeJudaïsmeAngkor WatAkroniemWayback MachineGeboorteEkonomie van Suid-AfrikaPapegaaie🡆 More